Kuier

Jou kind: Moenie haar sondes wegsteek nie

-

Elke ouer wil hul kind beskerm en soms vertel hulle ’n leuen om hul kinders uit die moeilikhei­d te hou of om hulle te help. Maar soms doen dit meer skade as goed wanneer ouers hul kinders se sondes wegsteek.

Volgens kenners is dit een ding om jou kind te wil beskerm, maar iets heeltemal anders wanneer jy hulle help om misdade en verkeerde dinge weg te steek.

Dit veroorsaak dat die kind nooit verantwoor­delikheid aanvaar vir dinge wat hulle sê of doen nie. Baie keer kan gewoontes en maniere wat hulle as kind aanleer erger probleme word wanneer hulle volwassene­s is.

As ’n kind byvoorbeel­d iets in die huis breek wat belangrik is en een ouer vat ver- antwoordel­ikheid daarvoor omdat hulle weet die ander een nie daaroor gelukkig gaan wees nie, leer die kind onmiddelli­k dat dit orraait is wanneer jy ’n leuen vertel om jou uit die moeilikhei­d te hou. Hulle sien watter ouer hulle maklik kan oortuig om hul kant te vat en dit word baie keer die ouer wat hulle later sal manipuleer al doen hulle dit baie keer nie doelbewus nie.

Sielkundig­e Judy Mbolo van KwaZuluNat­al waarsku ouers om baie versigtig te wees wanneer dit by ’n witleuentj­ie kom.

Jy mag dalk dink dat dit ’n onskuldige ding is om jou kind te beskerm, maar dit kan vinnig handuit ruk en as jy weer kyk, het een leuen twee geword en so word dit al hoe groter.

Emmarentia Lourens* (45) van Athlone op die Kaapse Vlakte sê as sy maar net geweet het hoe haar beskerming haar kind se slegte gewoontes sou aanhelp, het sy dit jare gelede stopgesit.

Sy het in ’n baie streng huis grootgewor­d waar alles wat hulle gedoen het ’n probleem was. Hulle is ook gereeld vir die kleinste ding geslaan of gedissipli­neer en soms was iets wat gebeur het glad nie hul skuld nie, maar haar ouers wou niks weet nie en dit het haar en haar sibbe se verhouding met hul ouers versuur.

beskerm deur alles

Toe Emmarentia trou en ma word, het sy vir haarself belowe haar kinders sal altyd liefde voel en sy sal hulle teen enigiets beskerm. Sy het ’n 20-jarige seun en ’n

Baie ouers dink dis goed om hul kinders se misdade toe te smeer, maar wat baat dit julle regtig as jy besig is om ’n skollie groot te maak? Deur Tarren-lee Habelgaarn

16-jarige dogter en sy het altyd seker gemaak haar kinders het alles wat hulle nodig het.

Haar seun het ses jaar gelede met die verkeerde vriende betrokke geraak en vir die afgelope twee jaar is daar verskeie goed wat sy al in sy kamer gevind het, wat sy vermoed gesteelde items is. Toe sy die eerste keer ’n duur baadjie en skoene in sy kamer kry wat sy geweet het nie syne is nie, het sy hom daaroor uitgevra. Hy het gesê ’n vriend het dit in sy sportsak vergeet.

Sy het nie weer met hom daaroor gepraat nie en het ook niks gedoen nie. Twee weke later het een van die bure begin kla hul wasgoed word van die lyn af gesteel.

Toe Emmarentia daaroor uitvra, het dit geklink soos die klere wat sy in haar seun se kamer gekry het. Sy was geskok, maar het besluit om stil te bly. Later is nog goed uit verskeie bure se agterplase gesteel en toe begin die inbrake. Sy het eendag op ’n Xbox afgekom wat hy gesê het hy vir goedkoop met sy sakgeld by ’n vriend gekoop het.

“Jy gee alles vir jou kinders, so dit is moeilik om te glo hulle doen so iets. Ek was te skaam en wou nie hê mense moet sleg dink van my familie en seun nie, so wanneer mense oor hul gesteelde goed gepraat het, het ek stilgebly,”sê sy.

“Ek het later uitgevind my seun en van die ander slegte karakters in ons buurt is by dwelms betrokke en hulle steel goed en verkoop dit vir geld. Ek weet mense weet en praat daaroor, maar ek wou eers my seun self probeer help en nou raak dinge net erger. Ek is bang die polisie vang hom eendag vir iets groter. ’n Mens wil nie jou eie kind aan die polisie oorgee nie, maar ek het nie meer ’n keuse nie, want hy luister nie na my nie en het geen respek nie.”

Emmarentia is ’n enkelouer en sê dit is moeilik om nie ’n man in die huis te hê nie.

Haar kinders se pa is agt jaar gelede oorlede en nou wens sy sy het haar seun minder bederf en hom eerder vasgevat toe sy die eerste keer iets agtergekom het.

Judy waarsku ouers soos Emmarentia dat gewoontes baie vinnig gevorm word.

“Jy hoef iets net vyf keer te doen om ’n gewoonte te vorm en elke keer wanneer dit suksesvol gedoen word, soos iets steel, dink die persoon dit is maklik om dit weer te doen en dat hulle nie gevang sal word nie. Dus is dit beter om van kleins af vir kinders te leer dat dade gevolge het en dat jy as ouer nie verantwoor­delik is vir wat hulle as kinders aanvang nie.”

hoekom?

Judy voeg by dat mense hul kinders se sondes vir verskeie redes probeer wegsteek. Wanneer iemand vir hul kinders lieg of hul sondes wegsteek, is dit omdat hulle vir iets anders probeer opmaak.

Sy sê soms is dit omdat ’n ouer nie daar is nie en hulle nie streng met die kinders wil wees nie. Soms is dit omdat hulle as kind nie liefde ontvang het nie en nou te veel met hul eie kinders toelaat en soms is dit omdat hulle deur die kinders gemanipule­er word.

“Dit gebeur ook dat ouers nie geld of tyd het vir kinders nie. Nou beskerm hulle die kinders kom wat wil, om te wys dat hulle belangrik is en hul ouers vir hulle omgee. Dit is ’n groot fout en dit is belangrik dat ouers nie vergeet wie die grootmense is nie. As jy voel iets is verkeerd, praat daaroor met die kind en maak seker hulle kan aan jou bewys dat hulle die waarheid praat. Hulle moet weet daar is altyd gevolge vir jou aksies.”

Jerome Moolman* (56) van Eersterivi­er sê hy het al ’n groot leuen vertel om sy seun te beskerm en sy gewete pla hom.

Jerome en sy familie het by ’n braai gekuier en gedrink. Jerome het nie gedrink nie, maar sy seun (toe 20) het en toe hulle huis toe moet gaan, het sy seun aangebied om te ry. Omdat hulle nie ver van hul familie af woon nie, het Jerome nie gedink dit is nodig om self te bestuur nie.

Hy het sy seun laat bestuur, maar op pad huis toe het sy seun beheer oor die motor verloor en in iemand se muur vasgery. Hulle het amper in die mense se swembad beland, maar die motor het net betyds gestop. Voordat enigiemand uit die huis kon hardloop, het Jerome vinnig vir sy seun gesê om uit te spring sodat die mense nie kon sien wie bestuur het nie.

“Toe die eienaars uitkom, was ons albei buite die kar. Ek het vir hulle en die polisie gesê ek het bestuur omdat ek geweet het hulle sou agterkom dat my seun gedrink het en dat hy dalk toegesluit sou word vir dronkbestu­ur. Hy is nog jonk en ek wou nie hê hy moet in die toekoms sukkel met werk omdat hy ’n rekord het nie. Ek het ook geweet die versekerin­g gaan nie uitbetaal as hulle weet hy het dronk bestuur nie,” vertel hy. Jerome erken dat hy soms wonder of dit die regte besluit was. In die oomblik wou hy sy kind beskerm en hy het ook skuldig gevoel omdat hy nie eerder self bestuur het nie. Maar nou raak hy bekommerd dat sy seun nie sy les geleer het nie en dalk volgende keer ’n erger ongeluk kan veroorsaak waarin iemand of sy seun kan sterf. Kapt. Ian Bennet, woordvoerd­er vir die Manenberg-polisiesta­sie op die Kaapse Vlakte, sê hulle sukkel met ouers wat vuurwapens, dwelms en gesteelde goed vir hul kinders wegsteek. Hy sê hoewel hulle die inligting by die gemeenskap kry, kan hulle nie net elke huis bestorm nie. Wanneer hulle wel ’n huis in hierdie omgewing gaan deursoek, word daar dikwels nooit iets gevind nie omdat dit vinnig weggesteek word wanneer die huismense hoor die polisie kom. “Ons doen ’n beroep op ouers om saam met ons te werk, want hoewel jy jou kind wil beskerm, is jy dalk moontlik besig om die persoon te beskerm wat iemand anders se kinders of familie in gevaar stel. “Dit is ons almal se plig om ons gemeenskap­pe en mense veilig te hou, maar dit begin in die huis en sonder jou hulp kan ons nie ons werk doen nie.”

Ekwasteska­amenwou niehêmense­moetslegdi­nk vanmyfamil­ieenseunni­e, sowanneerm­enseoorhul gesteeldeg­oedgepraat­het, hetekstilg­ebly. EMMARENTIA LOURENS*

*Skuilnaam

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa