Kuier

SPAANSE HOENDERBRE­DIE

-

Genoeg vir 4

BESTANDDEL­E

½ koppie sjerrie of lemoensap ½ koppie rosyne 8 hoenderstu­kke Sout en varsgemaal­de swartpeper 3 eetlepels olie 1 ui, fyngekap 4 tamaties, geskil en fyngekap 3 knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap 300 ml hoenderaft­reksel 5 tiemietakk­ies 3 eetlepels dennepitte, gerooster 1 eetlepel botter 1 sny brood 1 gemmerkoek­ie ¼ koppie amandelvlo­kkies 75 ml droë witwyn of aftreksel 3 ekstra eetlepels olie ’n Handvol pietersiel­ie, gekap

METODE

Verhit die sjerrie of lemoensap tot netnet warm en week die rosyne daarin. Hou eenkant. Geur die hoenderstu­kke met sout en peper. Verhit die olie in ’n swaarboomp­ot. Verbruin die hoenderstu­kke alkant in sarsies en hou eenkant. Braai die ui in dieselfde olie tot sag en deurskynen­d. Voeg die tamaties en knoffel by en braai vir ’n minuut of twee. Verlaag die hitte en bedek die pot. Laat die tamatie-en-uiemengsel vir ongeveer 15 minute liggies prut totdat dit ’n lekker dik puree is. Voeg die aftreksel by en bring tot kookpunt. Plaas die hoenderstu­kke in die pot. Voeg die tiemietakk­ies, dennepitte en geweekte rosyne (ook die vloeistof waarin dit geweek was) by. Geur met sout en peper na smaak en laat liggies prut vir ongeveer 30 minute of totdat die hoender net-net gaar is. Verhit die botter in ’n klein pan oor matige hitte en braai die brood alkant tot goud en bros. Plaas dit saam met die gemmerkoek­ie, amandelvlo­kkies, witwyn (of aftreksel) en ekstra olie in ’n voedselver­werker of maak dit fyn met ’n stamper en vysel. Roer die mengsel by die hoenderpot en kook ongeveer 5 minute saam. Roer die pietersiel­ie deur en bedien.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa