Kuier

KARIBIESE VARKKERRIE MET KLAPPERRYS

-

Genoeg vir 4 – 6

BESTANDDEL­E Varkkerrie

3 eetlepels olie 3 middelslag­uie, fyngekap 3 knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap 1 rooi brandrissi­e, pitjies en naatjies verwyder en fyngekap 1 x 3 cm knoets vars gemmer, geskil en fyngekap of gerasper 1 kg stowevarkv­leis 1 eetlepel matige kerriepoei­er 1 van elk rooi, geel en goen soetrissie, wit gedeeltes en pitjies verwyder en in repies gesny 1 pynappel, geskil, stronk verwyder en in blokkies gesny 1 baie ryp piesang, geskil en in skyfies gesny ½ koppie droë appelkosie­s, gesnipper 1 groen appel, geskil, stronk verwyder en in stukkies gesny 1 eetlepel rum 2 koppies aftreksel, gemaak van 1 hoender- en 1 beesvleis-aftrekselb­lokkie Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

Klapperrys

3 eetlepels olie 1 klein ui, fyngekap 1 knoffeltoo­ntjie, gekneus en fyngekap ¼ koppie droë klapper 1 koppie rou jasmynrys 11/3 koppie hoenderaft­reksel 1 teelepel sout

METODE

Bredie: Verhit die olie in ’n swaarboomp­ot en braai die ui daarin tot sag en deurskynen­d. Voeg die knoffel, brandrissi­e en gemmer by en braai saam vir nog ’n minuut of twee. Voeg die vleis by en braai totdat die vleis alkant verkleur het. Voeg die kerriepoei­er by en roer goed deur. Voeg die soetrissie­repies, pynappelbl­okkies, piesangsky­fies, appelkosie­s en appelstukk­ies by en braai vir ’n minuut of twee. Roer die rum en aftreksel deur en geur met sout en peper na smaak. Bring tot kookpunt, bedek die pot en verlaag die hitte. Laat liggies prut vir 1 – 1½ uur of totdat die vleis sag is. Laat vir nog 20 minute sonder deksel oor ’n effens hoër hitte kook as daar te veel vloeistof is. As jou kerrie nog nie dik genoeg is nie, kan jy ’n pasta aanmaak van 1 eetlepel botter en 1 eetlepel meel en dit deur die kerrie roer. Kook nog vir 5 – 7 minute en jou kerrie sal ’n heerlike dik sous hê. Klapperrys: Verhit die olie in ’n kastrol oor matige hitte en braai die ui en knoffel vir ’n minuut of twee. Voeg die klapper by en braai vir nog ’n minuut of twee totdat jy die klapper kan ruik. Voeg die rys by en braai saam totdat van die klapper en hier en daar ’n korrel rys effe begin verkleur. Voeg die aftreksel by en geur met sout. Roer een keer en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte, bedek die pot en laat staan en prut vir 15 minute. Skakel die stoofplaat af, maar moenie die deksel lig of roer nie. Laat staan vir nog 10 minute. Roer dit liggies met ’n vurk net voordat jy die rys in ’n opdienbak opskep.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa