Kuier

Inspirasie: Agtjarige maak naam op die gholfbaan!

Op agt is Traigh Pathon ’n klein pakkie dinamiet wat besig is om in gholfkring­e naam te maak.

- DEUR JACKIE PIENAAR-BRINK

Hy is net agt jaar oud, maar Traigh Pathon van Athlone op die Kaapse Vlakte het die swaai, houding en werketiek van ’n profession­ele gholfspele­r. Hierdie graad 2-leerder aan Wynberg Boys’Junior School – wat maar net 1,1 m in sy skoene staan – moker ’n gholfballe­tjie dat dit doer trek. En wanneer dit kom by ’n setperk lees: wel, mens kan waarskynli­k volstaan deur net te sê dat dit een van sy sterk punte is. “Fenomeen”, “wonderkind”, ’n“tweede Tiger Woods”, besing die plaaslike media reeds sy talent, terwyl ook die internasio­nale gholfgemee­nskap besig is om van hom kennis te neem. Hoewel dit ’n eer is om in dieselfde asem as Tiger Woods genoem te word, verkies pa David van Schalkwyk egter dat Traigh eerder vergelyk word met ’n plaaslike gholflegen­de soos Gary Player. Wat toevallig, nes Traigh, klein van statuur is. “Dis nie dat ek iets teen Tiger Woods het nie. Ek is gék oor hom as sportman en dink hy het geweldig baie vir gholf beteken. Ek is egter ook ’n baie groot fan van my eie land. Persoonlik droom ek daarvan dat Traigh uiteindeli­k Gary Player se rekord van nege Major PGA-oorwinning­s sal verbysteek,”sê sy pa. Traigh was maar vier jaar oud toe hy in sy eerste Suid-Afrikaanse toernooi gespeel het. In die kategorie vir vyf- tot sesjariges het hy ’n derde plek behaal.“En die res is geskiedeni­s,” lag David. Op sewejarige ouderdom was dit tyd vir sy eerste internasio­nale kompetisie, die Junior Afrika-kampioensk­ap wat in Augustus 2017 by San Lameer aan die KwaZulu-Natalse Suidkus aangebied is. Hier het hy weer derde geëindig, net een hou weg van ’n tweede plek. In Desember verlede jaar het hy aan die Maleisiese Junior Kampioensk­ap deelgeneem. Uit 24 seuns vanoor die wêreld het hy ’n gesamentli­ke sewende posisie behaal. Net twee maande later het hy in Johannesbu­rg by ’n kwalifiser­ende wêreldtoer­nooi vir juniors met ’n eerste plek in sy ouderdomsg­roep vir sowel die Europese Internasio­nale Kampioensk­ap as die Junior Wêreldkam---

Ons moet hom letterlik s meekom huistoe te gaan. T r ai g h is gek oor gholf en het’ n verstommen­de konsentras­ievermoë. DAVID VAN SCHALKWYK

pioenskap in Noord-Carolina, Amerika, gekwalifis­eer.

En onlangs het hy hom in Skotland bevind vir die Europese Kampioensk­ap, waar hy uit 54 deelnemers die negende plek gedeel het. Omdat hy onder die eerste tien was, het dit aan hom toegang gegee tot alle toernooie van die U.S. Kids Golf Tournament Players Associatio­n. Sy prestasies is omtrent ’n mondvol veral as jy sy ouderdom in ag neem.

Reeds as baba het David en Traigh se ma, Tiara Pathon, besef Traigh beskik oor ’n uitsonderl­ike hand-en-oog-koördinasi­e. Op ses maande het hulle hom na ’n baby gym en ook vir swemlesse gestuur, ’n kombinasie wat albei voel hierdie vermoë verder versterk het.

Terselfder­tyd is Traigh baie vroeg reeds aan gholf blootgeste­l. David en Tiara se ouers is ywerige gholfspele­rs. Met sy ouma en oupa se agterdeur wat aan die Rondebosch-gholfbaan grens, het Traigh letterlik op die gholfbaan leer kruip. Teen die tyd wat hy kon loop, het hy gereeld tydens David se oefenrondt­es ’n gholfstok beetgekry.

BEGIN VROEG

Op 14 maande het hy sy eerste gholfbal geslaan en van dag een af net die regte houding gehad.

“Kop af, al daardie dinge,”lag sy pa. Vier maande later het sy ouers vir hom ’n stel plastiekgh­olfstokke gekoop en het hy homself tot binne-in ’n Pampers-advertensi­e ingeswaai.

Op nagenoeg twee-en-’n-half het sy ouers vir hom ’n stel tweedehand­se gholfstokk­e aangeskaf. Dit was natuurlik hopeloos te groot, maar Traigh se entoesiasm­e het voortgeduu­r en sowat ’n jaar later het hulle in ’n tweedehand­se gholfstel spesifiek vir kinders belê.

Tans is hy die jongste lid van die Royal Cape-gholfklub in Wynberg en die River Club in Observator­y.

Hoewel Tiara nie in die minste in gholf belang stel nie, is sy getrou aan Traigh se sy wanneer hy twee keer ’n week vir byna ’n halfuur deur Keagan Beyer by die River Club afgerig word.

Hy was met sy eerste les nog nie eens vyf nie, wat duidelik as aansporing vir ander ouers gedien het om dieselfde pad te volg. Deesdae is daar heelwat kinders jonger as hy, vertel sy pa.

Wat Traigh egter van die ander onderskei, is dat hy ná elke les agterbly om vir maklik nog twee uur te oefen. Dis of hy oor hierdie vermoë beskik om oënskynlik moeiteloos tussen gholfspele­r en kindwees te wissel, vertel sy pa ooglopend verwonderd.“Ons moet hom letterlik smeek om huis toe te gaan. Traigh is gek oor gholf en het ’n verstommen­de konsentras­ievermoë. ’n Normale agtjarige sal verveeld word, maar hy kan maklik vir ’n uur lank net op die setperk fokus.”

GROOTSTE DROOM

Traigh probeer ook elke week een of twee rondtes gholf oor nege putjies inpas.

Dit alles verg uiteraard nie net toewyding van Traigh nie, maar ook van sy ouers. Tiara – medestigte­r van Dress for Success, ’n niewinsgew­ende organisasi­e wat vroue bemagtig – is tussen toernooie deur meestal aan Traigh se sy. Pa David, ’n voormalige profession­ele sokkerspel­er wat vir ’n IT-maatskappy werk, is weer caddie vir hul seun by kompetisie­s. Dat daar ook nog vier halfsussie­s is – twee elk uit David en Tiara se eerste huwelik – beteken dat hulle baie balle gelyktydig in die lug moet hou.

“Dis baie lekker om my pa as caddie te hê, al is hy nie so goed met setperke lees nie,”sê die donkerkopp­ie met die skaam glimlag.“Ons fight ook partykeer veral as ek ’n slegte rondte het.”

Traigh se grootste droom is om eendag op die PGA Tour te speel. Vir sy ouers bly dit egter ’n uitdaging om finansieel by te hou met toernooie die wêreld oor.

“Ons het nog nooit genoeg geld gehad om tydens toernooie naby ’n gholfbaan te bly of ’n voertuig te huur nie,”sê sy pa eerlik.

Skotland was aanvanklik nie ’n opsie nie, maar toe Turkish Airlines aanbied om vliegkaart­jies vir pa en seun te borg, het hulle die geleenthei­d aangegryp.

Gelukkig sien Traigh die humor raak in situasies wat ander jong deelnemers dalk negatief sou maak.

Die dag toe hy en sy ouers in Skotland noodgedwon­ge na die registrasi­epunt toe moes ryloop, sonder Traigh uit as een van sy snaakse gholfoombl­ikke tot dusver. “Ons was amper laat,”vertel hy. “Ná die registrasi­e moes ons die openingser­emonie bywoon en ons het ook nie ’n lift soontoe gehad nie. Ons moes deur ’n woud loop en dit het só lank geneem om daar te kom. Dit was snaaks en uitputtend.”

David en Tiara het met ’n crowdfundi­ng campaign op backabuddy begin om geld in te samel vir Triagh se deelname aan die Amerikaans­e Wêreldkamp­ioenskap, die Parys Ope en die Junior Afrika-uitdaging 2018, wat in San Lameer gehou gaan word.

Uiteraard is daar nie veel tyd vir Traigh om ander sport te beoefen nie. Hy neem wel aan landloop en atletiek op skoolvlak deel en eindig altyd onder die eerste drie en boonop is hy akademies baie sterk. Hoe sien sy ouers sy toekoms? “Ons neem dit een jaar en een event op ’n keer,”sê sy pa.

“Ons wil nie hê hy moet homself uitbrand nie en daarom kies ons net die werklik belangrike toernooie. Eintlik is hy weg van die gholfbaan maar net nog ’n seuntjie wat daarvan hou om PlayStatio­n te speel.” *Enigiemand wat wil help om Traigh by sy verskeie kompetisie­s te kry, kan www.backabuddy.co.za/champion/ project/help-traigh-get-to-africa-kidsopen-us-k besoek.

 ??  ?? HOOFFOTO: Traigh Pathon en sy pa, David van Schalkwyk, hou albei van gholf.
HOOFFOTO: Traigh Pathon en sy pa, David van Schalkwyk, hou albei van gholf.
 ??  ?? Op vier was Traigh al handig met ’n gholfstok.
Op vier was Traigh al handig met ’n gholfstok.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa