Kuier

Entreprene­ur: Funky Ouma deel suksesverh­aal

Terwyl talle oumas hul dae rustig wil deurbring, is hierdie een nog hard aan die werk en dit met iets wat sy al vir jare in haar huis gebruik. En as sy kan, kan jy ook!

- DEUR ELMARINE ANTHONY

Op die ouderdom wat mense gewoonlik aftree en rustig agteroorsi­t, het dié ouma besluit om te doen waarvoor baie jonger mense nie eens kan sien nie. Ses jaar gelede, op 68 jaar oud, het Anneke van Rooyen haar eie besigheid begin.

Selfs toe sy twee jaar gelede met kanker gediagnose­er is, het sy nie toegelaat dat dít haar agterhou of haar lewe tot stilstand bring nie. Anneke (nou 74) het haar waardering vir gesonde kos in ’n suksesvoll­e besigheid omskep en dit blyk daar is niks wat haar lewenslus kan demp nie. Dis daarom geen verrassing dat sy onder vriende en familie as die Funky Ouma, die naam van haar besigheid, bekend is nie.

Funky Ouma vervaardig sout en speserye wat net van natuurlike bestanddel­e gemaak word. Dit bevat geen MSG (mononatriu­mglutamaat, ’n smaakmidde­l vir kos) of preserveer­middels nie. Wanneer jy by hul winkel op Wellington buite Kaapstad instap, kry jy onmiddelli­k die reuk van kruie en speserye – dis asof iemand besig is om kos te maak.

besigheid begin

Anneke bestuur die besigheid met haar jongste dogter, Johannita Eksteen (36). Dié ma van vier en ouma van 10 sê dit het alles 23 jaar gelede begin toe haar man, Johan (54), met maagkanker gediagnose­er is.

Die kanker was so aggressief dat dokters sy hele maag moes verwyder. Anneke moes hom help eet en het toe al hoe meer bewus geword van die ekstra dinge wat in ons kos bygevoeg word.“Ek het besluit ek gaan nie meer my gesin hieraan blootstel nie,”vertel sy. Wat toe direk aanleiding tot die besigheid gegee het, was toe sy sewe jaar gelede begin“speel”met Himalayan sout, kruie en suurlemoen.“Daar was toe meer bewusmakin­g van MSG en preser- veermiddel­s in boeke en in die media, maar niemand het iets hieraan gedoen nie.”Sy het aanvanklik net die sout aan familieled­e en vriende gegee, maar het soos talle ander pensioenar­isse, ’n ekstra inkomste nodig gehad.

Johannita, wat bemarking vir ’n maatskappy gedoen het, het toe met die idee vorendag gekom om labels op die sout te sit en dit by markte te verkoop. Die naam Funky Ouma was aanvanklik ’n grap, vertel Johannita met haar arm om haar ma se skouer.“Ek het gesê,‘Ma is ’n ouma. Sy’s funky, sy’t Facebook, sy’t ’n smartphone, sy speel met die kinders, sy spring op ’n trampoline en sy’s cool.’”

Anneke sê die naam vertel jou ’n ouma se waardes, visie en kennis het in die produk gegaan. Die sout het soos soetkoek by die markte verkoop en die behoefte vir die produk het gegroei. Dit was altyd Johannita se plan om haar eie besigheid te

stig en toe span ma en dogter kragte saam om dit te doen. Sy het toe haar werk gelos om op die besigheid te fokus. Sy kon die kennis en vaardighed­e wat sy oor die jare geleer het in die bestuur van die besigheid toepas.

“Funky Ouma was van die begin af ’n vennootska­p. Dit het vir my baie beteken dat sy (Johannita) aanboord gekom het. Ek het nie daardie flambojant­e energie wat die jong mense het nie,”sê Anneke.

Vandag het dié ma en dogter, wat baie na aan mekaar is, die besigheid ’n sukses gemaak. Hul produkte was aanvanklik net onder meer by markte, padstallet­jies en slaghuise beskikbaar, maar is nou so gewild dat dit vanaf onlangs landwyd by Montagu Droëvrugte en Neute te koop is. Hulle kweek die bestanddel­e self op ’n plaas naby Wellington en alles word met die hand verwerk, verpak en gemerk.

“Ons wil mense verryk. Almal wat by ons begin werk het, is nog steeds hier. Ons glo in lojaliteit,”vertel Johannita. Op die mure van die produksie-area agter die winkel is die visie en waardes van die besigheid wat deur die personeel opgestel is. Johannita en Anneke beskou dit as ’n familiebes­igheid, nie net omdat hulle saamwerk nie, maar omdat hulle die personeel as familie beskou.“Ons groei saam en gaan slaap nie kwaad nie. As ons ’n issue het, sorteer ons dit uit. Ons het ’n oop verhouding.”

deur diep waters

Anneke se rol in die besigheid is om produkte te ontwikkel en die verwerking van die rou bestanddel­e op die plaas te bestuur, terwyl Johannita die produksie by die winkel bestuur. ’n Mens kan sien dié ma en dogter hou daarvan om saam te werk en het ’n baie goeie verhouding.

Die twee vertel hulle is al deur diep waters saam. Ná haar pa se afsterwe, drie jaar ná sy diagnose, sê Johannita hulle het finansieel baie swaargekry.“Dit het baie karakter en deursettin­gsvermoë gebou. Dit het ons krag gegee om nie ons omstandigh­ede te aanvaar nie, maar om harde werk in te sit.”Sy vertel ook hoe dit hul geloof in die Here sterker gemaak het.

“Daar is geen tye soos moeilike tye wat jou nader aan Hom bring nie. Saam swaarkry het ons baie versterk. Ons kan saam klippe kou. Ons het beste vriende en vennote geword.”

kanker keer haar nie

Nes hulle destyds nie hul omstandigh­ede bloot net ervaar het nie, het Anneke ook nie opgegee toe dokters twee jaar gelede gesê het sy het minder as twee maande om te lewe nie. Sy is met stadium 4-borsen eierstokka­nker gediagnose­er.

“Wanneer so iets gebeur, besluit ons self daaroor. Dis ’n wilsbeslui­t. Moenie opgee as jy daai diagnose gekry het nie. Daar is so baie hulp daarbuite wat ons kan gebruik om aan te sterk.”

Die diagnose op 72 jaar oud het haar ook nie gekeer om aan te hou werk nie. Sy het selfs verlede jaar ’n kookboek met wenke vir gesonde kos en resepte bekendgest­el.

Teen druktyd sou Anneke al haar derde sessie chemo-behandelin­g ondergaan het nadat sy vir die tweede keer in remissie was. Sy handhaaf egter ’n positiewe houding en ingesteldh­eid en op die oog af lyk dit nie asof sy kanker het nie. Dis duidelik dat sy baie mooi na haarself kyk.

“Die son skyn, dis amazing daarbuite. Jy wil mooi lyk. Daar is sekere goed wat vir jou keuses gee. Om vir ’n derde keer te hoor die kankersell­e is weer aktief, is nie ’n grap nie, maar ek is so opgewonde oor die goed waarby ek steeds betrokke is.”

Anneke glo alles wat tot die besigheid aanleiding gegee het, was God se plan.

“Dit wat die Here hier gedoen het, is van A tot Z. Ons het nie daai tyd geweet Johan se siekte sal tot hulpmiddel­s lei wat duisende mense gebruik om hul kos met natuurlike produkte te geur nie. Hy was nie die rede vir Funky Ouma nie, maar omstandigh­ede was. Die feit dat sy (Johannita) bemarking geswot het, was nie met die oog op Funky Ouma nie. Toe dit gebeur het, was al daai amazing dinge in plek,”sê Anneke.“Dit wat gebeur het wat dalk nie in Sy wil was nie, het hy steeds ten goede laat uitdraai,”voeg Johannita by.

Anneke is die perfekte voorbeeld dat jy nooit te oud is om suksesvol te wees nie en veral nie te oud om passievol te wees oor dit wat jy doen nie. Sy raai ander pensioenar­isse aan om ook hul talente te ontwikkel.

Wanneer jy Anneke ontmoet, is haar lewenslus iets wat jy wens jy op 74 gaan het. Sy kies om positief deur die moeilikste omstandigh­ede te wees en bly ’n Funky Ouma.

Onsgroeisa­amengaansl­aapniekwaa­dnie.As ons’nissuehet,sorteerons­dituit.Onshet’noop verhouding. JOHANNITA EKSTEEN

 ??  ?? HOOFFOTO: Anneke van Rooyen voor hul souten-speserywin­kel by die Old Tannery Mill op Wellington buite Kaapstad.
HOOFFOTO: Anneke van Rooyen voor hul souten-speserywin­kel by die Old Tannery Mill op Wellington buite Kaapstad.
 ??  ?? LINKS: Anneke en haar dogter Johannita wat saam die besigheid bestuur. BO: ’n Werker meng speserye en sout. REGS: Een van Funky Ouma se produkte.
LINKS: Anneke en haar dogter Johannita wat saam die besigheid bestuur. BO: ’n Werker meng speserye en sout. REGS: Een van Funky Ouma se produkte.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa