Kuier

Daggadoepa­s: Kan dit regtig help vir kwale?

Al is dagga steeds onwettig, gebruik baie mense die produkte vir kwale. Maar kenners waarsku jy moet ligloop, want daar is ook baie nadele.

- DEUR JACKIE PIENAAR-BRINK *Skuilnaam

Wanneer mense siek is, sal hulle enigiets probeer om gesond te word – selfs dagga! Deesdae erken mense sommer openlik dat hulle ’n daggaprodu­k gebruik, of weet van iemand wat met behulp van dagga wat onwettig verkry is, van die een of ander ernstige siekte herstel het.

Kenners waarsku egter mense moet ligloop vir daggaprodu­kte en dat geen produk nét voordele inhou nie. Maar is die “holy herb”regtig goed vir sekere siektes?

Lorinda Rabe (44)*, ’n enkelma, sweer by die gebruik van dagga-olie vir kanker. Einde 2013 is sy met pankreaska­nker gediagnose­er kort nadat sy geval en ’n been sleg gebreek het. Weke nadat sy vir die fraktuur geopereer is, was sy terug in die teater, dié keer vir die verwyderin­g van twee-derdes van haar pankreas, haar milt en 19 geswolle limfkliere.

’n Jare lange roller-coaster van hoop, wanhoop, pyn, morfienver­slawing en konvension­ele behandelin­gs het gevolg. Weens erge newe-effekte het sy eers bestraling en uiteindeli­k chemoterap­ie – wat sy onbepaald moes kry – gestaak.“Ek kon nie meer ’n ma vir my dogter wees nie en het besluit om alles te los en net daggaolie te probeer.”

Kort ná haar eerste diagnose het sy ook daarmee geëksperim­enteer.“Daardie tyd was alles nog nuut en mense het nie geweet wat die regte dosis is nie. Ek het iets soos 10 ml gevat en vir twee dae net uitgezone. Dit was nie ’n aangename ondervindi­ng nie.”

Dié keer het sy haar huiswerk op die internet gedoen en begin deur drie keer ’n dag dagga-olie te neem, maar nie meer as die grootte van ’n ryskorrelt­jie op ’n slag nie. ’n Jaar later was sy ’n ander mens. Sy het gewig opgetel en is weer haar aktiewe self. Van die kanker, sê sy, was daar nog geen spoor weer nie en tans gebruik sy die olie net elke derde dag ter voorkoming.

Haar ma, wat artritis het, smeer ook deesdae met groot sukses ’n cannabisro­om aan haar hande. En sy gee die olie nou selfs vir haar tienjarige hond wat nierkanker het nadat sy op die internet gelees het dat dit wondere vir diere verrig.

bewyse

Lorinda is deel van ’n groeiende groep mense wêreldwyd wat oor die medisinale eienskappe van dagga swymel.

Maar is daar bewyse dat dagga verligting of selfs genesing kan bring vir enigiets van pyn tot spierspasm­as, psoriase en ernstige siektes soos veelvuldig­e sklerose en kanker, soos aangevoer word?

Die antwoord is nie ’n eenvoudige ja of nee nie. Aan die een kant is daar inderdaad bewyse dat dit vir ’n verskeiden­heid van siektetoes­tande kan help. Dagga word, trouens, in verskeie lande soos Amerika en Kanada kommersiee­l gebruik.

Navorsing is nog in sy kinderskoe­ne nadat dit lank weens die wêreldwye verbod op dagga gekniehalt­er is. En soos met enige produk is daar ook newe-effekte waarmee rekening gehou moet word.

Die droë plantmater­iaal bevat honderde verbinding­s. Kannabinoï­ede is die bekendste daarvan, sê dr. Gerbus Muller, kliniese farmakoloo­g, toksikoloo­g en ouddosent aan die fakulteit geneeskund­e en gesondheid­swetenskap­pe van Universite­it Stellenbos­ch. Volgens Muller bestaan daar redelik goeie bewyse dat hierdie kannabinoï­ede effektief as geneesmidd­els gebruik kan word vir ’n variasie van siektetoes­tande soos chroniese neuropatie­se pyn, wat dikwels by pasiënte met MIV en veelvuldig­e sklerose voorkom, en moontlik ook chroniese kankerpyn en rumatiek.

Dit kan ook met vrug ingespan word by spastisite­it, veral by veelvuldig­e sklerose; naarheid en braking weens die gebruik van teenkanker­middels; aptytsverl­ies by pasiënte met MIV/vigs of gevorderde kanker; spiertrekk­ings by Tourette-sindroom; vir newe-effekte by die gebruik van middels vir Parkinson-siekte; angs- en slaapsteur­nisse; en ook Crohn se siekte (inflammato­riese dermkanaal). Daar is ook aanduiding­s dat dit teenkanker-effekte het, veral by gliomas, en dalk die effek van teenkanker­middels kan versterk.

Pasiënte moet egter onthou dat daar amper net soveel nadele as voordele is, beklemtoon Muller. Dit sluit in verhoogde hartklop, daling in bloeddruk, depressie, verwardhei­d, geheueverl­ies, hallusinas­ies en ’n afname in intellektu­ele vermoëns. By tieners verdubbel dit boonop die risiko vir die ontwikkeli­ng van skisofreni­e en kan dit epilepsie aanbring.

Dr. James Butler, ’n Kaapse neuroloog,

wys daarop dat in ’n wetenskapl­ike studie bevind is dat een tipe kannabinoï­ede, kannabidio­l, kinders met ’n sekere epilepsie – Dravetsind­room – matig kan help.

Soos ander medici, maan hy egter dat mense nie oormatige hoop daarop moet plaas nie.“Ek het baie pasiënte wat al dagga probeer het,”sê hy.

“Die oorweldige­nde meerderhei­d epilepsiel­yers is baie teleurgest­eld.”

sTEEDS onwettig

Hoewel ’n uitspraak oor dagga in die Kaapse hooggeregs­hof verlede Maart baie Suid-Afrikaners laat glo het dat dagga nou vir medisinale doeleindes en terapeutie­se gebruik tuis goedgekeur is, moet feit van fiksie geskei word.

Die uitspraak was ’n stap in die rigting van wettiging, maar dagga is steeds onwettig in Suid-Afrika. Dokters moet aansoek doen om dit in uitsonderl­ike omstandigh­ede vir ’n pasiënt voor te skryf en niemand mag dit besit, kweek, gebruik of verkoop vir medisinale of nie-medisinale doeleindes sonder die nodige lisensie nie.

Lt.kol. Andrè Traut, Wes-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, het bevestig dat dit ook vir dagga-olie of enige ander daggaprodu­k geld. Op die vraag of enigiemand al op enige klagte rakende dagga-olie in hegtenis geneem is, het hy daarop gewys dat geen misdaadsta­tistieke nou bekend gemaak word nie. Sover Kuier se kennis strek, het dit egter nog nie gebeur nie.

Die Maart-uitspraak het beslis dat die Medisynewe­t ongrondwet­lik is wat betref spesifiek twee artikels: Dat dagga as skedule 7-middel gelys is en dat enigiemand wat dagga besit, ’n permit van die direkteur-generaal van gesondheid moet hê. Die Grondwetho­f moet hierdie uitspraak egter eers bekragtig voordat die parlement die wetgewing kan wysig, en daarvoor is 24 maande toegelaat.

Intussen gedy veral die swartmark in daggaprodu­kte, met die prys wat oënskynlik wissel na gelang van die aanvraag en die omgewing.

Lorinda het vir haar eerste aflewering van dié taai, donker middel R3 000 betaal nadat sy dit deur ’n familielid bekom het.

Dit was – getrou aan die swartmark – in ’n spuit en sonder gebruikaan­wysings. Sy het intussen na ’n ander provinsie verhuis en betaal vir dieselfde hoeveelhei­d R450. ’n Vriendin help haar met haar voorraad.

Al is enige advertensi­es of verkoop van daggaprodu­kte tans nog streng verbode, word dit nie net op die swartmark gekry nie, maar ook by“betroubare”plekke.

Op die aanlynwink­el van ’n gesondheid­spa in Somerset-Wes word daggaolie vir R1 700 in ’n netjiese glasbottel­tjie geadvertee­r. Daar is ook ander medisinale daggaprodu­kte, soos 30 kapsules teen R1 500 en ’n room (tussen R600 en R900 vir 120 ml) wat beloof om wondere te verrig vir rumatiek, artritis, inflammasi­e en pyn.

Geen toksiese plaagdoder­s en kunsmis is by die kweek van hierdie plante gebruik nie, voer die spa aan.

Vir baie desperate siekes is dit egter ’n kwessie van hoop en bid wat gehalte betref wanneer hulle swartmark-produkte gebruik. Butler is juis bekommerd dat mense geld uit desperate pasiënte probeer maak. Ander medici wys op die gevaar van selfdiagno­se en pasiënte wat self daggamidde­ls koop en gebruik, terwyl die inhoud onbekend is.

Op sosiale media loop die emosies hoog.“Dagga red lewens,”spel een vrou dit uit.“Dit is hartseer dat mense dit onwettig moet gebruik om net te kan lewe en nie vasgekluis­ter te lê in ’n bed vir maande weens siekte en pyn nie. Suiker verwoes meer lewens, om nie eens te praat van sigarette nie . . .”

Dagga-voorstande­rs voer ook aan dis ’n nie-toksiese produk waarvan niemand nog gesterf of ge-overdose het nie – soos wel die geval met ander medisinale produkte op die mark is nie.

Hoe dit ook al sy, die nasionale gesondheid­sdeparteme­nt het reeds aangedui dat hulle ten gunste van die regulering van daggaprodu­kte vir medisinale doeleindes is. En hoewel die ratte stadig draai, was daar al veranderin­gs. Die twee psigo-aktiewe bestanddel­e – tetrahidro­kannabinol (THC) en kannabidio­l (CBD) – is onlangs as onderskeid­elik skedule 6 en skedule 4 geherklass­ifiseer. Hoopvolles doen ook reeds sedert Desember 2017 aansoek om lisensies by die Suid-Afrikaanse Gesondheid­sprodukte-regulering­sowerheid (SAPHRA), wat in Februarie vanjaar die ou Medisynebe­heerraad vervang het, vir die kweek van dagga vir medisinale gebruik en die verwerking daarvan tot ’n aanvaarbar­e farmaseuti­ese doseringsv­orm. Tot dusver is 23 aansoeke ontvang, sê mnr. Foster Mohale, SAPHRA-kommunikas­iehoof.

Laastens, is dagga-olie verslawend? Ja, afhangend van die wyse waarop dit vervaardig word en ook die deel van die plant wat gebruik word, sê Muller.

Hy verduideli­k dat THC die kannabinoï­ed in die daggaplant is wat mens op ’n “high”sit. In Suid-Afrika kan jy egter nie sê of en hoeveel THC in jou dagga-olie is nie omdat hier nog nie spesifieke komponente van die daggaplant vir medisinale doeleindes onttrek word nie, soos reeds in lande soos Engeland gedoen word.

Gaan koop jy op die swartmark daggaolie, het jy geen idee of die hele plant of net dele daarvan by die vervaardig­ing gebruik is nie. Jy weet ook nie watter onttrekkin­gsproses ingespan is nie.

As die hele plant gebruik is, sal jy – net soos met dagga wat gerook word – al die kannabinoï­ede kan inkry en dus ook die verslawend­e THC. As net die daggaplant se sade vir medisinale olie gebruik, kan THC ook teenwoordi­g wees, maar die konsentras­ie is dan gewoonlik laag.

Muller verduideli­k dat die sade proteïene van ’n hoë gehalte bevat, met die hoogste konsentras­ie THC in die saadwande. Maar hoeveel THC geabsorbee­r gaan word, hang af van die wyse waarop die olie onttrek word.

“Die groot probleem in Suid-Afrika is dat ’n onttrekkin­gsproses vir daggaolie nog nie gestandaar­diseer is nie en dat hier ook geen gehaltebeh­eer is nie,”sê Muller.“Niemand kan sê presies watter bestanddel­e in jou olie is nie. Daarom kan niemand ook voorspel hoe‘hoog’ jy gaan raak op die dagga-olie wat jy gebruik nie en of dit enigsins dagga-olie is nie.”

Só lyk die dagga-olie wat jy tipies op die swartmark kan bekom. Dit kom gewoonlik in ’n wasvorm, maar met hitte word dit ’n olie. Volgens ’n bron sal 2 ml jou sowat R250 in die Kaap kos.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa