Kuier

Klimaatsve­randering: Só word die aarde té warm

Die aarde word ál warmer en dit laat ons almal in ’n penarie. Aardverwar­ming het verskrikli­ke slegte nagevolge vir alle lewende spesies en die voortbesta­an van ons planeet. Hier is alles wat jy moet weet.

- Deur Shirmoney Rhode

Het jy al gewonder hoekom die weer deesdae so deurmekaar is? Seisoene is nie meer dieselfde nie, daar is droogtes, oorstromin­gs en selfs ysbere wat verdrink! Dít is alles as gevolg van aardverwar­ming of klimaatsve­randering. Aardverwar­ming (global warming) verwys na die spoed waarteen die aarde se gemiddelde temperatuu­r styg en die gevolge daarvan. Die aarde het in die vorige eeu met gemiddeld 1°C warmer geword en hoewel dit nie soos baie klink nie, sal die veranderen­de klimaat ons weerstoest­ande baie meer onvoorspel­baar maak. Soos temperatur­e styg, sal sommige gebiede natter of droë word en baie diere (en mense) gaan dit moeilik vind om aan te pas.

WAT VEROORSAAK DIT?

Te veel koolstofdi­oksied in die atmosfeer is die grootste oorsaak van aardverwar­ming. Koolstofdi­oksied in die lug is egter noodsaakli­k vir alle lewe, want plante gebruik dit tydens fotosintes­e om suurstof te maak sodat ons almal kan asemhaal.

Wanneer koolstofdi­oksied en ander besoedelen­de gasse in die atmosfeer vrygelaat word, vang dit baie van die hitte vas wat die aarde uitstraal nadat dit hitte van die son geabsorbee­r het. Dit veroorsaak dat die aarde warmer word en dit noem mens die kweekhuise­ffek. Die besoedelen­de gasse in die atmosfeer word al hoe meer en aardverwar­ming al hoe erger soos ons byvoorbeel­d steenkool brand vir elektrisit­eit, industriël­e prosesse uitlaatgas­se vrystel en ons ontslae raak van plantlewe vir byvoorbeel­d geboue (ontbossing).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa