Kuier

KuierCoach

Wanneer jou geliefde te behep is met homself en jou nie in ag neem nie, kan hy dalk aan narsisme ly. DEUR SYDENE CLOETE

-

Verhouding­s moet liefde, respek en begrip weerspieël. En dit moet met iemand wees wat jy met alles binne jou vertrou. Iemand wat voor jou kan loop wanneer jy leiding nodig het en wat jou genoeg vertrou om agter jou te loop wanneer jy beter insig het oor die pad vorentoe. Maar hoe gemaak wanneer jou maat jou selfvertro­ue, selfrespek en menswees vertrap? Wat as hulle jou verkleinee­r en blameer vir alles wat fout is en skeefloop? Wat as hulle die middelpunt van alle belangstel­ling móét wees?

Iemand kan vol van hulself wees, maar as hulle diegene om hulle moet afdruk om te wys hulle is beter as ander, kan jou geliefde dalk aan narsisme ly. Dis ’n dramatiese persoonlik­he idsafwykin­g waarmee talle ’n stryd voer.

WAT IS NARSISME?

Loveyourse­lf enoughtokn­ow whentoletg­o.

Narsisme is ’n versteurde beeld van die self. ’n Oormatige belangstel­ling in die eie-ek, wat gepaard gaan met karakterei­enskappe soos uitermatig­e selfsugtig­e en selfgese ntreerde gedrag, iemand wat floreer op aandag en bewonderin­g.

Hul onvermoë om ander se gevoelens te begryp, lei daartoe dat hulle nie simpatie en empatie kan hê nie. Kenmerke en karaktert eienskappe: Verwag spesiale behandelin­g. Die idee dat hulle beter as ander is. Oordryf hul belangrikh­eid, kwalifikas­ies en bekwaamhei­d.

Erg sensitief en ’n neiging om gou seergemaak en verwerp te voel.

Vind dit moeilik om gesonde verhouding­s te handhaaf.

Droom gedurig oor hul sukses, mag en voorkoms. Misbruik ander sonder gewete. Glo net sekere mense verstaan hul uniekheid. Emosies kan onstabiel en intens wees. Reageer skerp op kritiek met vernederen­de woorde.

Soek gedurig lof en versekerin­g van vaardighed­e en/of voorkoms.

Hou daarvan om met mense met hoë profiele te meng.

Hulle voel hulle is spesiaal, verdien net die beste en assosieer hulle net met ander “spesiale”mense.

Beny en vergelyk hulself met ander en voel ander se sukses kom hulle eintlik toe.

Blameer ander omdat hulle nie suksesvol is nie. Tree anders in die publiek op as privaat. Finansieel onverantwo­ordelik. Vind dit moeilik om te ontspan. Hou nie van alleen wees nie. Toon tekens dat hulle mishandel was.

WAAR KOM DIT VANDAAN?

Narsisme spruit uit ’n lae selfbeeld en diepe gevoel van onsekerhei­d.

Maar binne hul selfgeskep­te wêreld, ís hulle mooier en beter as almal en is almal rondom hulle verantwoor­delik vir die dinge in hul lewe wat nie volgens plan verloop nie.

Hoewel dit onduidelik is wat presies aanleiding tot dié persoonlik­he idsafwykin­g gee, meen kenners dit hou verband met omstandigh­ede tydens die kinderjare soos hoë verwagting­e, oormatige pamperlang, verwaarlos­ing, verwerping of mishandeli­ng. Lyers daarvan raak soms verslaaf aan dwelms in ’n poging om die werklikhei­d te ontsnap. Hulle is geneig om depressief te word wat dikwels met selfmoord gedagtes en -praatjies gepaard gaan. Wat staan jou te doen as ’n slagoffer? Besluit wat jou pad vorentoe is. Evalueer die situasie en besluit of jy in die verhouding gaan bly. As jy dit aan die begin van ’n verhouding agterkom, maak dat jy wegkom. As jy bly, volg die volgende riglyne: • Stel duidelike grense en bly daarby. • Tree met selfvertro­ue op. • Klou vas aan jou selfrespek. • Moenie hulle probeer anders oortuig of verander nie. •

Moenie uitgelok en ingetrek word deur manipulere­nde gedrag nie. • Sluit aan by ’n ondersteun­ingsgroep. • Kry profession­ele hulp. • Moet niks doen ten koste van jouself nie. Narsisme kan nie genees word nie, maar dit kan beheer word deur langtermyn­b ehandeling in samewerkin­g met ’n kenner.

Narsisme kan net gediagnose­er word deur ’n profession­ele persoon soos ’n sielkundig­e of psigiater.

Jy moet egter onthou dat gesonde selfliefde nie narsisme is nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa