Kuier

Antwoorde gegee

-

Brand boude: Vat die wit van ’n eier en smeer op baba se boudjies. Laat baba vir ’n ruk kaal lê dat dit droog word. ANN POVEY, SPRINGS

As ’n muskiet of enige insek jou byt, smeer Vicks aan. Dit neem die jeuk onmiddelli­k weg. IRENE ESTERHUIZE­N, KUILSRIVIE­R

Bloed op laken: Smeer bleach op en vee met ’n nat spons. Los spons op die merk vir ’n rukkie. As jy die spons wegvat is daar geen teken van bloed nie. J. JONKER, DESPATCH

Met die droogte in die Kaap, gooi ’n koppie paraffien in ’n emmer water en was jou voertuig daarmee. Droog goed af. Siedaar! S. LOUW, DELFT

Vir hot flushes gebruik sojamelk in jou pap of koffie. CHANTELLE JOSEPH, PE As jy sukkel met boude wat skaaf, gooi droë meel op die boude. Dit help ook vir babas met rooi boudjies. DENISE PETERS, ATLANTIS

Vir gout, probeer alkaline powder vir die pyn. SYBIL ADAMS, STELLENBOS­CH

Kakkerlakk­e: Koop twee pakkies boorpoeier. Kook twee eiers en twee aartappels. Vat die geel van die eiers. Meng alles saam. Maak dit aan soos frikkadell­e – klein bolletjies. Sit dit waar die kakkerlakk­e is. Dit word hard ná dae. Moenie weggooi nie. As jy skoonmaak, los dit weer daar. Ek het nooit weer sulke goed nie. Dit is nou al jare. Was jou hande ná gebruik. LYDIA JOCHEMS, FACTRETON

Om naellak uit klere te kry, gebruik acetone op watte. Vryf dit totdat dit uitkom. ALTA, MIDDELBURG

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa