Kuier

MITES OOR VERKOUE EN GRIEP

-

Volgens dr. Susan Louw, patoloog by National Health Laboratory Service (NHLS), is daar baie mites oor griep en verkoue. Hier is die topvyf: •

Mite 1: Jy kan verkoue kry van koud kry en uitgaan met nat hare: Mense is geneig om meer siek te word in die winter. Dit is nie omdat dit koud is nie, maar omdat hulle meer tyd in die huis deurbring. Virusse kan dan maklik van een persoon na die volgende oorgedra word. •

Mite 2: As jy nie koors het nie, is jy nie aansteekli­k nie: As jy verkoue het, is jy die meeste aansteekli­k in die eerste twee tot drie dae, of jy nou koors het of nie. •

Mite 3: Griep is nie so ernstig nie: Griep is gewoonlik nie so ernstig nie en jy kan beter word sonder medikasie. Maar tussen 6 000 en 11 000 SuidAfrika­ners sterf elke jaar daarvan.

Mite 4: Die enigste manier om gesond te bly, is om siek mense te vermy: Dit is nie heeltemal waar nie, want mense kan aansteekli­k wees sonder om enige simptome van die siekte te toon. •

Mite 5: Jy kan griep kry van die griepinspu­iting: Die virus wat griep veroorsaak, is ’n lewendige virus, terwyl die inenting gemaak word van ’n dooie virus. Newe-effekte soos seer spiere en effense koors is ’n moontlikhe­id, maar dit is die reaksie van jou eie immuunstel­sel op die dooie virus. Susan meen die beste manier om jouself teen griep en verkoue te beskerm, is om ’n griepinspu­iting te kry en goeie higiëne toe te pas. Dit sal help om gereeld hande te was, siek mense te vermy, gebruikte tissues weg te gooi en gereeld werksopper­vlaktes skoon te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa