Geld­sa­ke:

Werk reg met jou geld en bly uit die knyp

Kuier - - Inhound -

Die man hou nog die beur­sie vas in so baie huis­hou­dings of hy is die een wat moet se­ker maak die fi­nan­sies ver­loop vlot. Sy geld­be­slui­te raak die he­le ge­sin en sleg­te be­slui­te kan jul­le duur te staan kom.

Dit is daar­om baie be­lang­rik dat jy al­tyd as man en pa mooi moet be­sin wan­neer dit by geld­sa­ke kom. Daar is ’n paar uit­da­gings en be­lang­ri­ke kwes­sies wat jy dus in ge­dag­te moet hou:

SKULD

Matthys Potgieter, ’n skuld­ken­ner by DebtSa­fe, sê in sy er­va­ring is skuld die groot­ste geld­kwes­sie waar­mee mans wor­stel. “Mans wat skuld het, het ge­woon­lik nie so baie re­ke­nin­ge by win­kels nie, maar hul skuld is ge­woon­lik meer as vroue s’n,” sê hy. Vol­gens hom span­deer vroue in die al­ge­meen op kle­re en an­der klein goed wat nie so baie kos nie, ter­wyl mans meer ge­neig is om hul geld op duur gad­gets en kar­re te blaas.

As jy ook in die skuld­boot­jie is, is dit be­lang­rik om te be­sluit of jy die“duur­ste” skuld eer­ste wil af­be­taal, soos jou kre­diet­kaart met die hoë ren­te­koers. Of jy kan die min­ste skuld (soos jou kle­re­re­ke­ning)

eer­ste af­be­taal en stel­sel­ma­tig jou pad na die gro­ter be­drae op­werk.

Matthys sê dis be­lang­rik om met jou kre­di­teu­re te kom­mu­ni­keer as jy gaan suk­kel om jou skuld in die maand te delg. As jy baie skuld het en ’n bly­wen­de op­los­sing soek, kan jy jou ban­kier, fi­nan­si­ë­le be­plan­ner of ’n skuld­be­ra­der kon­tak vir hulp.

John­son W­hi­te* (41) van Wel­ling­ton sê hy het hom­self le­lik vas­ge­loop na­dat ’n ver­keer­de fi­nan­si­ë­le be­sluit hom am­per ge­kel­der het en hy ’n jaar lank moes suk­kel om weer fi­nan­si­eel sta­biel te word.“Ek het ’n p­ri­vaat voer­tuig ge­had en toe vir ’n maat­skap­py gaan werk wat vir my ’n werk­voer­tuig ver­skaf het,”ver­tel hy. John­son het toe be­sluit hy gaan nie meer sy eie voer­tuig se pre­mies be­taal nie, in die hoop dat die bank dit net sal re­pos­sess.“Min het ek ge­weet dat ek éérs al die ag­ter­stal­li­ge pre­mies moes be­taal!”er­ken hy.

So al was die voer­tuig nie meer in sy be­sit nie, het dit John­son ’n jaar ge­vat om die ag­ter­stal­li­ge pre­mies te be­taal. Dit was ’n baie duur les vir hom en sy ge­sin.

APARTE RE­KE­NIN­GE?

Matthys stel voor jy gun jou vrou die ge­leent­heid om fi­nan­si­eel on­af­hank­lik te wees. Dees­dae is dit be­lang­rik dat el­ke par­ty hul eie fi­nan­sies be­stuur en dan ge­sa­ment­lik werk om by­voor­beeld saam vir se­ke­re doel­wit­te te spaar soos vir die ge­sin se De­sem­ber­va­kan­sie. Dit is ook goed dat elk­een sy of haar eie bank­re­ke­ning het. Wan­neer een par­ty dan in die moei­lik­heid be­land, word die an­der een dan nie nood­wen­dig daar­by be­trek nie.

Je­ro­me Pie­naar (48), ’n on­der­wy­ser van Kraai­fon­tein bui­te Kaap­stad, ver­tel hy en sy vrou het elk­een hul eie bank­re­ke­ning en dit werk goed vir hul­le.

“Ek weet nie wat in haar bank­re­ke­ning aan­gaan nie, maar ek en sy is baie oop met me­kaar oor ons fi­nan­sies en steek nie vir me­kaar goed weg nie.”Hul­le deel die huis­hou­de­li­ke uit­ga­wes ge­ba­seer op hul in­kom­ste.

Kom­mu­ni­ka­sie is baie be­lang­rik vir so ’n re­ë­ling en Matthys stel voor jul­le kom tot ’n ge­sa­ment­li­ke oor­een­koms en be­hou die ver­troue in jul ver­hou­ding ver­al as dit by geld kom.

DIE LUXURIES

Maar mag jy self geld te­rug­hou vir luxuries soos jou“man ca­ve”of jou stok­perd­jies?

“Ja, natuurlik,”lag Matthys. Span­deer oor­deel­kun­dig na­dat jy eers op jou fi­nan­si­ë­le be­hoef­tes en ver­plig­tin­ge ge­fo­kus het.

“Fo­kus eers op die be­lang­ri­ke be­ta­lings en uit­ga­wes en as jy dan iet­sie ek­stra het, spaar dit ge­rus vir jou“man ca­ve”en gad­gets,”be­veel Matthys aan.

REG VIR RETRENCHMENT

Een van die groot re­a­li­tei­te in die hui­di­ge e­ko­no­mie is retrenchment wat on­ver­wags kan ge­beur. Vol­gens Gus­tav P­hi­lan­der* (45) van Eer­ste­ri­vier bui­te Kaap­stad, is sy groot­ste self­ver­wyt dat hy nooit geld ge­spaar het vir ’n nood­fonds nie.“Ek het van pay check tot pay check ge­le­we en as daar geld aan die ein­de van die maand oor­ge­bly het, het ek my­self of my ge­sin ’n bie­tjie ge­spoil,”ver­tel hy. Gus­tav het al­tyd ge­weet hy moet iets weg­sit vir ’n re­ën­dag en het hom­self al­tyd be­lo­we dat hy“vol­gen­de maand”sal be­gin.

Die dag toe sy baas vir hom sy af­leg­gings­brief gee, het hy sy span­da­bel­rig­heid on­mid­del­lik be­rou, maar dit was te laat.“En soos dit nou maar is, w­hen it rains, it pours. In die­self­de week het my kar loop staan en my vrou se was­ma­sjien het die gees ge­gee. Ek wou my­self skop.”

Dit het vir Gus­tav baie lank ge­vat om weer op die been te kom. Dees­dae spaar hy 15% van sy in­kom­ste so­dra sy sa­la­ris in­be­taal word.

Matthys se top­wen­ke om retrenchment so goed moont­lik te han­teer, is om te spaar voor­dat jy e­nig­iets an­ders doen. Jy moet van hier­die spaar­geld ’n be­drag weg­sit vir jou nood­fonds. Matthys be­veel aan dat jy twee tot drie maan­de se sa­la­ris weg­sit in hier­die fonds. Be­gin met ’n klein be­drag en ver­hoog dit la­ter soos wat jou fi­nan­sies dit toe­laat.

In­dien jy af­ge­lê word, gaan doen aan­soek vir jou UIF ter­wyl jy vir nu­we werk soek. Ver­dui­de­lik jou si­tu­a­sie aan jou ge­sin en ge­lief­des en sorg dat al­mal saam­werk om geld te spaar.

In­dien jy C­re­dit Li­fe In­su­ran­ce het, is daar moont­lik ’n retrenchment be­ne­fit. In­dien wel, kan dit be­te­ken daai re­ke­nin­ge sal vir ’n paar maan­de be­taal word ter­wyl jy werk soek en jy nie ag­ter raak met al jou re­ke­nin­ge nie.

DIE TOE­KOMS

Dit is ook baie be­lang­rik om nou te be­plan vir die toe­koms – nie net vir jou ou­dag nie, maar vir die vol­gen­de paar jaar. Be­sluit wat­ter groot uit­ga­wes jy in die vol­gen­de paar jaar sal moet of wil aan­gaan en be­gin daar­voor be­plan. Dít is die e­nig­ste ma­nier hoe jy jou fi­nan­si­ë­le dro­me kan be­waar­heid. Matthys sê jy moet pro­beer om ’n na­la­ten­skap te los vir jou ge­lief­des – iets om hul­le te help oor­leef wan­neer jy nie meer daar is nie. Vra die be­lang­ri­ke vrae: Is jou tes­ta­ment op­ge­stel en reg? Het jy ’n plan vir jou skuld as jy die dag nie meer daar is nie (soos by­voor­beeld le­wens­ver­se­ke­ring)?

STEL ’N VOOR­BEELD

Dis be­lang­rik vir ’n pa om ’n goeie geld­voor­beeld te wees vir sy kin­ders en hul­le te leer hoe om te spaar en met geld te werk.

“Wys met kon­kre­te voor­beel­de vir jou kin­ders hoe geld werk (soos by­voor­beeld deur sak­geld te ver­dien en wat om daar­mee te maak – uit­gee of spaar),”sê Matthys.

Dit help nie net dat kin­ders ’n ATM en kaart­jie sien wat in­gaan en geld wat uit­kom nie. Jy moet vir hul­le ver­dui­de­lik waar kom geld van­daan, hoe skaars dit is en hoe ver­sig­tig mens daar­mee moet werk. Moet hul­le ook nie in die donker hou oor hoe jul huis­hou­ding se fi­nan­sies werk nie.

Só by­voor­beeld pro­beer Je­ro­me al­tyd ge­leent­he­de skep om sy dog­ter (18) en stief­seun (15) te leer hoe om met geld te werk.

“Ek gee by­voor­beeld vir hul­le sak­geld as ons met va­kan­sie gaan en hul­le is dan ver­ant­woor­de­lik daar­voor ,” ver­dui­de­lik hy.

Hul­le kan dit span­deer soos hul­le wil, maar hul­le moet aan die ein­de van die va­kan­sie vir hom kwi­tan­sies gee van hoe hul­le die geld ge­bruik het. *S­kuil­naam

Mans wat skuld het, het ge­woon­lik nies o baie re­ke­nin­ge by win­kels nie, maar hul skuld is ge­woon­lik me e­ras vroue s’ n. MATTHYS POTGIETER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.