Kuier

Antie Val

Sukkel jy met jou liefdeslew­e? Hier is raad.

-

Vraag KINDERS IS KWAAD Antie Val, ek het verlede jaar iemand ontmoet. Dit is nou drie jaar ná my man se afsterwe. Hy is 20 jaar jonger as ek, maar ons gaan nou al ses maande saam wees. Ek werk in die Kaap, maar ons albei is van PE. Ons is baie gelukkig. Hy kom kuier gereeld vir my as ek op vakansie is en dan is hy 24/7 by my. My kinders baklei met my en hulle sê hy is net agter my geld en huis aan al bly hy in ’n beter woonbuurt as ek. Hulle is drie dogters en almal getroud. Hoekom moet hulle so lelik met my wees? Dit is mos nou nie asof ek met die man gaan trou nie en hulle weet die testament is klaar opgestel. MOEG Antwoord BESTE MOEG Ek hoop regtig nie hy sien jou net as sy sugar mommy nie. Ek weet age is nothing but a number, maar soms moet jy die nommers reg uit die boom kyk voordat jy kies. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek sê nie daar is fout om gelukkig te wees met iemand wat jou gelukkig maak nie. Wat julle gemeen het, weet net julle alleen. Hy hou miskien van ouer vroue en jy van jonger mans en daar is glad nie fout daarmee nie. Maar wees waaksaam. Moet net nooit dat enigiemand jou iets laat doen waarvoor jy nie reg is nie. Die feit dat jou kinders nie gelukkig is met hom nie, sê alles is nie pluis nie. Hulle wil maar net hul ma beskerm. Praat mooi met hulle en verseker hulle jy gaan nie wilde besluite maak en als weggooi nie. Jy verdien ook geluk, maar vat net dinge stadig. Vraag MAL OOR HAAR MEISIE Ek is ’n lesbian en baie verlief op my meisie. Ek het al ’n kind, maar ek stel al vir baie lank in meisies belang en kom al deur baie van hulle. Nou het ek iemand gevind oor wie ek mal is, maar ek is bang sy val weer vir ’n man en dan verloor ek haar. Hoe weet ek sy is die een en hoe hou ek haar vir myself? VERLIEF Antwoord BESTE VERLIEF My liewe mens, soms bevind jy jou oor die verloop van tyd in ’n paar verhouding­s totdat jy die een vind wat jou asem wegslaan.

Noudat jy verlief is en haar nie wil verloor nie, voel dit asof jy nie heeltemal in beheer is nie. Dit kan nogal scary wees, maar dis heel normaal. Hoe langer jy jouself aan die verlede herinner, hoe langer hou jy jouself gevange. Jou partner sê dan sy is lief vir jou en jy vir haar. So los die verlede, fokus op die hede en die toekoms.

Dit kom vir Antie voor asof jy ’n klein bietjie insecure is. Werk daaraan en wees gelukkig en positief oor alles en almal in jou lewe. Dit is nie altyd maklik nie, maar die verhouding sal net van krag tot krag gaan as julle albei die harde werk insit en eerlik met mekaar is. Niks en niemand sal tussen julle kan kom as die band van liefde sterk genoeg is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa