Kuier

TUNA-EN-RYSOONDSKO­TTEL

-

Genoeg vir 6 BESTANDDEL­E Tunamengse­l

3 eetlepels botter 1 x 250 g-houer wit knopiesamp­ioene 1 selderysti­ngel, gekap 1 middelslag ui, fyngekap 2 opgehoopte eetlepels koekmeel 2 koppies warm melk 1 teelepel sout ’n Knippie rooipeper 2 blikkies tuna, gevlok en gedreineer 2 koppies gaar wit rys ½ koppie cheddarkaa­s, gerasper

Bolaag

2 eetlepels cheddarkaa­s, gerasper 1/3 koppie broodkrumm­els 1 eetlepel botter, gesmelt

METODE

Tunamengse­l: Verhit botter in ’n groterige kastrol en braai uie, seldery en sampioene daarin totdat uie sag en deurskynen­d is. Roer meel deur en kook vir ’n minuut of so. Haal die pot van hitte af en roer warm melk geleidelik by. Roer sout en rooipeper by. Plaas pot weer terug op stoofplaat en roer totdat sous begin dik word. Meng tuna in ’n mengbak met rys en kaas. Voeg sous by en meng goed. Skep in ’n oodvaste bak wat liggies met botter gesmeer is.

Bolaag: Meng al die bestanddel­e vir die bolaag en bedek die tunamengse­l daarmee. Bak in ’n voorverhit­te oond van 200°C vir ongeveer 30 minute of totdat die bolaag goud van kleur is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa