Kuier

WEES KOESTER LIEF ’N BAND VIR MET JOUSELFJOU KIND

As ma kan jy nie altyd volmaak wees nie, maar daar is dinge wat jy kan doen wat jul verhouding sal versterk.

- DEUR MICHELLE BLOEM

Ouers kry almal net een kans as dit by kinders grootmaak kom. Daar is geen oefenlopie­s nie. Tog is daar vele ma’s wat voel dat hulle gefaal het as ouers. Hulle het skuldgevoe­lens oor wat hulle gedoen of nie gedoen het nie. Dit voel veral asof jy die toets gedruip het as jou kind die pad byster geraak het, aan dwelms verslaaf is of misdade pleeg. Ek glo nie daar is ’n enkele ma wat eerlik kan sê sy was of is altyd die perfekte ma nie. ’n Ma is ook net ’n mens met tekortkomi­nge, al word die bomenslike gedurig van haar verwag.

As self ’n ma van twee jong grootmense, het ek ook dié les geleer. Daarom wil ek jou daaraan herinner dat ’n mens nie tyd kan terugdraai en gedane sake ongedaan maak nie. Maar ek wil jou ook terselfder­tyd bemoedig deur te sê elke mens het ’n keuse om elke dag ’n nuwe begin te maak.

Elke dag bied jou die geleenthei­d om jou verhouding met jou kinders te versterk. Dit is belangrik dat jy jou kind onvoorwaar­delik aanvaar al stem jy nie altyd saam met hul besluite nie.

KOMMUNIKEE­R MET KINDERS

Die belangriks­te wat jy vir jou kinders kan doen, is om so veel moontlik tyd met hulle te spandeer en om goeie kommunikas­ie te behou.

Ons geslag is grootgemaa­k met die idee dat ons ouers se woord wet is en dat hulle altyd reg is. Dit het vrymoedige kommunikas­ie baie gestrem. Jou kinders sal jou respekteer as jy eerlik is met hulle en erken dat jy ook foute maak en selfs om verskoning vra.

Probeer konflik vermy deur kalm te bly en te dink voordat jy jou humeur verloor. Andersins sê jy dalk dinge wat seermaak en ’n wrok kan veroorsaak. As so iets reeds gebeur het, probeer weer ’n oop kommunikas­ie-verhouding met jou kind skep.

Sit elke dag tyd opsy om met jou kind te gesels. Stel opreg belang en luister na alles wat hy of sy sê.

Een van die grootste kompliment­e vir ’n ma is as haar kind haar ’n vertroueli­ng maak. Jy kan dit slegs doen deur jou kind te laat voel dat jy hulle onvoorwaar­delik aanvaar en nie onnodig krities is nie, maar altyd opregte advies gee.

Om jul verhouding te versterk, doen gereeld spesiale dinge saam wat julle geniet. Dit is ook belangrik om sekere rituele te skep wat jul gesin geniet. Julle kan byvoorbeel­d ’n spesiale geskenk- en ontbytsess­ie in die bed hou vir iemand wat verjaar. Selfs bordspelet­jies en om saam kos te maak, kan bande tussen ouers en kinders versterk. As jou kinders uit die huis is, kan julle miskien een Vrydagaand per maand as ’n gesin saam braai en speletjies speel.

Probeer om kinders wat ver bly, gereeld te bel of skryf gereeld ’n e-pos of brief oor wat in jou lewe aangaan. Ek koester sulke e-posse van my ouers wat albei reeds oorlede is en lees dit gereeld as ek verlang.

As jou kind ’n verslaafde of misdadiger is of ander ernstige probleme het, moet jy onthou elke mens is verantwoor­delik vir die keuses wat hulle maak. Dis slegs in die uiterste gevalle dat owerhede kinders van hul ouers verwyder.

Onthou ook dat kinders meestal hul ouers onvoorwaar­delik liefhet.

WAT IS BELANGRIK VIR JOU?

In life coaching help ons mense om verantwoor­delikheid vir elke lewensarea te aanvaar. Een van die tegnieke is om te bepaal wat die waardes is waarvolgen­s jy wil leef en wat die waardes is waarvan jy wil wegbeweeg.

Vrae om jouself te vra om te bepaal wat vir jou as ma belangrik is:

1. Wat is vir my prioriteit in my verhouding met my kinders?

2. Watter tye is die lekkerste vir my met hulle?

3. Wat ontbreek in my verhouding met my kinders?

4. Wat is die lekkerste herinnerin­ge wat ek van my ma-wees het?

5. Watter waardes sal ek graag aan my kinders wil oordra?

6. Hoe wil ek hê my kinders moet my onthou?

7. As ek nie vir mense vertel watter waardes vir my belangrik is nie, sal hulle dit steeds in my lewenswyse kan sien?

Onthou, dis nooit te laat om ’n nuwe lewenswyse en waardes uit te leef nie.

Di tis belangrik dat jy jou kind onvoorwaar­delik aanvaar al stem jy nie al tydsaam met hul besluite nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa