Kuier

VRA DR. GENINE

Soek jy raad oor ’n mediese probleem?

-

Kolle wat pla Vraag

HELP MET VITILIGO Dokter, help my asseblief met raad vir vitiligo. Is daar iets wat kan help om dit weg te vat of iets wat aangewend of aangespuit kan word sodat die nie so sleg lyk nie? MOEDELOOS

Antwoord

BESTE MOEDELOOS Vitiligo is ’n outo-immuuntoes­tand waar die liggaam se eie selletjies (melanosiet­es) die selle aanval wat die velpigment (melanien) vervaardig. Dit veroorsaak dat die liggaam op sekere dele sonder pigment is en dit lyk dan asof daar“wit kolle”op die vel is. Dis ’n lewenslang­e toestand en kan mense op enige ouderdom en mense van enige velkleur affekteer. Dit is nie oorerflik of aansteekli­k nie en is ook nie medies gevaarlik nie. Dit is wel kosmeties ’n probleem vir baie mense.

Daar is nie ’n behandelin­g wat die kolle permanent wegneem nie. Kry asseblief advies by ’n velspesial­is en kosmetiese konsultant. Behandelin­g met sekere vitamiene, minerale, sonskerm en ultraviole­tligterapi­e word gebruik om die vel te voed en te beskerm. Kosmetiese produkte soos Covermark Topical en Dermablend Topical kan aangewend word om die kolle te verbloem. Natuurlike produkte soos Vitiligo Organics – wat die vel stimuleer om weer pigment te vervaardig – word ook aanbeveel. Vitilox het ook produkte wat kan help. Ek sal jou sterk aanbeveel om gereeld na nuwe produkte op die internet te soek en self ’n besluit te maak.

Sluit aan by ’n ondersteun­ingsgroep waar jy idees kan uitruil oor hoe om jou vel te versorg. Dit is ook ’n goeie manier om ondersteun­ing en motivering by mense te kry wat weet waardeur jy gaan.

Vraag

SWANGER NÁ KEISERSNEE Ek is al drie keer met my kinders gesny. My kinders se pa is nou al drie jaar dood. Sê nou ek kry iemand anders en wil kinders hê, sal ek kan swanger word? NUUSKIERIG

Antwoord

BESTE NUUSKIERIG Jy sê nou nie of jy gesterilis­eer is ná die laaste keisersnee nie. In Suid-Afrika word dit baie sterk aanbeveel dat jy ná drie keisersneë gesterilis­eer word. Dié klein prosedure word gewoonlik onmiddelli­k ná of saam met die derde keisersnit gedoen. Die toestemmin­g vir die sterilisas­ie word gewoonlik voor die derde keisersnit gegee.

Indien jy gesterilis­eer was, is dit baie duur (duisende rande) om die operasie te reverse (sodat jy weer kan swanger word). Dié tipe operasie beteken ook nie dat jy verseker weer sal kan swanger word nie. Indien jy nie sterilisas­ie ondergaan het nie, kan jy natuurlik weer swanger word, maar die gesondheid­srisiko’s vermeerder met elke keisersnit. Die risiko’s sluit in blaas- en dermbese

rings as gevolg van die aangroeise­ls wat ná elke buikoperas­ie (soos ’n keisersnit) vermeerder. Die baarmoeder word met elke keisersnit gesny en wanneer die wond genees, vorm ’n litteken in die wand van die baarmoeder. Hierdie litteken verdun die wand van die baarmoeder en met ’n volgende swangerska­p (wanneer die baarmoeder moet rek en vergroot), is daar ’n risiko dat die baarmoeder by die vorige snymerk kan skeur. Dit is ’n mediese noodgeval en kan die dood van die ongebore baba of selfs die ma veroorsaak as mediese hulp nie betyds toegepas word nie. Die posisie van die nageboorte kan ook abnormaal wees ná baie keisersneë. Onophoudel­ike of hewige bloeding ná ’n keisersnit kan veroorsaak dat ’n

histerekto­mie (verwyderin­g van die hele baarmoeder) gedoen moet word.

Soos jy kan aflei, is dit nie ’n maklike besluit nie. Jy sal definitief ’n konsultasi­e met ’n ginekoloog moet reël, want hierdie prosedure kan net deur ’n spesialis gedoen word.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa