Kuier

WERKENDE MA’S SUIG AAN DIE AGTERSPEEN

Hulle sukkel om kop bo water te hou as dit by hul werk en kinders kom en die systems is nie ontwerp om te help nie.

- Deur lynette francis

Net so oor die 40% van kinders bly by hul ma. Hul ma is die een wat moet sorg vir die brood op die tafel, die skoolfonds­e wat betaal moet word, dat die kinders se kop gekam is en dat sy nog taxi fare het om by die werk te kom. Dit is te midde van nóg ’n busstaking en die treine wat al weer laat is. Daar is nie tyd om te worry oor die mince wat af is, haar kouse wat gerip het of haar data wat al weer verdwyn het nie. Dit is die soveelste keer dat die baas nie verstaan dat die goed nie in haar hande is nie. Sy wil werk, sy móét werk, maar al haar gebede val blykbaar op dowe ore . . .

Dis 06:05 die oggend op ’n Donderdag en ek is al op kantoor, maar ek het ’n kar en petrol in die tenk (want payday was drie dae gelede). Die debietorde­rs wat pingping op my sel herinner my dat die keiser vat wat die keiser toekom.

As ’n enkelouer moet ek juggle en stelsels in plek het om te kan funksionee­r. My huishulp sonder wie ek nie kan klaarkom nie, kan nie inkom nie. Die tires brand in Kagiso en die taxi’s ry nie. Sy is ’n werkende ma van twee skoolgaand­e kinders en het ’n man wat werkloos is. Sy is die enigste broodwinne­r en sy het vier piece jobs. Ek het so ses jobs wat ek probeer bestuur terwyl ek my kind alleen grootmaak. So Moedersdag het, soos Vrouedag, gekom en gegaan.

Dis ’n droewige prentjie van vroue wat spartel om asem te haal en hul huishoudin­gs aan die gang te hou. Dis nag om ons en die stelsels help ons glad nie. Gaan na die maintenanc­e hof om jou papgeld te kry en jy moet ’n dag daar sit.

Die meeste ouers wat by die howe opdaag, is enkelouers. Die pa stel net nie belang nie. Die werksomgew­ing verander ook te stadig. Getroude vroue wat teruggaan werk toe ná drie of vier maande van kraamverlo­f moet net soos mans perform by die werk al het jy skaars deur die nag geslaap. Het werkgewers simpatie as jou kind koliek het of stuur hulle jou huis toe as jy soos ’n potjie Vicks ruik, duidelik siek? Maar vat net ’n dag af om gesond te word en jy word skeef aangekyk.

Die stelsels in die werkplek is ingerig om jou manlike kollegas te ondersteun. Ons moet dit hersien. Vra bietjie by Human Resources hoe lyk die system en wat is in plek om vroue-gelykheid in die werkplek te bevorder. As ’n man net oppak en huis toe gaan, want sy kind is siek is daar meer simpatie. Hy is mos so involved, maar as ’n vrou (in dieselfde posisie) dit doen, word daar gesuggeree­r dat sy nie ten volle op haar werk kan fokus nie.

Die ligpunt is dat daar sekere maatskappy­e in Suid-Afrika is (ons praat nou nie van Facebook en Google nie) wat wel die werkplek so ingerig het dat Mamma die kind kan borsvoed en nog die middag haar Powerpoint presentati­on sonder braak of melkvlekki­es kan doen.

’n Man kan net opstaan, tande borsel en gaan werk. Sowat 40% van die ma’s wat alleen die family affairs moet run, staan op, moet sorg dat die kinders by die skool kom, daar lunch is, die huiswerk gedoen is, die aandete gekook is, sy skoon onderklere het, daar toiletpapi­er is . . . En sy het nog nie eens by die werk ingeklok nie.

Sedert my kind vanjaar by die kleutersko­ol is, moet ek vroeër opstaan om my uit te sort, dan moet ek vir haar aantrek en by die skool kry.

Jy kan nie vir ’n driejarige sê daar is nie tyd vir puzzles bou nie, want jy moet agtuur op lug wees en ’n vrolike vinkie wees! Jy sit systems in plek waar jy kan. Jy vleg die hare saans, sit ’n swirlkous op, pak die lunch en sit die klere vir die volgende dag uit. As ek ’n kliënt moet sien, is dit nog vroeër woel, want jy moet presentabl­e lyk.

Daar is nie tyd om Suidooster te kyk nie, wat nog te sê van ’n man date? Die emosionele moegheid en fisiese uitputting dra jy soos jou ID met jou saam. Jy operate meestal in crisis mode, maar jy moet dit doen – jou kinders maak staat op jou.

Vroue het geleer om die punches te vat. Ons thrive, ons survive, want ons het nie ’n keuse nie. Dis elke suster vir haarself. Dis sad, want ons kan soveel sterker wees as ’n sisterhood en as ons mekaar net meer ondersteun.

*Lynette Francis is die aanbieder en uitvoerend­e vervaardig­er van Praat Saam op RSG. Sy is ook die anker van Fokus op SABC2 en nuusleser vir die Afrikaanse nuusbullet­in. Volg haar op Facebook en Twitter @LynetteFra­ncis1.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa