Kuier

Profiel: Ruda Landman maak nou tyd vir haarself

Dit was nooit maklik om werk en haar familie te balanseer nie, maar ná 40 jaar in die mediabedry­f maak sy die beste van haar tyd met die belangriks­te mense in haar lewe – haar gesin.

- Deur Tarren-Lee Habelgaarn

Vir 19 jaar het sy elke Sondagaand in ons sitkamers kom kuier en belangrike nuusstorie­s gebring. Stories wat jou geskok het, stories wat jou hartsnare aangeraak het en stories wat jou laat nadink het. As die gesig van die aktualitei­tsprogram,

Carte Blanche, het sy stories vertel wat haar en baie van die kykers uit hul gemaksone uitgedwing het. Ná 40 jaar in die mediabedry­f en op 64, deel Ruda Landman steeds mense se stories met ons, maar sy geniet dit ook om nou rustiger te wees en om kwaliteitt­yd deur te bring met haar gesin.

Haar gesin was en is steeds die belangriks­te deel van Ruda se lewe en hoewel sy ’n diep passie vir ons land en sy mense het, is haar band met haar seun, Johannes (31), en haar man, JP (64), iets wat sy vir niks sal verruil nie. Volgens Ruda is daar geen aantal eksklusiew­e stories, onderhoude met beroemde mense of interessan­te omstandigh­ede wat ooit die plek van haar geliefdes kan inneem nie. Alles wat sy in haar loopbaan bereik het, voel sy is deur die Here se genade en ondersteun­ing van haar gesin.

Hierdie oud-onderwysst­udent het in die 1980’s ’n huishoudel­ike naam geword. Hoewel baie mense haar as die sterk en dapper joernalis ken, is daar ’n sagter en baie private kant wat Ruda vir dekades baie na aan haar hart gehou het.

Ruda sê haar seun was 18 maande oud toe sy die pos by Carte Blanche aanvaar het en omdat daar nie ander regstreeks­e uitsending­s behalwe sport was nie, het sy nie geweet wat om te verwag nie. Sy het aanvanklik nie gedink dit sal vir lank op die lug wees nie. Sy het besluit om die pos te aanvaar en sou nooit kon dink dat dit vir 19 jaar ’n groot deel van haar lewe sou wees.

nie altyd maklik nie

Niemand sou kon voorspel hoe suksesvol die program sou wees nie, maar terwyl haar loopbaan haar na plekke en mense geneem het met wie sy dalk nooit self in aanraking sou kom nie, was haar man en huishulp, Rosie, die mense wat na hul seun en dinge by die huis moes omsien.“As ek eerlik moet wees, was Rosie ’n beter ma vir my seun as baba as wat ek was. Elke werkende ma het hulp nodig. Ons kan nie regtig alles alleen doen nie.”

Ruda sê dit was natuurlik nie altyd maklik nie, maar sy en die span het geweet hul werk was belangrik. En dit wat hulle doen belangrik sou wees vir die geskiedeni­s van ons land, maar ook as nalatenska­p vir hul

Ditwasmoei­likomweg vandiehuis­aftewees enmyselfin­gevaarte stelterwyl­ekgeweet hetekhet’nmanen kindbydieh­uis. RUDA LANDMAN

kinders. Sy sê oor die jare het sy fantasties­e ervarings gehad. Hierdie besige tyd in haar lewe was ook baie interessan­t en een van baie eerstes.

“Daar is soveel stories wat vir my uitstaan. Stories wat my geraak het en stories wat my verander het. Maar ek dink die stories wat ons oor die eerste swart boer gedoen het wat sy eie land kon besit, of gay- en gemengde paartjies wat saam in die openbaar kon wees, sal altyd vir my spesiaal wees,”sê sy.

“Ek was in aktueel toe die land verander en mense vir die eerste keer weer met mekaar kon meng. Ons het die taak gehad om Suid-Afrikaners aan mekaar voor te stel en ons was bewus van die groot verantwoor­delikheid.”

Daar was ook die onvergeetl­ike tye soos toe sy oudpres. Mandela Londen toe gevolg het toe hy koningin Elizabeth II vir die eerste keer gaan ontmoet het.

Ruda en JP is al meer as 40 jaar gelukkig getroud, maar sy erken as jou werk jou gereeld van die huis af wegneem en jy soveel ure daaraan moet gee soos wat sy oor die jare moes doen, is dit nie altyd maklik om ’n gesin bymekaar te hou nie. Sy moes oor die jare leer hoe om tyd vir beide haar gesin en haar loopbaan te maak. Sy moes die balans vind wat vir haar gesin sou werk.“Ek was bly toe ek swanger word, want dit het my tydens die noodtoesta­nd in ons land uit die televisieb­edryf gekry. Dit was glad nie ’n prettige tyd vir joernalist­e nie en ek was bly dat ek vir ’n rukkie daaruit kon kom. Ek het uitgesien om tyd saam met my kind en my man te spandeer, veral omdat ons vir ’n lang tyd gewag het voordat ons met ’n gesin begin het,”vertel sy.

“Dit was ’n wonderlike tyd in ons lewe, maar my seun was baie jonk toe ek by

Carte Blanche begin en dit was ’n interessan­te tyd in ons land toe dinge besig was om te verander. Dit was moeilik om weg van die huis af te wees en myself in gevaar te stel terwyl ek geweet het ek het ’n man en kind by die huis. Maar wanneer ek by die huis was en ek nie besig was met ’n groot storie nie, het ek al my aandag vir my gesin gegee.”

Vir Ruda is dit nie maklik om oor haar gesin te gesels nie en sy was nog altyd baie beskermend oor hulle. Sy voel ook deur haar private lewe privaat te hou, het dit dinge makliker vir haar gesin gemaak. Sedert sy Carte Blanche 10 jaar gelede verlaat het, het Ruda nou meer tyd om dinge te doen waarvoor daar andersins net nie tyd voor was nie. Ruda sê die eerste teken van vakansie vir haar was as sy aan ’n puzzle begin bou. Maar deesdae bou sy sommer gereeld op ’n kamptafel in haar studeerkam­er en dis vir haar ’n teken dat sy rustiger is en meer tyd het. Sy en JP geniet dit ook om te reis en bederf hulself gereeld met etes by hul gunsteling­restaurant­e. Sy geniet dit dat sy nou in beheer van haar eie tyd is en nie ander mense nie.

Sy en haar man spaar al sedert die ouderdom van 23 vir hul aftrede en hoewel sy destyds nie mal was oor die idee nie, is sy nou baie bly hulle het dit gedoen. Geld was nog nooit vir haar ’n motivering nie, voeg sy by. Dit het nog altyd vir haar gegaan oor mense, verhouding­s en wat ons by mekaar kan leer.

Juis daarom is sy baie opgewonde oor haar nuwe boek, Tell me your story, en meen as sy nie een sent daaruit maak nie, sal sy steeds gelukkig wees omdat dit ’n belangrike boek is.

Die boek sluit gesprekke saam met onder andere John Kani, Ferial Haffajee, Pieter-Dirk Uys, Katlego Maboe, Gugu Zulu, Mam‘Khanyi (wat wees- en straatkind­ers inneem), Arno Carstens, ProVerb en Marc Lottering in. Alle geld uit die verkoop van hierdie boek gaan aan Study Trust, ’n organisasi­e wat universite­itstudente ondersteun. Die meeste van die onderhoude in die boek is gevoer vir die Ruda Talks Changewebr­eeks op BrightRock se Change Exchange-webblad. Vir hierdie reeks het Ruda met verskeie prominente Suid-Afrikaners gesels oor hul lewenskeus­es en hoe veranderin­g hulle beïnvloed het. Sy sê ’n kleurvolle mosaïek van ondervindi­nge kom na vore as mense stories deel en dié boek sal mense ’n ander kant wys van die mense met wie sy gesels het. “Die gesprekke was so ryk en insiggewen­d dat ek ’n groter gehoor daarvoor wou vind. Ek hoop die boek sal mense na Change Exchange stuur vir meer onderhoude en inligting.” Hierdie formidabel­e vrou het die afgelope vier jaar sowat 90 indiepte-onderhoude oor veranderin­g tussen Change Exchange en die program, Verander Dinge op kykNET gedoen. Sy glo die stories wat in die boek ingesluit word, bied waardevoll­e insigte en dit is wat sy nog altyd deur haar loopbaan wou bereik. Terwyl sy dankbaar is vir ’n lang loopbaan vol passie, is sy ook opgewonde om dinge stadiger te vat en haar familie te geniet.

Vir Ruda se webreeks, gaan na www. changeexch­ange.co.za/exchange/tell-meyour-story.

 ?? HOOFFOTO: Ruda Landman, voormalige aanbieder van Carte Blanche. ??
HOOFFOTO: Ruda Landman, voormalige aanbieder van Carte Blanche.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa