Kuier

VERTEL VIR ANTIE VAL

Sukkel jy met jou liefdeslew­e? Hier is raad.

-

Baie droog Vraag HARTSEER EN KWAAD

Antie Val, ek is op van droog wees. My man gee my nie aandag nie. Hierdie jaar is ons 12 jaar getroud en het nie meer kinders in die huis nie. Ek onthou hoe ons uitgesien het dat albei ons kinders groot genoeg moet wees om op hul eie te wees. Nou is dit die geval, maar die beloftes van weer jonk wees en lekker saam uitgaan en die vlam weer vind, was net ’n liegstorie. Hy is behep met vriende. Ek sien hom min en ek is hartseer en kwaad. Wat moet ek doen? BAIE LUS

Antwoord BESTE BAIE LUS

Soveel emosies kan enige mens mal maak. Ek vra jou mooi om jou in te hou en die ding stelselmat­ig te benader. Ek wonder of jy jou man op ’n mooi wyse van jou gevoelens bewus gemaak het. Was jy al opgetof en gereed om saam te gaan wanneer hy die pad wil vat? Indien nie, moet jy dalk daar begin. Wees gereed om saam te kuier en maak seker dat jy baie mooi en sexy lyk. Hy sal wonder hoekom jy dit doen en jou dalk daarvan beskuldig dat jy rondloop, maar dan kan jy die geleenthei­d gebruik om hom die waarheid te vertel. Wees slim en moenie skel nie. Hy moet remind word van wat hy het in die huis. Ek is seker hy is nou so in sy noppies om weer tyd met die ouens te kan spandeer, maar dit is onregverdi­g dat dit jou uitsluit.

Vraag EEN MAN NIE GENOEG NIE

Antie Val, ek is so jammer, maar raadop vir myself, so ek het nie ’n ander uitweg as om met jou te praat nie. Ek is alewig opsoek na ’n nuwe man al het ek ’n getroue een. Ons is nou al twee jaar saam en hy maak my gelukkig en ek was nog nooit so mooi behandel nie. Al die ander manne is rof en gebruik my, maar ek voel nie dat ek hom verdien nie. Hoekom anders sal ek gewillig wees om met ander mans te slaap? Ek lieg vir hom en ek weet dit is verkeerd. Dink Antie die man is regtig lief vir my? RONDLOPER

Antwoord BESTE RONDLOPER

Ag nee man, hoekom doen jy dit aan jouself! Ek wens ek het geweet of jy en jou pa ’n goeie verhouding gehad het en of jy na ’n pa-figuur soek. Soms beïnvloed ons verlede ons toekoms vreeslik baie en ons moet slim genoeg wees om die tekens te kan sien. Maar dis nie ’n verskoning om losbandig te wees nie. Jy het mos nou ’n goeie ou wat jou gelukkig maak. Jy getuig hoe jy nog nooit so goed gevoel het nie en dat jy baie liefde van die ou ontvang. So hou op om jouself sleg te maak. As daar ’n verlede is wat by jou spook, dan moet jy daarmee deal en dit diep bêre. As jy dit nie gaan uitsorteer nie, gaan dit jou agterhou en die mooi dinge in jou lewe verwoes. Jy weet jy en die ou verdien ’n regverdige kans en dat jy die een is wat in jul pad staan. Gaan sien ’n berader as jy moet, maar keer met alle mag en krag dat jy jou eie geluk verongeluk. Spyt kom altyd te laat. Ek is seker jy sal ’n nuwe weergawe van jouself ontdek en een wat jou sal beïndruk. Wees sterk en loop ’n nuwe pad.

Vraag MET BAAS GESLAAP

Liewe antie Val, ek is verlief op my baas. Ek het nog altyd in ’n ander department gewerk en as ons mekaar gesien het, het ons altyd gepraat en vriendelik verkeer. Hy het my so ’n jaar gelede op ’n date gevra en ons het ná werk vir drankies gegaan. Ons het daai aand saam geslaap, maar die volgende dag was alles net weer normaal soos voorheen. Hy is altyd hoflik teenoor my en laat my nie sleg voel nie al het ons nooit weer daaroor gepraat nie. Nou is ek in sy department en sien hom elke dag. Ek weet nie watter kant toe nie. VASGEVANG

Antwoord BESTEVASGE­VANG

Sjoe, dit is nou vir jou ’n situasie! Dalk moet jy en jou baas dinge eens en vir altyd tussen julle uitsorteer. Jy kan nie aanvaar dat hy jou nou sal wil sien terwyl hy jou al vir ’n hele jaar geïgnoreer het nie. Nou moet jy eintlik versigtig wees, van hom vergeet en jou oë op jou werk vestig voordat iemand anders jou van iets beskuldig wat liewer kon gebly het. Jy moenie jou werk in gevaar stel nie. Dit is ’n moeilike saak en as jy nie die pyp kan rook nie, moet jy liewer so gou moontlik vir jou ander werk soek voordat jy self dinge in die wiele ry.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa