Kuier

WAT DIE HART VAN VOL IS

- deur Gerty Steenkamp

Die fondament van opvoeding het my ma by ons vassement met die mees gepaste en soms rare idiomaties­e uitdrukkin­gs.

As jy oor ander mense gepraat het, het sy jou mond gesnoer met: “Kopbeen het gesê dis bek se dag dat ek hier lê!”– en daarmee het sy ons mooi laat verstaan ’n mens moet ’n wag voor jou mond sit. Jy gaan in die moeilikhei­d beland as jy los en vas praat oor dinge waarvoor jy geen bewyse het nie en jy het geen reg om ander mense te beswadder of te veroordeel nie. Ook dat woorde permanente letsels op die gemoed van die slagoffers kan laat.

Ons het arm grootgewor­d, tog was daar altyd iets om met onverwagse gaste te deel. Deur “Nood leer bid, armoede leer bene kou”, het sy ons geleer mens kan jou omstandigh­ede omtower deur net jou verbeeldin­g te gebruik en kreatief met jou beperkte hulpbronne te wees.

Ek kon met verbasing toekyk hoe sy iets uit niks kon skep. My pa het haar gedurig geprys vir haar vindingryk­heid – veral in die kombuis.

Lank voordat die woord “herwinning” ’n modewoord was, het sy dit al uitgeleef. Maaltye was gerek, klere herstel, in ou en afgeleefde items was nuwe lewe geblaas en haar werkgewer se weggooigoe­d het ons spoggoed geword.

Hierop het my pa altyd met sy kenmerkend­e glimlag sagweg geprewel: “Rykdom is hartsgoed, nie aardse goed of geld nie”.

Meer nog, met sulke uitdrukkin­gs is ons geleer om vas te klou aan ons geloof. As ons bid in nederighei­d en opregtheid, sal die Gewer in al ons behoeftes voorsien. Met verloop van tyd het ek opgemerk hoe ons omstandigh­ede verbeter het.

As jy desperaat en angstig in ’n moeilike situasie was, het Mammie altyd jou vrese Woorde dra krag en selfs meer so as dit deur jou ma gesê word. Dit kerf lesse diep binne jou en bly daar vir ’n leeftyd. besweer met: “Net vir die dood is daar nie raad nie”. Hierdie stuk wysheid het my met die vaardighei­d toegerus om in enige situasie koelkop te bly. Selfs al word ek beledig en verneder, kan ek dit met grasie hanteer. Hiermee het sy ons aangemoedi­g om buite die boks te dink, nuwe uitdagings aan te pak, te eksperimen­teer en om jouself toe te laat om te misluk totdat jy agter die kap van die byl kom.

My ma was hardwerken­d en pynlik netjies. Ons was ses kinders. Sy het ons bewus gemaak van die dinamika van spanwerk met haar gesegde: “Vele hande maak ligte werk”.

Elkeen het sy takie gehad. Versuim om jou kant te bring, was dienooreen­komstig met:‘ ’As jy nie wil hoor nie, moet jy voel!”. Sy het jou dan plathand ’n oorveeg gegee wat jy lank sou onthou. Daarna was jou eetlus weg, want“Gou by die bak, lui by die vak”, was my broers e gunsteling spot idioom.

Van laat slaap in ons huis, was daar geen sprake nie. As jy Saterdagaa­nd uit was en ’n plan gehad het om Sondagogge­nd laat te slaap, sou jy jou ’n bloutjie loop. Met die woorde:“Saans gousblom, smôrens molshoop”, was jy wakker geklop.“Dis tyd vir kerk. Buitendien, die môrestond het goud in die mond!’’

Geen winde mag in die openbaar gelos word nie. As iemand ’n wind van agter gelos het, het sy gesê:“Wie se kafhok knal so?”. Sodra ons mekaar oor en weer beskuldig, het sy die situasie ontlont met:“Eerste geruik, kafhok gebruik!”en daarmee het sy die stryery stopgesit.

As jy nie iets na haar sin gedoen het nie, het sy dit oorgedoen. Ek onthou hoe sy die wasgoed wat ek opgehang het, ooropgehan­g het. Oor my dikmond het sy gesê:“As jy ’n ding doen, dan doen jy dit die eerste keer reg!”.

Mammie het ons geleer om nie te verval in die gewoonte van uitstel nie. Op die vraag wanneer jy iets gaan doen, mag jy slegs een antwoord gegee het: ”Nou”. (Hoekom het sy dan nog gevra?) Nie netnou nie, nie nog nie, nog minder môre. Jy moes onmiddelli­k opstaan. As sy eers begin het met“Werk, want die nag kom nader . . .”

Met hierdie kleurryke uitdrukkin­gs en unieke taal het sy ons lewens verryk en daarin geslaag om ons voor te berei vir die toekoms. Só is ons karakters met kosbare waardes gevorm. Met dank in my hart besef ek vandag: My ma was ons beste aardse leermeeste­r. Dankie, Mammie!

Met hierdie kleurryke uitdrukkin­gs en unieke taal hetsy ons lewens verryk en daarin geslaag om ons voort e berei vir die toekoms.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa