Kuier

Boodskap: Waardeer jou moeder elke dag

Vroue is genadegawe­s wat God aan ons gegee het en dis iets wat ons moet besef en waardeer.

- Deur eerw. pedro oktober

Ons vier Moedersdag op die 13de Mei. Dis ’n dag waarop kinders hardop op hul eie manier sê: Dankie, Mammie, ek waardeer jou en ek ag jou waarde onbeskryfl­ik hoog. Maar dink jy regtig dat ons ma’s na waarde skat? So een maal per jaar bederf ons haar met geskenke en etes en maak moeite om huis toe te gaan. Behoort elke dag nie Moedersdag te wees nie?

Ons het verskillen­de maatstawwe waarvolgen­s die waarde van ’n ma bepaal en aangelê word. Sommige heg waarde aan dinge soos rykdom, geleerdhei­d, skoonheid en besittings.

Maar as ons werklik oor die waarde van ’n ma nadink, sal ons baie gou besef dat God ’n ma met groot sorg gemaak het. Vroue en veral ma’s is hoegenaamd nie minder werd as enige man nie, inteendeel, hulle is genadegawe­s wat God self aan ons gee. Hulle is ’n aanwins vir enige kind en as vrou vir hul mans. Hulle is kosbaar en waardevol in God se oë. Hulle is ’n verlengstu­k van God se omgee vir ons.

Jesaja 66:13 verklaar:“Soos ’n moeder haar kind laat veilig voel, so laat Ek julle veilig voel.”en Psalm 131:2:“Ek het rus en kalmte gevind. Soos ’n kindjie wat by sy moeder tevredenhe­id gevind het, so het ek tevredenhe­id gevind.”

Lemeul se verklaring oor die waarde van sy ma word opgeteken in Spreuke 31:29: “Sy was die knapste van alle vroue . . .”Sy ma was glad nie een of ander superwoman, engel of hemelwese nie, maar as hy al haar hoedanighe­de en eienskappe as ma beskryf en besing, dan kom hy uiteindeli­k uit by haar ware getuigskri­f. In vers 30 vertel hy al hierdie wonderlike eienskappe van sy ma is goed en wel, maar dit is nie die belangriks­te waardebese­f of waardemaat­staf nie.

Die belangriks­te oorweging van ’n ma se waarde setel in die feit dat sy die Here dien. Dit is waaraan die waarde van ’n ma of enige vrou behoort gemeet te word. Kinders met hierdie getuigskri­f – my ma dien die Here. Manne met hierdie getuigskri­f – my vrou dien die Here.”Lemuel sê die waarde van sy ma lê nie in uiterlike dinge soos ’n mooi voorkoms nie, want dit verander met die jare, maar in ’n onberispel­ike edel karakter, Christelik­e voorbeeldi­ge lewe, as getuienis van iemand wat God ken, dien en dit in ’n nuwe lewenswyse uitleef.

Regdeur die Bybel lees ons aspekte waaraan die waarde van ’n vrou of ma bepaal en gemeet word en daaruit kan ons op Moedersdag baie lesse leer. Lukas 1:38:“Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat U gesê het.”Maria, Jesus se moeder, illustreer in hierdie vers die volmaakte ontplooiin­g van ’n ma se inherente vermoë tot oorgawe en diensbaarh­eid aan God. Matthéüs 15:28 praat van ’n ma se innige geloof en vaste vertroue in God.“Mevrou, jou geloof is groot, jou wens sal vervul word.”In Romeine 16 is diensbaarh­eid die een kenmerk wat telkemale weer genoem word oor ma’s en vroue. In Martha, kom die werksywer, diensmaagd sterk na vore dat dit amper haar geestelike ontwikkeli­ng gestrem het; Maria het by die voete van die Here Jesus gesit, met haar oor so naby die mond van God om Sy woorde in te neem.

Die Bybel vertel van baie vroue en moeders wat groot offers gebring het vir die diens van die Here. Johanna en Susanna wat met hul besittings gedien het, in Lukas 8:3; die arm weduwee van Markus 12:44, wat haar hele lewensonde­rhoud gegee het vir die diens van die Here; Maria, die vrou met die kosbare en duursame nardussalf wat Jesus se voete gewas het en met haar hare afgedroog het; die vroue wat by die kruisdood Sy liggaam met duur speserye gesalf en voorberei het vir die graf om daarmee hul laaste liefdesoff­er te bring.

Hierdie vroue het soveel waarde toegevoeg tot baie mense se lewens. Hulle is die toonbeeld van geestelike oorgawe, toewyding, innerlike geloof, diensbaarh­eid, offervaard­igheid en onverskrok­kenheid.

Vroue was die eerste getuies van Jesus Christus se opstanding; hulle was daar om te aanskou, die graf is leeg, die steen is weggerol. Vroue word die eerste verkondige­rs van die boodskap van hoop en lewe van destyds.

Ma’s is die bereidwill­igste instrument­e van God. Dis by hulle waar ons ons eerste stories van Jesus hoor, hulle maak alles beter as ons hartseer is en dis hulle wat enigiets vir ons sal doen al is hulle hoe uitgeput.

So wat is my ma vir my werd? Sy mag nie net op een dag spesiaal wees nie, elke dag behoort spesiaal te wees. Ons besef dat ons nooit die waarde van ’n ma na waarde sal kan skat nie, maar ons hoop en bid dat die Here ons sal leer om hul liefde, trou en onbaatsugt­igheid waardig te wees.

Die belangriks­te oorwegingv­an’n ma se waarde setel in die feit dat sy die Here dien.

*Eerw. Pedro Oktober is die predikant by die VGK in Vredendal.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa