Kuier

Voorblad: Drie soos familie ná 18 jaar op 7de Laan

Hulle was onder die groep akteurs wat amper twee dekades gelede die eerste tonele vir een van die land se gewildste sepies nóg geskiet het. En al voel dit soms soos ’n hele leeftyd gelede, kan hulle steeds nie genoeg van die Laan kry nie . . .

- DEUR Tarren-Lee Habelgaarn

Dit sit regtig nie in almal se broek om dieselfde karakter vir amper twee dekades op die kassie te vertolk nie. Trouens, dit klink na ’n bra vervelige werk. Maar vir drie van ons land se bekendste sepiesterr­e is dit ’n eer en ’n seëning dat hulle nog elke dag hul passie kan uitleef en saam met hul karakters kan groei.

Toe Vinette Ebrahim (Charmaine), Annelisa Weiland (Hilda) en Ingrid Paulus (Vanessa) almal 18 jaar gelede as deel van die oorspronkl­ike groep akteurs by die sepie 7de Laan begin werk, sou hulle nooit kon raai dat dit die fenomeen sou word wat dit vandag is nie. Nog minder het hulle gedink dat hulle so lank deel daarvan sou wees.

Sy ikoniese deuntjie, die karakters en plekke soos Oppiekoffi­e, Bruynwaves en die Terblanche mansion het wel oor die jare verander, maar Suid-Afrikaners volg steeds die lief en leed van die mense van Hillside getrou. Families kom al klokslag vir geslagte

7de Laan- tyd bymekaar om te kyk wat volgende in die Laan gaan gebeur. En al is van die karakters al so bekend soos familie, hou hul veranderen­de storielyne kykers steeds vasgenael.

Deesdae is dit die gebeure op almal se lippe dat van die karakters hulle agter tralies bevind. Maar dit is juis storielyne soos dié wat dinge, volgens Vinette (61), ook vir die akteurs interessan­t hou.

CHARMAINE is spesiaal

Vinette vertolk die rol van Charmaine sowel as die rol van haar mal en misdadige tweelingsu­ster, Vivian.

“Dit voel asof ek al ’n leeftyd op die program is. Ek het al baie interessan­te storielyne oor die jare gehad, maar Charmaine is baie spesiaal en sy is al deel van my. Wanneer jy ’n karakter vir soveel jare vertolk weet jy al ná ’n ruk presies hoe hulle iets sal sê, hoe hulle in ’n situasie sal reageer en hoe hulle beweeg,”sê sy.

“Maar dit beteken nie dat jou werk makliker word nie. Daar is gereeld gasakteurs en nuwe karakters wat inkom en dan moet jy eers aan hulle gewoond raak en dit maak dinge ook interessan­t. Jy moet vinnig kan aanpas en verander om teenoor ’n nuwe karakter te kan speel en dit kan ’n uitdaging wees, maar ek geniet dit vreeslik.”

Hoewel die saggeaarde Charmaine een van die mees geliefde karakters in die Laan is, sê Vinette sy was baie bly toe die skrywers vir Vivian inbring. Vinette raak sommer opgewonde wanneer sy oor Vivian as karakter begin gesels en sê dit is vir haar baie lekker om ook die rol van Vivian te vertolk. Sy is heeltemal anders as Charmaine en dis vir Vinette ’n lekker uitdaging.

mal oor uitdagings

“Dis ook lekker om die moederfigu­ur Charmaine te speel en daar het al baie in haar lewe gebeur, maar ek is mal oor Vivian. Sy is heeltemal die teenoorges­telde van Charmaine. Vivian veroorsaak net chaos en kom draai alles op sy kop. Dit is vir my so lekker om myself in hierdie karakter te kan inleef en met sulke geleenthed­e is elke dag ’n nuwe uitdaging by die werk.”

Vinette sê dit is vir haar veral ’n uitdaging om ’n karakter soos Vivian se voorkoms, lyftaal en manier van praat te verfyn. Sy het baie gehelp om Vivian se karakter te ontwikkel en sy wou seker maak kykers kon duidelik die verskil tussen Charmaine en Vivian sien.

“Dit was vir my baie belangrik dat mense nie moet dink dis dieselfde mens nie. Ek wou hê dat elke karakter hul eie unieke identiteit en persoonlik­heid moet hê. Vivian is mal en dit is vir my verskrikli­k lekker om haar karakter te vertolk.”

Vinette is al so ingeburger as die karakter Charmaine dat dit moeilik is om te glo sy het nooit beplan om aktrise te word nie. Trouens as 18-jarige was sy gereed om sak en pak Spanje toe te trek.

“Ongelukkig het my pa ’n groot hartaanval gehad net voor ek sou vertrek

Wanneerjy’n karaktervi­rsoveel jarevertol­k,weet jyalná’nrukpresie­shoehulle ietssalsê,hoehullein’nsituasies­alreageere­nhoehulle beweeg. VINETTE EBRAHIM Jyspandeer­ampermeert­ydmetjoute­levisie-familieasm­et jouregtefa­milie.Ditishoeko­monsalmalo­ordiejares­oos familievir­mekaargewo­rdhet. ANNELISA WEILAND

het en toe besluit ek om eerder tuis te bly. Ek berou glad nie daardie besluit nie, ek weet dit was die regte ding om te doen. Maar ek wonder wel elke nou en dan hoe anders my lewe sou uitgedraai het as ek wel op daai vliegtuig geklim het.”

DIs nie Speletjies nie

Annelisa (69) was 50 toe sy op die sepie begin werk het. Sy sê behalwe dat sy en Hilda albei ouer geword het en elke nou en dan ’n knertsie geniet, verskil hulle soos dag en nag. Tog geniet sy dit steeds ná al die jare om haar gewilde karakter te speel en is sy dankbaar om nog te kan werk.

Volgens Annelisa het mense in die bedryf aanvanklik neergekyk op sepieakteu­rs en teater as moeiliker en belangrike­r beskou.

Annelisa kom self uit ’n teater-agtergrond en het ook nie geweet wat om te verwag toe sy by 7de Laan begin het nie, maar sy moes vinnig leer dis nie speletjies om in ’n sepie te speel nie.

Sy sê dit is lang ure met verskillen­de kameras en jy moet vinnig kan aanpas en veranderin­gs maak. “As iemand nou vir jou vra om iets te verander, kan jy nie eens oefen nie. Dit moet onmiddelli­k gebeur en as jy nie op jou beste gaan wees nie, gaan jy die hele produksie terughou en in ons bedryf is tyd definitief geld. Elke sekonde is belangrik en ons moet ’n sekere aantal tonele per dag skiet,”sê Annelisa.

“Ons moet probeer om een en ’n half episodes ’n dag te skiet. Jy spandeer baie van jou tyd op stel. Jy spandeer amper meer tyd met jou televisie-familie as met jou regte familie. Dit is hoekom ons almal oor die jare soos familie vir mekaar geword het. Daar is min van die oorspronkl­ike span oor, maar ons is almal steeds baie na aan mekaar en almal op stel deel in mekaar se geluk en hartseer. Ons is daar vir mekaar en baie van ons hou ook daarvan om weg van die stel af saam te kuier.”

Annelisa sê die atmosfeer by die werk is altyd baie lekker, maar wanneer hulle werk, neem hulle dit ernstig op. Elke nou en dan kan hulle nie ophou lag nie, veral as iemand iets snaaks sê tydens ’n toneel of soos toe sy en Vinette eendag tydens ’n toneel vol bakpoeier was en toe later daarin begin verstik het.

Hoewel hulle dieselfde karakter elke dag speel, is daar altyd ’n nuwe situasie of toneel met iemand anders wat sorg dat dit nie afgesaag word nie. Dit hou dinge opwindend, vars en uitdagend.

Sy sê daar was nie regtig tyd om oor die afgelope 18 jaar verveeld te word nie en met Hilda se unieke sêgoed, serpe en resepte kan sy nooit die karakter as vervelig beskryf nie.

Selfs noudat Hilda ná Oubaas se verdwyning van haar serpe ontslae geraak het, is hierdie veranderin­g in Hilda se voorkoms en persoonlik­heid iets wat Annelisa as nodig beskou het.

“Dit gee mense die kans om ’n ander deel van Hilda te sien. Sy is meer ernstig en ek dink dit was nodig vir haar karakter nadat sy en Oubaas uitmekaar is. Maar vir jare was sy en Oubaas ’n eenheid en ek dink die nuwe voorkoms gee haar nou haar eie identiteit.”

VERANDER OOK

Soos die karakters oor die jare verander het, het die aktrises ook in hul persoonlik­e lewens verander. Vir Ingrid (39) is dit spesiaal om te sien hoe sy en haar karakter, Vanessa, albei oor die jare verander het.

Ingrid sê sy was maar 21 toe sy die werk gekry het en sy het aanvanklik gedink dit sou net ’n paar maande wees voor sy met haar volgende projek begin.

Hulle het almal aanvanklik kontrakte vir ses maande geteken en toe weer vir ’n jaar en voordat hulle hul oë kon uitvee, het daardie ses maande 18 jaar geword.

Ingrid sê nes Vanessa het sy oor die afge-

lope twee dekades grootgewor­d, getrou en ma geword. Sy het haarself leer ken en sy het in haar beroep gegroei. Vir Ingrid is die afgelope 18 jaar ’n ervaring wat sy vir niks sal verruil nie.

Sy moes storielyne vertolk wat hartseer en tragies is. Stories wat jou van binne raak en dan was daar stories wat jou gelukkig maak, maar deur alles het sy haarself belowe dat sy nooit werk saam met haar gaan huis toe vat nie.

Sy sê as aktrise is dit vir haar belangrik om haar alles op stel te gee, maar die oomblik wanneer sy die gebou verlaat, sny sy haarself af en maak sy seker dat sy al haar aandag aan haar man en dogter gee.

“Ek kan baie met Vanessa identifise­er. Soos my lewe verander het oor die jare, het dit dinge vir my ook makliker gemaak wanneer dit by my werk kom. Omdat ek en Vanessa albei vrou en ma geword het, was dit vir my makliker om saam met die karakter te verander en my eie ervaring te gebruik wanneer ek ’n sekere storielyn vertolk,” erken sy. Ingrid sê al dink baie mense dis maklik om ’n sepie-aktrise te wees, dink sy weer jy werk amper harder!

Volgens haar het die vertolking van Vanessa haar ’n sterker vrou gemaak omdat jy hare op jou tande moet hê. Sy sê mense moet ook nie dink die lewe op ’n sepiestel is glamorous nie.

“Dit was baie opwindend om deel van die oorspronkl­ike span te wees. Aan die begin was goed soos die aantrekkam­ers dalk nie fancy nie, maar vir ons het dit nie daaroor gegaan nie. Ons wou net iets nuuts skep. Ek was baie opgewonde om my eerste regte werk as aktrise te hê, want voor 7de Laan het ek vir ’n lang tyd by die puppet theatre kinders vermaak.”

Soos Annelisa en Vinette stem Ingrid saam dat dit wonderlik is om deel van die Laan-familie te wees en is die geheim om elke dag aan te pak asof jy daardie karakter vir die eerste keer speel. Jy moet altyd daaraan werk om jou toneelspel te verbeter en te ontwikkel.

Sy sê jy kan nooit te gemaklik voel nie en sy gebruik haar eie liefde vir televisier­eekse as inspirasie.

“Ek kyk baie TV, maar dit is nie altyd vir die lekkerte nie. Ek gee baie aandag wanneer ek televisie kyk en ek kyk alles van mini-series tot behind the scenes-pro-

OmdatekenV­anessaalbe­ivrouenmag­eword het,wasditvirm­ymaklikero­msaammetdi­e karakterte­verander. INGRID PAULUS

die toekoms

Op haar beurt is Vinette opgewonde om aan haar eerste fliek as vervaardig­er te werk. As deel van die nuwe projek gaan sy weer saam met haar 7de Laan- aanneemkin­d, Errol (Christo Davids), werk.

“Ek het Christo en Ingrid sien grootword en dit is vir my lekker om te sien hoe hulle elkeen oor die jare groei en nuwe dinge aanpak. Christo werk nou al vir ’n tydjie agter die skerms by 7de Laan en ek is baie opgewonde dat ons nou ook saam gaan werk. Ek sal ook die regisseurw­erk doen terwyl ek die fliek vervaardig. Dis iets opwindends en dit gaan ’n nuwe uitdaging wees.”

Annelisa sê deesdae geniet sy dit om meer tyd vir haarself te hê omdat sy nie elke dag meer op stel is by 7de Laan nie en slegs ingaan wanneer sy tonele het. Dit gee haar meer tyd om saam met haar familie en vriende te kuier en dinge te doen waarvoor daar nie altyd tyd is nie.

Sy is oorspronkl­ik van die Kaap en sê dit sal vir haar lekker wees om iewers weer terug Kaap toe te trek om nader aan haar familie en veral haar broer te wees.

Maar tot dan kry sy en haar kollegas dit steeds reg om ons elke week te skok, te frustreer en ons hartsnare te roer. gramme. Ek kyk na die akteurs se toneelspel. Ek kyk na hoe hulle die reeks skiet en hoe hulle dit vervaardig,”sê sy.

“Ek glo dit is belangrik vir mense in die vermaakbed­ryf om hulself te push en gereeld ’n kursus of twee te doen om hulself te ontwikkel. Ek sal graag as regisseur wil werk en ook meer ondervindi­ng in skryfwerk opdoenkry. Ek weet ek sal dit baie geniet en dit is iets waaroor ek opgewonde is,” sê Ingrid.

Sy voeg by iets wat haar bekommer, is haar dogter se tienerjare wat nou begin en dat dit lyk of Skye (13) deesdae meer tyd met haar man, Denver Vraagom, wil spandeer as met haar. Maar soos ’n ma maar doen, sal sy alles in haar vermoë doen om dié nuwe tydperk positief aan te pak en daar te wees deur die moeilike tye.

 ??  ?? HOOFFOTO: Vinette Ebrahim, Annelisa Weiland en Ingrid Paulus werk al vir 18 jaar saam op 7de Laan.
HOOFFOTO: Vinette Ebrahim, Annelisa Weiland en Ingrid Paulus werk al vir 18 jaar saam op 7de Laan.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa