Kuier

Aktueel: Rotte in Atlantis maak vrou se lewe hel

’n Rotplaag het inwoners van Atlantis so geteister dat die stadsraad moes ingryp.

- Deur Marteli Brewis

Min dinge is so afskuwelik soos ’n rot. Dis vuil, vol kieme en kan jou hele huis vernietig. En die mense van Avondale in Atlantis aan die Kaapse Weskus weet dit alte goed, want hulle loop die laaste paar maande erg deur!

Die mense vertel hulle moes omtrent bokspring om dié gediertes te vermy. Dit was amper soos ’n oorlog en die rotte het behoorlik oorgevat. Sakke rommel is snags oopgeskeur en vermorsel en die stank was onuithoudb­aar. Niemand was veilig teen die aanslag nie. Selfs nou dat die plaag onder beheer is, hang die reuk van dooie rotte soms nog in die strate en huise van die buurt.

Sonia Beukes (68) vertel sy leef steeds in vrees weens die rotte in haar woonbuurt. Volgens haar is sy steeds getraumati­seerd deur haar rot-ervaring wat langer as ’n maand aangehou het.“Dit het my hele lewe verander. Die rot het my besteel van my naam en alles wat ek het,”vertel sy terwyl die trane by haar wange afrol.“Ek rook nie, ek drink nie, ek is skoon en ek hou daarvan om ander mense gelukkig te maak. Ek kan nie verstaan hoekom dit juis met mý moes gebeur nie.”

Dit het alles begin toe Sonia snags snaakse geluide in haar plafon gehoor het.

“Dit was amper asof daar perde rondgehard­loop het, so hard was dit,”vertel sy. Sonia se huis – ’n plek wat eens vir haar ’n toevlug en ’n trots was – is nou ’n nagmerrie. Sonia vertel sy was altyd ’n baie sosiale persoon, maar haar pynlike beproewing met die rotte het veroorsaak dat sy nou amper ’n kluisenaar­sbestaan voer.“Ek wil nie eens meer buitentoe gaan nie, want almal weet wat met my gebeur het. Om myself te wees, is wat my gelukkig maak, maar ek is net ’n skaduwee van wie ek was. Ek het gevra vir hulp, maar dit het op dowe ore geval. Ek bly in ’n muisnes,”prewel sy.

Eendag het Sonia by haar huis se trappe afgestap toe ’n rot voor haar verby van haar toilet af na haar kombuis toe skarrel. Sonia het só groot geskrik dat sy by die trappe afgeval het. Sy het haarself ook al van skrik vuilgemaak. Sy het groot geskrik vir ’n rot so groot soos ’n dassie, vertel sy. Vir ’n maand kon sy nie in haar kombuis kook nie en ook nie eet soos sy moes nie. Die stank van rotbollie en uriene, asook die oorrompele­nde vrees vir hierdie

gediertes het gemaak dat Sonia glad nie in haar kombuis wou ingaan nie. Sy ly aan diabetes, hoë bloeddruk, artritis en het ’n hartproble­em en glo haar gesondheid het ’n ernstige knou gekry as gevolg van die intense spanning en die feit dat sy nie gesond kon eet nie.

soos ’n gevangene

Sonia vertel sy was vasgekluis­ter in haar slaapkamer, waar sy op brood en gekookte eiers oorleef het. Geen kos in haar huis was veilig nie. Die rotte het vinnig-vinnig klaargespe­el met plastiekho­uers om by haar two minute noodles en sop uit te kom. Hulle het selfs ’n gat in een van haar mure geknaag. Sonia se geyser is gebreek en baie aande het sy in koue water gewas omdat sy nie kans gesien het om water in die kombuis te kook ná donker nie.“Ek het altyd graag naaldwerk gedoen en uitgegaan, maar deesdae sit ek net lusteloos by die huis. Ek het nie krag vir enigiets nie, stel belang in niks,”vertel sy met ’n swaar hart.

Haar ervaring sal sy nie haar grootste vyand toewens nie. Al is die rotte sedertdien verwyder, is Sonia steeds vreesbevan­ge en verlaat nie sommer haar slaapkamer nie. Vir ’n maand ná die ontbering het sy elke dag haar huis van hoek tot kant geskrop, maar dit voel steeds vir haar vuil.

Sonia het arm grootgewor­d, maar hul huis was altyd skoon en netjies en dit is hoe sy vandag nog lewe. Selfs die gesondheid­sinspekteu­r wat haar onlangs besoek het, het gesê hoe mooi skoon haar plek is.

Die Avondale-area sukkel blykbaar al ’n geruime tyd met ’n rotplaag. Die munisipali­teit het blykbaar in ’n stadium gif uitgedeel, maar Sonia was nie daardie dag tuis nie. Kort daarna was dit amper asof al die rotte in die area by haar ingetrek het.

Sy het haar saak herhaaldel­ik by die omgewing se raadslid aangemeld, maar volgens haar het hulle tot op hede nog niks daaromtren­t gedoen nie. Die gesondheid­sinspekteu­r het blykbaar bespiegel dat die rotte gelok is deur ’n drein in die pad voor haar huis en besoedelin­g in die area. Sy voel omdat sy ’n pensioenar­is is, het haar klagtes nie aandag gekry nie. Uiteindeli­k het pesbestryd­ers gif vir haar gebring. Die rotte is nou weg, maar Sonia is nie oortuig dit is vir ewig nie.

Volgens die stadsraads­lid vir die noordelike area, Suzette Little, het die Stad se om- gewingsges­ondheidpra­ktisyns einde Mei ’n klagte ontvang oor rotte in Avondale en dieselfde dag opgetree. ’n Paar dae later het hulle nog ’n klagte ontvang van inwoners van ’n ander woonstelbl­ok in die area en ook spoedig opgetree. Hoewel daar oorspronkl­ik net twee klagtes was, het ’n deur-tot-deur intervensi­e tot nog tien klagtes daardie week gelei. Aangetaste eiendomme het gifaas (rotgif)-behandelin­g ontvang en praktisyns het ook gifaas in stormdrein­e gebruik. Volgens Suzette word elke twee weke opvolgbeso­eke afgelê en gifaas neergesit.

Suzette verduideli­k dat, op grond van die ondersoeke en inspeksies wat die omgewingsg­esondheidp­raktisyns gedoen het, het die probleem ontstaan as gevolg van onhigiënie­se toestande in van die agterplase. Daar word ook kos uitgelos op straathoek­e vir die honde van die area – iets wat beslis ook rotte en ander gediertes sal lok. Die gemeenskap is aangeraai om dit nie meer te doen nie.

Stadsraad se reaksie

Volgens Suzette bied die stadsraad ook, in hul stryd teen rotte, ’n een-tot-een diens waar die omgewingsg­esondheidp­raktisyns ’n assesserin­g van die area sal doen en advies gee oor hoe om die probleem te bestry. Gemeenskap­pe kan toegang kry tot hierdie diens deur hul plaaslike omgewingsg­esondheidp­raktisyn te kontak of om ’n rotklag by hul plaaslike munisipale kliniek in te dien. Die Stad Kaapstad moedig burgers aan om enige bekommerni­s of klag via die inbelsentr­um in te stuur by 0860 103 089.

Nathalie Leblond van Rentokil Initialpes­bestryders meen begrotings­besnoeiing­s, ’n tekort aan munisipale bronne, besoedelin­g, ’n toename van informele smouse, laer sanitasies­tandaarde en swak hantering van huishoudel­ike gemors dra alles by tot die probleem. Sy waarsku rotplae moet so gou moontlik hanteer word omdat dié gediertes baie vinnig aanteel. ’n Vroulike rot kan tussen agt en 12 kleintjies op ’n slag kry en tot sewe keer per jaar.

Jy kan gif of ’n valletjie by ’n supermark koop en probeer, maar maak egter seker jy volg die instruksie­s. As jy gif wil vermy, stel Nathalie voor jy keer dat rotte toegang kry tot jou huis, kos en/of water. Omdat knaagdiere se tande aanhoudend groei, hou hulle daarvan om hul tande korter te knaag.

Daar is egter een ding waardeur hulle nie kan kou nie – staalwol. Gebruik dit om enige gate toe te stop. Rotte hou nie van skoon huise nie, so spring sommer vandag nog aan die skrop. Hou kos in lugvaste houers sodat hulle dit nie kan ruik nie. Maak seker jou asblikke het deksels wat goed toemaak en verwyder gereeld tuinvullis. As jy steeds sukkel, kry ’n betroubare pesbestryd­er om te help.

Knaagdiere soos rotte is blykbaar verantwoor­delik vir meer sterftes as al die oorloë die afgelope 1 000 jaar!

Hierdie walglike gediertes dra ’n wye reeks siektes oor en hoef jou nie eens te byt om jou te besmet nie. Jy kan siek word van direkte én indirekte kontak met rotontlast­ing as jy byvoorbeel­d besmette water of kos inkry en dooie rotte hanteer. Van die siektes sluit in maagaandoe­ning, die plaag, tularemie, rot-lintwurms, rondewurms en rot-bytkoors. Rotte in die huis is dus moontlik dodelik.

Oor die algemeen is rotte ’n bekommerni­s in groot stede regoor die wêreld en sal nooit heeltemal uitgewis word nie as gevolg van die digte bevolking, groot hoeveelhei­d kosrommel en die afwesighei­d van roofdiere.

 ??  ?? Sonia wys een van die dooie rotte wat sy in haar huis in Avondale gekry het.
Sonia wys een van die dooie rotte wat sy in haar huis in Avondale gekry het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa