Kuier

My lewe: Ma se hel onder dwelmversl­aafde dogter

Van kindsbeen is haar dogter al op dwelms en sy is al op. Sy kan nie meer nie, want sy en haar kleinkinde­rs ly . . . DEUR ELMARINE ANTHONY

-

Nagte lê sy wakker, wonder of haar kind huis toe gaan kom en in watter bedwelmde toestand sy nou weer gaan wees. Wat kan jy as ma doen as jy al vir die afgelope 15 jaar deur hel is omdat jou grootste seëning in jou grootste nagmerrie ontaard het . . .

Dis presies wat Liesel Myburgh (45) van Mitchells Plain op die Kaapse Vlakte daagliks moet deurmaak. Sy het nooit gedink haar dogter Megan* (27), wat ’n topstudent op skool was en netbal vir die Wes-Kaap gespeel het, só sou uitdraai nie. (Ons gebruik nie Megan se regte naam nie om haar minderjari­ge kinders se identiteit te beskerm.) Sedert 12 jaar oud gebruik Megan dwelms, insluitend tik, mandrax en dagga. Op 27 het Megan reeds vyf kinders (10, 8, 6, 2 en drie weke).

Vir Liesel is die“tough love”-benadering baie moeilik om toe te pas omdat sy haarself blameer vir haar dogter se verslawing en altyd aan haar vyf kleinkinde­rs moet dink. Liesel het Megan al verskeie kere uitgesit, maar laat haar altyd weer terugkom ter wille van haar kleinkinde­rs.

Hoewel sy haar kleinkinde­rs baie liefhet, het Liesel reeds haar dogter ná haar derde kind gevra om haar te laat sterilisee­r. Nou, met nog ’n pap baba om na te kyk, is sy hopeloos en raadop oor hoe om haar dogter te help. Sy kan sien hoe Megan se dwelmmisbr­uik haar kleinkinde­rs affekteer.

“Sy los haar kinders netso. Sy sê sy kom nou, dan kom sy nie weer huis toe nie. Die kinders huil agter haar aan vandat sy weg is tot sy weer kom. Die oudste een boelie ander kinders by die skool en wanneer haar ma hier is, backchat die agtjarige. Die sesjarige wil ook nie vertel wees nie. Hulle maak ons lewe hel. Dis ’n nagmerrie in die huis met al die kinders,”vertel Liesel moedeloos. Sy is bly Megan het uiteindeli­k ingestem het om gesterilis­eer te word nadat dokters dit aanbeveel het. Maar of dit sal realiseer, sal hulle nog moet sien.

Liesel wil hê haar dogter moet omsien na haar kinders, maar sê dis hel in die

huis wanneer sy op dwelms is. Volgens haar praat Megan baie en is sy gelukkig wanneer sy hoog is. Wanneer die dwelms egter uitgewerk is, is sy moeilik en skree en skel sy op haar kinders. Sy is al twee keer in hegtenis geneem vir die besit van dwelms, maar het geen tronkstraf hiervoor gekry nie. Die kinders se pa is ook aan tik verslaaf. Hy is volgens Liesel in die tronk nadat hy met dwelms gevang is, maar nie sy bortog kon betaal nie.

Megan is al drie keer in rehabilita­siesentrum­s opgeneem en was op ’n tyd vir nege maande skoon.“Sy het vir my gesê,‘Mammie, ek het twee kinders, ek wil nie meer op dwelms wees nie’. Ek weet nie hoekom sy gerelapse het nie, maar sy het een keer vir my gesê sy kan nie die druk hanteer nie. Dit raak te veel.”Tog het Megan al twee keer uit rehab geloop.

Liesel sê haar dogter kry SASSA vir twee van die kinders en hoewel sý nou die kaart het, het Megan haar tricks om geld te kry. Sy steel goed in die huis wat Liesel nie dadelik sal mis nie, leen geld by ander mense en sê dan haar ma gaan hulle terugbetaa­l. Haar ma het dan altyd die geld betaal totdat sy finaal moeg geraak het daarvan.“Ek het gesê ek gaan dit nie meer doen nie.”

’n Mens kan hoor Liesel is tussen twee vure. Aan die een kant kan sy nie meer haar dogter verdra nie.“Sy werk op my senuwees. Sy is soos ’n vretende kanker. Soms kan ek dit nie hanteer nie. Ek soek ’n oplossing. Ek is raadop,”vertel Liesel met ’n sug. Tog, voeg sy by, aan die ander kant bly jou kind altyd jou kind. Sy beskryf ook vir Megan as ’n goeie kind met ’n mooi persoonlik­heid.“Dis net daai klein pakkie (tik) wat dinge verwoes het.”

voel skuldig

Liesel erken sy het ’n aandeel in haar dogter se probleme en was nie die beste voorbeeld vir haar kind nie. Sy self was 17 toe sy swanger geword het en 18 toe sy getrou het. Sy besef sy het foute gemaak tydens Megan se grootwordj­are en blameer haarself vir die situasie waarin haar dogter nou is. Sy sê sy en haar man het huwelikspr­obleme gehad en Megan (die oudste) moes ná skool na haar broertjie en sustertjie kyk en huiswerk soos skoonmaak doen.“Miskien was dit te veel vir haar,” vertel Liesel vol selfverwyt.

Sy was ook vir meer as drie en ’n half jaar uit haar kinders se lewens toe sy in 2007, ironies genoeg, vir dwelmsmokk­elary by die lughawe op die Karibiese eiland Trinidad en Tobago gevang is. Liesel sê vriende wat sy hier in Suid-Afrika ontmoet het, het haar R60 000 belowe as sy kokaïen smokkel. Sy is met ’n klein tas vol van die dwelms gevang, maar sê sy het nog nooit dwelms in haar lewe gebruik nie.“Ons het geld nodig gehad.”

’n Tronk is ’n plek waar niemand wil wees nie, maar Liesel beskryf haar tyd in die tronk as“die beste tyd van haar lewe”. Dit het haar weggeneem van al die bekommerni­sse wat sy hier gehad het en haar in staat gestel om te doen wat sy nog altyd wou doen. Sy het gesing, gedans, haar naaldwerk en upholstery verbeter en selfs karnival gehou.“Die Here het geweet hoekom ek soontoe moes gaan. Toe ek terugkom, was ek ’n beter persoon as toe ek gegaan het,”vertel Liesel.

Die grootste ding waaroor sy spyt is, is dat sy nie hier was vir haar kinders nie. Sy kon net twee keer ’n maand met hulle oor die foon praat en het gereeld briewe geskryf.“Ek sou lê en dink hier kry ek drie keer per dag kos. Het my kinders kos vanaand?”

Toe sy terugkom, was Megan 17 en alreeds nege maande swanger met haar tweede kind. Hoewel sy haarself blameer vir Megan se dwelmmisbr­uik, het sy alles in haar vermoë gedoen om dit reg te maak en nou weet sy nie meer wat om te doen nie, vertel Liesel hartseer. Sy het onlangs ’n maatskapli­ke werker om hulp gevra wat gesê het sy, Megan en die kinders het terapie nodig.

“Maar ek gee nie op nie. Ek vertrou op die Here,”sê sy moedig. En soos ’n ma maar altyd doen, sal sy bly kyk na haar kleinkinde­rs en bly bid vir haar dogter.

wat sÊ die kenner?

Wilma Calvert, ’n gemeenskap­sontwikkel­aar vir die afgelope 16 jaar by FAMSA (Families South Africa) in Johannesbu­rg, het haar indrukke oor Liesel se situasie gegee hoewel sy haar nie ondersoek het nie. Volgens Wilma vra ouers altyd wat hulle verkeerd gedoen het wanneer dit by hul kinders kom.

“Ons internalis­eer altyd en vra wat ons verkeerd gedoen het. Ons dink nooit daardie persoon het ’n besluit gemaak nie, maak nie saak hoe oud hulle is nie.”

Sy meen dis normaal vir Liesel om haarself te blameer en beveel berading vir haar aan sodat sy kan verstaan waarvoor sy verantwoor­delik is en waarvoor sy nie verantwoor­delik is nie.

Sy sê Liesel moet dit nie persoonlik vat wanneer haar dogter relapse nadat sy in rehabilita­sie was nie.

“Navorsing toon dat mense tot 13 keer kan relapse voordat hulle regkom. Daar is ’n miljoen verskillen­de redes hoekom jy weer kan relapse. Die verhouding tussen die dwelmversl­aafde en die dwelms is die enigste ding wat hulle verstaan. Die dwelms vervul iets vir hulle.”

Wilma sê ook“rock bottom”is verskillen­d vir verskillen­de mense en dat die dwelmversl­aafde die een is wat die besluit moet maak om te verander.

Sy beveel Liesel aan om die kinders se wetlike voog of pleegma te word sodat die geld vir die kinders direk na haar kom en Megan nie maklik die kinders kan vat nie. Volgens haar is die kinders se gedragspro­bleme hul manier om beheer te vind.

“Hulle weet nooit of hulle ma daar gaan wees nie. Daardie onstabilit­eit gaan op verskillen­de maniere wys.”

Sy beveel familieter­apie vir almal aan, sodat hulle hul rolle in die huis en wat hulle moet doen, kan verstaan.“Dis sodat hulle ’n vorm van stabilitei­t kan het. Daar gaan dan ook ’n maatskapli­ke werker aan hulle toegewys word. Stabilitei­t in daardie verband is ook belangrik.”

Syloshaar kindersnet­so. Sysêsykomn­ou, dankomsyni­eweerhuist­oe nie.Diekinders­huilagter haaraanvan­datsywegis totsyweerk­om. LIESEL MYBURGH

 ??  ?? HOOFFOTO: Liesel Myburgh en een van haar 27-jarige dogter se vyf kinders.
HOOFFOTO: Liesel Myburgh en een van haar 27-jarige dogter se vyf kinders.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa