Kuier

KOEKIES VIR TEETYD

Daar is niks wat die huis so lekker laat ruik soos die geur van varsgebakt­e koekies nie.

- Deur Karen Hart

KANEELKOEK­IES

Lewer ongeveer 36 – 40 koekies, afhangende van die grootte

BESTANDDEL­E Koekiedeeg

1¼ koppies koekmeel ¼ teelepel koeksoda ’n Knippie sout 115 g sagte botter ¼ koppie suiker ½ koppie ligte bruinsuike­r 1 eier 1 teelepel vanilla essence

Kaneelsuik­er

½ koppie suiker 2½ eetlepels fyn kaneel

METODE

1. Sif die koekmeel, koeksoda en sout saam in ’n bak.

2. Room die botter en twee suikers saam in ’n ander mengbak. (Klits ongeveer 3 minute met ’n elektriese klitser.)

3. Voeg die eier en vanilla essence by. Roer die droë bestanddel­e by en meng goed.

4. Meng die suiker en kaneel in ’n bakkie. Gebruik twee eetlepels – skep met die een en skraap met die ander. Skep lepelsvol van die deeg en rol dit in die kaneelsuik­ermengsel tot bedek. Druk elke bolletjie effens plat in die palm van jou hand en plaas ’n entjie van mekaar af op ’n bakplaat wat met bakpapier gevoer is. Bak 12 – 15 minute in ’n voorverhit­te oond van 180 °C of totdat die koekies goud van kleur is. Laat die koekies 5 minute lank op die bakplaat afkoel voordat jy dit op ’n draadrak uitpak om heeltemal af te koel. Bêre in ’n lugdigte houer.

Ekgebruik’n klein roomysskep­per( van die soort met die klein skraper aan die binnekant) inplaas van eetlepels om die koekiedeeg te skep. Dit werk baie goed. KAREN HART

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa