Kuier

GRIEKSE SPINASIERY­S

-

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

500 g vars spinasie, goed afgespoel, wit gedeeltes en stingels uitgesny en gesnipper Sap van ½ suurlemoen 1 ui, fyngekap 3 eetlepels olie 1 teelepel droë mint 1 eetlepel vars dille, fyngekap 1 koppie rou rys 3 koppies warm water Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak Feta-kaas en suurlemoen­skyfies vir opdiening (opsioneel)

METODE

Verhit 1 eetlepel van die olie in ’n groot pan. Plaas die spinasie saam met die suurlemoen­sap daarin en roerbraai totdat die spinasie verwelk het. Haal die pan van die hitte af en hou eenkant. Verhit die res van die olie in ’n swaarboomk­astrol en braai die ui daarin tot sag en deurskynen­d. Voeg die spinasie, mint, dille en die rys by en roerbraai vir ’n minuut of twee. Giet die warm water by en geur met sout en peper. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en bedek die pot. Laat vir 20 minute liggies prut of totdat die rys gaar en die vloeistof weggekook het. Bedien met suurlemoen­skyfies en fetakaas.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa