Kuier

Entreprene­ur: Kapenaar bou besigheid met stene

Hy moes al harde bene kou om sy besigheid te laat werk, maar danksy sy deursettin­gsvermoë pluk hy vandag die vrugte.

- DEUR Marteli Brewis

Almal het drome vir hul lewens, maar nie elkeen het die guts en vasberaden­heid om dit deur te voer en suksesvol te wees nie. Vernon Alexander (46) van Grassy Park buite Kaapstad het steen vir steen vir hom ’n standvasti­ge lewe gebou. Hy het vasgebyt deur armoede, onsekerhei­d en mislukking en vandag stap hy die pad van sukses.

Nie lank gelede nie, moes Vernon raap en skraap, maar vandag is hy die trotse eienaar van Superstone, ’n suksesvoll­e ondernemin­g wat plaveisel vervaardig.

Jare gelede het hy homself by ’n vorige werkgewer opgewerk tot ’n ontwerper, waar hy die klippe moes ontwerp en die gietvorms (moulds) daarvoor gemaak het. Intussen het hy saam met die eienaar van daardie ondernemin­g ’n plaveiselb­esigheid begin en Vernon het 30% hiervan besit. Saam het hulle onder meer die plaveisel by GrandWest Casino se kanaal geïnstalle­er. Ná ’n uitval, het hy besluit om te bedank en het vir ’n ander maatskappy, Revelstone, plaveisel-installasi­e gaan doen. Hier het hy die geleenthei­d gekry om sy werk by groot skoue soos Homemakers Expo en Decorex ten toon te stel.

Maak ’n begin

Net meer as drie jaar gelede het een van sy werkgewers aangebied dat hy ou gietvorms by hulle koop teen R30 000 sodat hy sy eie plaveisel kan vervaardig.

“Ek het dan nie eens R2 000 in my rekening nie!”was Vernon se eerste gedagte. Maar die saadjie was geplant.

Hy kon net nie ontslae raak van die idee van sy eie besigheid nie en besluit om dit met sy vrou, Trudie (49), te bespreek. Die paartjie het drie seuns. Tot vandag toe is sy Vernon se steunpilaa­r en hulle bespreek gereeld die besigheid. Vernon het besluit om oë toe te knyp, in te spring en te hoop op die beste en Trudie het om al die pad ondersteun.

Hy het met ’n plan vorendag gekom en ooreengeko­m om die gietvorms af te betaal. Hy het elke sent gespaar wat hy kon om die R10 000 deposito te betaal om die proses aan die gang te sit en die kontrak

te teken. Vir ’n jaar nadat hy sy besigheid begin het, het hy die kers albei kante gebrand – deur die dag het hy by Revelstone gewerk en saans en oor naweke by sy eie plek.

In ’n stadium het selfs sy tjommies, vrou en dié se anties ingespring om te help stene maak, want hy kon nie arbeiders bekostig nie.

Hy sal nooit die dag vergeet wat hy die gietvorms huis toe kon neem nie.“’n Hele bakkie vol moulds – dit het tot teen die dak gelê! My hele yard was net moulds wat ek self moes skoon krap,”onthou hy. Op daardie stadium het hy nog nie ’n perseel vir sy besigheid gehad nie. Uiteindeli­k het hy ’n plekkie gevind – eintlik net ’n vullishoop. Sy vrou het hom aangemoedi­g deur te sê“êrens moet jy begin!”Dit het hom meer as ’n maand en ’n paar duisend rand (wat hy nie eintlik gehad het nie) uit die sak gejaag om die perseel gereed te kry om te begin werk.

Deur die dag het Vernon nog gewerk, saans het hy en sy twee manne van die plaveisel-besigheid begin stene maak.

“Hier was niks – nie eens ’n dak nie. Hulle moes maar in die son werk aan die begin. Ek het begin met twee sakkies sement wat ons moes aanry met ’n kruiwa van die hardeware af, want ek het nie geld gehad vir nog nie,”erken Vernon. Die dag wat hy 10 sakke sement kon bekostig (teen R700), was een van die beste van sy lewe!

Geen uitdaging was ooit te groot vir Vernon nie. Die eerste keer dat ’n kliënt hom gevra het om ’n groot bestelling af te lewer, moes Trudie dadelik ’n lening by die bank aangaan sodat hy die volgende dag ’n bakkie kon koop om die stene af te lewer.

dit gaan moeilik

Elke dag moes Vernon geld vir die twee sakkies sement bymekaarsk­raap sodat sy werkers stene kon maak – dit alles sonder ’n enkele kliënt en geen waarborg dat iemand dit sal koop nie. Hy het gevoel as mense verbyry, moet hulle iets sien en dít was sy plan om kliënte te werf. Hy dink die meeste van die tyd was dit sy vrou se gebede wat hulle deur die dag gedra het.

Aan die begin het hy selfs ’n ou beach buggy wat hy gehad het, vir ’n vriend gegee in ruil vir ’n vrag sand en ’n vrag klip. Selfs sy vrou, wat by die polisie werk, se verjaardag­bonus is gebruik om sement aan te koop.“Skoolfooie was agter, ons fone was gesny, ek kon nie die taxi waarmee my kinders moes ry, afford nie. Partykeer het die krag afgeslat by ons huis, dan het ek nie eens ’n R10 vir elektrisit­eit nie. Elke maand moes ek skaam gesig uitstap en verduideli­k ’n R100 was te veel vir my,”vertel hy. In ’n stadium het hy selfs R50 by sy ma geleen om iemand te betaal.“En wat maak ek met my vrou se bonus? Ek koop sement – twee sakkies op ’n slag! Elke oggend moes ek sê ‘Skattebol, ek kort sementgeld’en dan gee sy maar,”lag hy.

“Ek onthou my eerste regte customer. Hy het ingekom met ’n sample van cobbles (klein stene). Ek het cobble moulds gehad, maar nie geld om dit te maak nie,” vertel hy. Hy het vir die kliënt ’n deposito gevra en hiermee het hy sement gekoop, van sy skuld by die huis probeer dooddruk en cobbles gemaak.“Dit het broekskeur gegaan. Ek kon net cobbles maak met die geld wat ek oorgehad het.”Só het Vernon aan die begin van sy besigheid gedurig hier gevat en daar gesny om die pot aan die kook te hou en sy besigheid te bou.

Hulle het stukkie-stukkie aangegaan. Mettertyd kon hy meer gietvorms bekostig en groter bestelling­s behartig. ’n Mens kan net een steen maak per gietvorm per dag, so hoe meer gietvorms jy het, hoe vinniger en meer stene kan jy vervaardig. Hy het ’n hele fabriek vol toerusting by ’n man van Somerset-Wes, Billy Carter Smith, gekoop en hom afbetaal met slabs en, wanneer hy dit gehad het, kontant. Vernon kon nie glo toe hy ná agt maande die hele R160 000 afbetaal het nie. Vernon meen sy groot geheim is dat hy nooit skuld gemaak het nie. In sy ervaring is dít wat die meeste entreprene­urs kelder. As hy nou terugkyk op die afgelope drie jaar, voel dit vir hom of alles net in plek geval het. Tog het hy baie op die spel geplaas en hard gewerk om uiteindeli­k sukses te behaal. Daar was baie tye van sukkel en swaarkry en niks het maklik gekom nie. Vandag, ná al sy swoeg en sweet, het Vernon drie persele wat plaveisel vervaardig. Dis steeds soms ’n stryd – sement alleen kos deesdae maklik R9 000 ’n week – maar Vernon glo genoeg in homself, sy vrou se vermoë om vir hom te bid en sy produk om dit te máák werk. En dís hoe Vernon beplan om Superstone verder te bou – een steen op ’n slag.

Ekhetbegin­mettwee sakkiessem­entwatons moesaanrym­et’nkruiwa vandiehard­ewareaf,want ekhetniege­ldgehadvir nognie. VERNON ALEXANDER

 ??  ?? HOOFFOTO: Vernon Alexander by een van sy drie persele waar hy stene vervaardig.
HOOFFOTO: Vernon Alexander by een van sy drie persele waar hy stene vervaardig.
 ??  ?? BO: Vernon se werkers maak stene. REGS: Een van Vernon se voltooide projekte. Die stene is alles deur Superstone, sy besigheid, gemaak.
BO: Vernon se werkers maak stene. REGS: Een van Vernon se voltooide projekte. Die stene is alles deur Superstone, sy besigheid, gemaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa