Kuier

Wat die hart van vol is

Wanneer ’n geliefde sterf, kan jy jou altyd troos met die herinnerin­ge, al is dit deur tegnologie. deur Keith Meyer

-

Soms kan tegnologie die hart se snare so tokkel dan dit jou op ’n duisend reise van herinnerin­ge vat. Soms scroll ek deur my selnommers of Facebook-vriende van die laaste jare. Dan kom ek af op nommers en profiele van vriende op wie die aarde reeds sag rus. Mense sê mos hulle sal wat ook al gee om vir hul geliefdes nog ’n paar dinge te sê. Maar ek laat nie op my wag nie en laat my geliefdes weet wat in my hart aangaan.

Soms stuur ek nog vir my ontslape mentor, Boeta Mel (Melvin Whitebooi), ’n inboks as ek raad nodig het oor die gedrukte media. Hy het sowaar alles van koerante af geweet. En glo my dis asof hy soms antwoord wanneer ek stil raak en my hart oopmaak vir die fluisterin­ge van my gestorwe vriende.

Dan is daar my oud-skoolhoof en politieke raadgewer. Meester het altyd sy selfoon geantwoord as ek iets wou weet. Advies en rigting het hy altyd gegee en aangedui. Hy was nie op Facebook nie, maar vir hom sal ek ’n SMS stuur – al behoort sy nommer seker al aan iemand anders. ’n Draai by sy graf en ’n vinnige geselsie asof ek met hom oor die selfoon praat, doen my ook goed.

Om deur my selfoonkon­takte te blaai, is elke keer vir my soos ’n opehartope­rasie.

Ek sny tot op elke aar en senuwee wat my die lewe gee. Want tog het my oorle geliefdes ’n groot impak op my lewe gemaak. Hulle is deel van my. Hoe lui die spreekwoor­d? “Yster slyp yster, so slyp die een vriend die karakter van ’n ander.”

En die gedagte dat ek nooit weer met my ma kan praat nie, maak nog seerder. Maar ek weet ons het ’n spiritual connection. Dit is iets wat geen geld of tegnologie kan koop nie. Menige aand het ek die middernag-olie in my oorle ma se huis gebrand. Ek“bel”haar nog gereeld op

Ek het hom sommer nou weer’ n SMS gestuur. Dis’ n moet om kontakte hou met spesiale mense, a lis hulle nie meerhierni­e.

Easter en vra hoe sy haar kerrievis gemaak het. Want die pers en geel kerrievisb­ak wat ek by haar geërf het, word nog jaar ná jaar gebruik om ons kerrievis in te lê.

My beste buddy se naam begin met“R” en as ek daar in my kontakte kom, dink ek aan hoe hy was. My hele lokasie het hom ook sommer “Buddy” genoem. Ek het hom “Blessings” genoem. Hy was daai ou wat altyd die blessings met sy worsrollet­jies uitgedeel het.

Die grapjas wat gesorg het dat niemand met stres besmet sou word nie. Ek wonder wat hy sou dink van die polonie-besmetting wat die land getref het. Ek mis sy insig en sy trefwoorde wat ’n hele lokasie laat skaterlag het.

Ek het hom sommer nou weer ’n SMS gestuur. Dis ’n moet om kontak te hou met spesiale mense, al is hulle nie meer hier nie.

En mens, moenie dat dit by hul verjaardae kom nie en die einste Facebook herinner jou aan vriende se verjaardae wat lank nie meer met jou kan celebrate nie.

Wie ken daai gevoel van hartseer, van wonder of jy op die vriend se timeline ’n verjaardag­wens moet skryf?

Want kyk, jy weet daardie vriend is alreeds drie jaar daar waar hy of sy verjaarda gkersies met die engele doodblaas, maar mens kan nie help om begeerlik te wees nie.

Iemand het nou die dag aanbeveel dat Facebook ingelig moet word as iemand oorlede is sodat hulle die profiel kan afhaal.

Aikôna. Moet ’n mens dan so gou gedwing word om te vergeet?

Ander sê weer mens moet ’n sielkundig­e gaan sien om met die dood te kan deal, om ontslae te raak van die nostalgie. Dis dan al wat ons van ons mense oorhet – hul nagedagten­is.

Dit vat net ’n paar knoppies se druk om hulle aanlyn uit te wis. Maar my hart is egter te klein om al ons herinnerin­ge saam uit te wis.

Ons het ons lewens met mekaar gedeel – in goeie en slegte tye. Ek kry dit nie oor my hart om hul nommers te delete of hulle te unfriend nie. Nostalgie het nog altyd my hart ’n beklemming gegee.

Die ouer geslag wil mos soms baie min met tegnologie te doen hê. Maar dis darem goed vir een ding. So dis darem nie te sleg nie. Ek kan daarmee lewe.

En as ek daar sit met al my herinnerin­ge dan troos ek maar: Memories don’t leave like people do . . .

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa