Kuier

Hoofkos: Maak smullekker bredies met ’n twist

Verdryf die winterkoue met ’n heerlike pot bredie. En as jy so ’n bietjie moeg geraak het vir die gewone bredierese­pte kan jy gerus hierdie disse probeer. Dit lyk op die oog af doodgewoon, maar daardie effense kinkel gee dit ietsie wat jou sal verras. Deu

-

ITALIAANSE FRIKKADELB­REDIE

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

Frikkadell­e

500 g mince 1 sny brood 1 klein ui, fyngekap of gerasper 1 knoffeltoo­ntjie, gekneus en fyngekap 1 eetlepel tamatiepas­ta ½ rooi soetrissie, wit gedeeltes en pitjies verwyder en baie fyn gekap 1 teelepel droë origanum Sout en varsgemaal­de swartpeper 1 eier, effens geklits ½ koppie koekmeel

Brediemeng­sel

3 eetlepels olie 3 middelslag­uie, fyngekap 3 knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap 3 koppies groenbone, gekerf 1½ rooi soetrissie, wit gedeeltes en pitjies verwyder en in repe gesny 1 x 400 g-blik tamaties, geskil en gekap ’n Handvol vars origanum, gekap 1 koppie beesvleisa­ftreksel Sout en varsgemaal­de swartpeper

METODE

Frikkadell­e: Plaas al die bestanddel­e, behalwe die koekmeel, saam in ’n groot mengbak en gebruik jou hande om dit goed te meng. Vorm frikkadell­e so groot soos tafeltenni­sballetjie­s. Giet die koekmeel op ’n plat bord en rol die frikkadell­e daarin. Plaas die frikkadell­e op ’n bakplaat of skinkbord wat met bakpapier gevoer is. Hou die frikkadell­e in die yskas terwyl jy die brediemeng­sel maak.

Brediemeng­sel: Verhit die olie in ’n swaarboomp­ot en braai die uie. Voeg die knoffel by en braai vir nog ’n minuut of twee. Voeg die bone, soetrissie, tamatie en origanum by en kook vir so 5 – 7 minute. Voeg die aftreksel by en geur met sout en peper. Bring tot kookpunt, bedek die pot en verlaag die hitte. Laat prut vir 10 minute. Samestelli­ng: Plaas die frikkadell­e in die brediemeng­sel, bedek die pot en laat vir 20 minute prut.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa