Kuier

Gesondheid: Lewe gemaklik met IBS

Baie meer vroue ly aan IBS as wat jy dink en al is daar geen quick fix daarvoor nie, kan jy wel beter voel en nie jou lewe om ’n toilet beplan nie.

- DEUR marteli brewis

Een oggend word jy wakker en voel asof jy drie maande swanger is, maar jy is nie. Jy is net bloated en voel jy wil ontplof. Jy laat winde soos ’n ou man – hard en aanhoudend!

Wanneer jy voel asof jou hele lewe beheer word deur jou ingewande, kan dit jou sommer baie in die verleenthe­id stel en die meeste mense is te skaam om openlik daaroor te praat. Maar prikkelbar­e derms (irritable bowel syndrome of IBS) raak baie meer mense as wat jy sou dink.

IBS is nie ’n siekte nie, maar ’n sindroom wat die kolon aantas, verduideli­k dr. Monique Marais, gastroënte­roloog van Goodwood in die Kaap. (Die kolon se hooffunksi­e is om water en nutriënte te absorbeer uit gedeelteli­k-verteerde kos. Enigiets wat nie geabsorbee­r word nie, beweeg stadig deur die kolon na die rektum en kom uit as stoelgang.) IBS is twee keer meer algemeen by vroue as by mans en hoewel daar nie opgedateer­de statistiek­e vir Suid-Afrika beskikbaar is nie, sê sy ongeveer 15% van

die wêreld se bevolking sukkel daarmee. By party is dit kronies en hulle sukkel daagliks daarmee, vir ander gebeur dit elke nou en dan.

“Ek het grootgewor­d met ’n moeilike maag,”vertel Brendine Daniels (32) van Firgrove buite die Kaap. Sy was gedurig opgeblaas en het geleef in rekbroeke om plek te maak vir haar maag se wispelturi­ge buie.“Ek het oorleef op ’n kombinasie van goedbeplan­de maaltye en loopmaagme­disyne,”onthou sy.

“In my vroeë twintigs, toe ek die stresvolle wêreld van volwassene­s en werk betree, het my simptome stelselmat­ig erger geword. Party dae was ek bang ek maak ’n ongeluk in my pantie, ander kere het ek gewens ek kon, ek was so hardlywig. Ek kon later nie meer anders nie en het myself en my maag dokter toe gesleep,”lag sy.

Ná ’n hele reeks toetse het die dokter haar gediagnose­er met IBS. Brendine en die dokter het besluit om eers haar eet- en leefstylge­woontes te verander voordat hulle medikasie oorweeg.“Ek eet g’n niks meer junk food nie en probeer om suiker uit te sny. Verder eet ek by uitsonderi­ng spicy kos en drink baie water,”vertel sy. Deesdae probeer sy ook om haar stresvlakk­e te bestuur.

“Ek het ’n dankbaarhe­idsjoernaa­l begin en probeer om elke dag oefening te kry – al is dit net om om die blok te stap. Maar daar is nie ’n quick fix nie en ek moet elke dag daarmee saamleef,”sê sy.

Volgens Monique is niemand regtig 100% seker wat IBS veroorsaak nie.“Dit is ’n gekomplise­erde sindroom met baie verskillen­de snellers,”meen sy. Daar word vermoed dit kan wees as gevolg ’n klomp moontlike veranderin­gs aan die dermkanaal beweegbaar­heid en hipersensi­tiwiteit tot sekere kossoorte.

Het jy dit ook?

Monique sê tipiese simptome is krampe, winderighe­id, langdurige maagpyn, ongemaklik­heid wanneer jy toilet toe gaan en veranderin­g in jou stoelgang (hard, sag, loperig, stekelrig). Party mense sukkel met diarree, ander is weer baie hardlywig en sommige ongelukkig­e mense sukkel met beide – ’n onvoorspel­bare ervaring om die minste te sê. Die pyn en opgeblaasd­e gevoel kan maak dat jy siekverlof vat en ander belangrike geleenthed­e misloop. Die meeste mense is nie eens lus vir seks nie.

Pasiënte weet meesal nie wat om te eet nie en begin baie kossoorte vermy. Hulle voel hulle kan nie meer ’n lekker maaltyd saam met vriende of familie geniet nie. Diegene met diarree vrees hulle maak ’n “ongelukkie”en vermy dit sommer maklik om uit te gaan of lank te reis. Dit kan ontsettend­e spanning veroorsaak.

Baie mense bekommer hulle oor die toestand, veral oor die oorsake en die risiko’s daarvan. Monique meen hoewel hierdie sindroom ongemaklik en pynlik kan wees, is dit nie gevaarlik nie.

“Dit word nie geassosiee­r met ’n hoër risiko vir kolonkanke­r nie en is eintlik ’n doodonskul­dige toestand.”

Sy sê jy hoef nie te bekommerd te wees oor die langtermyn­gevolge van IBS nie.

Nie alle mense hoef mediese behandelin­g te ontvang vir IBS nie – dit hang alles af van jou simptome.“Daar is ongelukkig nie ’n geneesmidd­el nie, ons probeer net die simptome behandel,”verduideli­k sy. Om gereeld te oefen, te ontspan, die bystand van jou dokter en om jou dieet te verander, kan alles baie help om verligting te bring.

Haar raad is om enige geprosesse­erde en vetterige kosse, groot maaltye en kos wat baie suiker bevat, te vermy. Jy moet ook gewone suiker eerder as artificial sweeteners gebruik. Moet nooit ontbyt misloop nie en probeer baie vrugte in jou dieet in te werk.

As jy agterkom daar is spesifieke kossoorte wat jou simptome vererger, moet dit nie eet nie.“Moet egter nie in die lokval trap van alle graan (gluten) vermy nie. Dit is nie nodig om jou geld te mors op fancy‘gluten-free’produkte nie,”waarsku Monique.

Volgens Monique is dit moeilik om te bepaal of daar iets is wat jy kan doen om dit heeltemal te genees. Jy kan egter jou leefstyl so aanpas dat dit bestuurbaa­r is en die invloed op jou daaglikse lewe nie so groot is nie. Stres kan ’n groot rol speel in jou IBS-simptome.“Moenie die rol wat emosionele spanning en angs op jou dermkanaal kan hê, onderskat nie,”sê sy.

Stres minder

“Partykeer besef ons nie eens ons ervaar stres nie, maar ons derms weet. Dit is daarom belangrik om hieraan aandag te gee. Oefening en ontspannin­g kan help met die stres. Maak ook seker jou dieet is vars en‘skoon’. Moenie gemorskos eet nie,”raai Monique aan. Daar is ook ander maniere om dit te beheer. Probeer om stimulante soos kafeïen en tabak te vermy. Moenie te veel suiwel- of spicy kos eet nie en hou jou porsies klein. Probeer om nie maaltye oor te slaan nie en vermy laatnag-happies. Drink baie vloeistof, soos water, suikervrye koeldrank en kruietee. Vermy eerder gaskoeldra­nk en alkohol. En moenie elke stoelgang analiseer of te veel aandag gee aan jou simptome nie. Ander alternatie­we behandelin­ge sluit in hipnose, sielkundig­e behandelin­g vir spanning, akupunktuu­r en joga. Jy kan ’n kosdagboek hou om te probeer uitvind watter kosse jou toestand vererger. Probiotiku­m, borrie, kaneel en pepermento­lie kan ook verligting bring. Hou maar ’n noodgeval-sakkie byderhand met skoon klere en medisyne vir wanneer jy dalk onverhoeds met ’n aanval betrap word. As jy enigsins bekommerd is, besoek liewer jou dokter. Jou stres gaan in elk geval net jou derm nóg meer prikkel. As jou simptome vir langer as vier tot ses weke op ’n keer aanhou of stelselmat­ig erger word, maak ook eerder ’n afspraak.

Partydaewa­sek bangekmaak’n ongelukinm­ypantie, anderkereh­etekgewens­ekkon,ekwas sohardlywi­g. BRENDINE DANIELS

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa