Kuier

Getuienis:

Vrou gebruik God se genade om ander te help

-

Vir Magdalene Blankenber­g (48) is die vrywillige werk wat sy in die Stellenbos­ch-gemeenskap van Cloetesvil­le doen soos ’n bediening. Sy het al soveel keer by die dood omgedraai, maar is elke keer deur die Here uitgespaar. Nou is haar doel om te wys hoe goed God se genade is deur haar medemens te help.

“Die Here het my soveel kanse gegee in die lewe,”sê Magdalene terwyl sy vertel oor al die terugslae waardeur die Here haar al gehelp het. Sy het al vier beroertes gehad en met die derde een in 2011, het sy sonder om te kan praat of loop in die hospitaal gelê.“In daai tyd was ek al by die Here,”vertel sy oor hoe sy herstel het.“Die hand van die Here was oor my. Somtyds verstaan dokters nie die hand van die Here nie. Hulle moet iets diagnoseer. Ek kan net die Here die eer gee vir wat daar met my gebeur het.”

In die hospitaal het Magdalene langs ’n vrou gelê wat probeer selfmoord pleeg het. Sy het toe ’n begeerte gehad om die vrou te help.“Ter wille van my kinders wou ek so graag lewe. Ek het vir die Here gebid om my net te kan laat praat sodat ek die vrou oor Hom kan vertel en vir haar kan sê ‘ek wil lewe’. ’n Vriend het vir my kom bid en ek het regtig uitgeroep na die Here.”

Wil graag lewe

Magdalene kon die lewe in haar bene begin voel en daarin slaag om te mompel dat die vrou nader moet kom.“My tong was nog dik, maar ek het vir haar gesê‘die Here is lief vir jou’. Sy het my gekyk en gesê,‘Antie ken nie my omstandigh­ede nie’. Toe sê

ek vir haar ek wil so graag lewe.‘Die Here is lief vir jou’. ”Magdalene het dit daar gelaat en is later na ’n ander saal oorgeplaas.

Volgens Magdalene het die vrou haar opgesoek voordat sy uit die hospitaal ontslaan is.“Sy het vir die ander mense in die saal gesê wat die Here vir my gedoen het. Sy het gesê,‘hoe dié vrou was toe sy ingekom het en waar sy nou is, is glad nie dieselfde nie. Hierdie vrou het my na die Here toe gelei en ek is nie spyt dat ek haar ontmoet het nie’. ”

Dit was nie die eerste en sou ook nie die laaste keer wees dat die Here vir Magdalene sou uitspaar nie. Sy is 12 jaar gelede met baarmoeder­kanker gediagnose­er waartydens haar baarmoeder verwyder is. Sy het ook in September verlede jaar ’n hartaanval tydens ’n vriendin se begrafnis gehad. Haar beroertes het almal ná die sterfgeval­le van haar ma, pa en broer gevolg.“Elke keer as die dood gekom het, kon ek nie daardie verlies hanteer nie.”By haar vriendin se begrafnis verlede jaar moes sy iets sê oor haar omdat Magdalene ook ’n leier in die kerk is.“In haar het ek opregte liefde gevind. Ek kon weereens nie die verlies hanteer nie en het in die hospitaal met ’n hartaanval beland.”

Magdalene, ’n ma van drie volwasse kinders, het ’n liefde en passie vir mense. Sedert sy nege jaar gelede by die plaaslike polisiekan­toor se victim empowermen­t program, of traumakame­r, aangesluit het, het haar lewe onomkeerba­ar verander.

Vandag is sy die koördineer­der van die traumakame­r en sal nie haar werk in die gemeenskap vir enigiets verruil nie. By die traumakame­r kry sy baie te doen met vroue wat mishandel is of wie se kinders verkrag is. Sy gebruik soms haar eie ervaring om mense te help. Sy is as agtjarige kind deur ’n familielid gemolestee­r, het op 15 met haar eerste kind swanger geword en het op 19 met haar eksman getrou.

Haar eksman het haar fisiek en emosioneel mishandel en toe sy haar familie vertel van die mishandeli­ng, was haar ma se woorde aan haar“jy het jou bed gemaak, so jy moet daarin lê,”vertel Magdalene.

“Die Here connect my altyd met mense wat deur ’n soortgelyk­e seer gegaan het. Ek het nie die ondersteun­ing gehad wat ek vandag vir ander vroue gee nie. As jy deur sulke goed gaan en jou ondersteun­ingstelsel by die huis is nie reg nie, dan is dit baie seer,”sê Magdalene terwyl trane oor haar wange loop.

Deur wat sy vir ander doen, het Magdalene haarself uit haar eie seer“gecounsel”. Daar is egter nog dae wat sy siek of af voel.

“Dan sê ek vir my kinders ek gaan heeldag lê. Maar dis amazing hoe die Here met my werk en sê dit is nie tyd vir lê nie. Hy het my uit beroertes en baarmoeder­kanker gevat en dan lig Hy my weer op. Dan klop iemand aan my deur wat ek moet help of die polisie bel met een of ander geval. Dit is my sterkte en dit gee my die dryfkrag om te sê,‘Here ek wil. Dankie vir die genade wat U my nou gee om op te staan’, ”sê sy met oortuiging.

dis nie maklik nie

Dis egter nie altyd maklik nie, vertel Magdalene.“Daar is altyd ’n stryd vir wat ek wil bereik.”Vir haar gaan dit nie oor erkenning nie, maar om vir ander te wys hulle kan opstaan uit hul omstandigh­ede, maak nie saak wat dit is nie.

Magdalene is al verskeie kere vereer vir die werk wat sy in die gemeenskap doen. Sy het al verskeie werkswinke­ls bygewoon en opleiding in onder meer traumabera­ding ontvang. Sy is veral passievol daaroor om ander vroue op te lei en te bemagtig.

Volgens haar het almal ’n verantwoor­delikheid om ’n verskil te maak in hul gemeenskap­pe.“Mense dink altyd dit moet kom van ’n politieke of kerkleier. Jy moet jou eie leier wees.”

Magdalene sê sy wil ook haar eie pyn eenkant sit om vir ander mense ’n lig te wees.“Om net te glo en vir mense te sê daar is ’n God en Hy sal nie iets op jou pad sit wat jy nie kan hanteer nie. Ek moes die goed deurgaan sodat ek ’n stem kan wees vir ander vroue wat nie daai in hulle het om uit hul omstandigh­ede te kan kom nie.”

Sy gee alle eer aan die Here vir wat sy alles bereik het.“Die beroertes maak ’n mens vergeetagt­ig, maar die Here is so aan my kant wanneer ek dinge aanpak.”

Magdalene is ’n getuie van hoe goed God se genade is en hoe Hy ’n mens deur enigiets kan deurdra. Sy plant nou die goedheid wat Hy vir haar gewys het, voort deur haar gemeenskap onbaatsugt­ig te dien.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa