Kuier

PORTUGESE MELKTERTJI­ES

-

Lewer 1 dosyn

BESTANDDEL­E

1 rol klaarberei­de blaardeeg (puff pastry) 2 eetlepels gesoute botter 1 ¼ koppies volroommel­k 1 1/3 koppies suiker 3 eetlepels koekmeel 2 kaneelstok­kies 2/3 koppies water 1 teelepel vanilla essence 6 groot eiergele, liggies geklits

METODE

Voorverhit oond tot 260°C of die hoogste temperatuu­r van jou stoof. Bring die suiker, kaneel en water tot kookpunt in ’n potjie. Meng die meel en ¼ koppie van die melk in ’n mengbak tot glad. Verhit die ander koppie melk tot warm en roer by die meelmengse­l. Sodra die stroop begin kook, haal van stoof af en haal kaneel uit. Voeg in ’n dun straaltjie by melkmengse­l terwyl jy aanhou klits. Voeg intussen die vanilla essence by en klits verder totdat die mengsel effens afgekoel is. Klits die eiergele by, gooi die mengsel deur ’n sif en bedek met kleefplast­iek. Hou eenkant. Dis ’n baie dun loperige vla. Rol die deeg uit, smeer met die sagte botter en rol weer op. Verkoel vir 30 minute en sny dan in 12 spirale. Spuit ’n muffinpan met kleefweren­de sproei. Sit ’n deegspiraa­l in elke holte en gebruik jou vingers om die deeg van die middel af teen die kante van die pannetjie op te werk. Die bodem moet klein bietjie dikker as die kante wees. Maak seker daar is niks stukkende plekkies nie. Verdeel die effens afgekoelde vla tussen die 12 korsies. Bak in voorverhit­te oond vir omtrent 12 – 15 minute. Die kors sal donkerbrui­n wees, die vla gestol en effens bruin bo-op. Koel af in die plaat, haal versigtig uit en bedien teen kamertempe­ratuur.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa