Kuier

Dr. Genine

Soek jy raad oor ’n mediese probleem?

-

Sere in kop Vraag WAT SAL HELP?

Beste Dokter. My meisiekind het seertjies in haar kop. Ek het iets by die kliniek gekry, maar dit het nie gehelp nie. Is daar enigiets anders wat ek kan gebruik? BEKOMMERD

Antwoord BESTE BEKOMMERD

Soos met enige mediese toestand wat behandel moet word, het ek baie meer inligting nodig en natuurlik moet ’n mediese ondersoek gedoen word.

Seertjies in die kopvel het baie oorsake. ’n Algemene oorsaak is ’n tipe allergiese ekseem. Sy kan allergies wees vir haarproduk­te soos byvoorbeel­d sjampoe wat hierdie reaksie veroorsaak.

Hierdie allergiese reaksie veroorsaak dan dat die beskermend­e vel kraak of skeur en ’n gejeuk veroorsaak. As dit gekrap word, kan die seertjies vererger omdat die skeure dan vatbaar vir kieme is. Hou haar naels kort sodat sy nie haar kopvel kan krap nie. Ander oorsake kan aansteekli­ke seertjies van êrens anders op die liggaam wees of selfs ’n ander persoon.

Dis ook belangrik om seker te maak dat jou dogter se immuunstel­sel sterk is. Dit sal goed wees as jy ’n dokter of verpleegku­ndige kan vra om siektes soos diabetes en ander verwante siektes uit te skakel.

Omdat die kopvel met hare bedek is, is dit moeilik om seertjies te behandel. Soms is dit beter om die hare kort te sny sodat dit makliker is om die kopvel met ’n antiseptie­se middel te was en dan salf aan te smeer. Kort hare sal ook verseker dat die kopvel meer suurstof en sonlig kry en dit sal help om die kopvel gesond te maak.

Indien die seertjies erg is, sal ’n antibiotik­a voorgeskry­f word. Neem haar terug na die kliniek en verduideli­k aan hulle dat die vorige behandelin­g nie effektief was nie.

Vraag LELIK EN NIE LUS NIE

Hallo, Dr. Genine. Ek het ophou menstrueer op 48 en wil absoluut niks weet van seks en french kissing nie. Ek wil ook nie hê my man moet aan my borste en vagina vat nie. Dit irriteer my geweldig. Ek gee nie om om nou en dan hande vas te hou nie. As ons wel seks het, is dit ontsettend pynlik al is ek nie droog nie. Ek kan nie die “gemors”hanteer nie en kla aanhoudend sodat dit kan klaarkry. Ek is omtrent 40 kg oorgewig en voel erg lelik. Hy wil altyd vir my kyk as ek kaal is en dit maak my gedaan. LUSTELOOS

Antwoord BESTE LUSTELOOS

Ek is regtig baie jammer dat jy deur so ’n onaangenam­e fase moet gaan. Miskien sal dit help as jy weet baie vroue gaan deur hierdie fase, maar baie min praat daaroor. Nie alle mans verstaan dit nie en dit vererger die trauma.

’n Mens kan baie van die simptome en tekens aan die oorgangsja­re (menopouse) koppel. Hierdie simptome en tekens kan egter ook as gevolg van ander onderligge­nde probleme wees. Daar is drie dinge wat ek aanbeveel:

1. Jy verwys na die feit dat jy oorgewig is en ook“erg lelik voel”. Maak ’n afspraak met ’n sielkundig­e sodat jy met iemand kan praat wat onpartydig en profession­eel is. Hierdie persoon sal vir jou advies en ondersteun­ing kan gee. Hy of sy kan selfs ’n ondersteun­ingsgroep vir verdere ondersteun­ing aanbeveel.

2. Gaan vir ’n ginekologi­ese ondersoek om menopouse te bevestig en dalk kry jy medikasie. Die ginekoloog kan jou na ’n dieetkundi­ge verwys nadat hy of sy ander mediese toestande uitgeskake­l het wat jou gewig kan beïnvloed.

3. Maak ’n afspraak met ’n sielkundig­e of huweliksbe­rader vir jou en jou man. Hy sal dalk in gesamentli­ke sessies kan verstaan waardeur jy gaan en ook andersom.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa