Kuier

Voorblad:

Denise Newman maak haar hart oop

-

Die aktrise, Denise Newman (64), is al vir jare deel van ons lewens. Deesdae vermaak sy ons op die kassie as Bridgette October in die kykNET-sepie Suidooster. Sy is al so ’n bekende gesig in die meeste SuidAfrika­ners se huise, dit voel of jy haar ken. Trouens by haar aankoms by ons gebou vir die fotosessie groet iemand,“Hallo, Denise,” asof hulle ou vrinne is. Dan gryp sy ’n foon en begin kliek.“Kyk, dis Vince en Xander se ma!”fluister iemand anders weer.

Ja, vertel Denise, soms bring sy haar karakters huis toe. Soveel so dat haar dogters moet vra,“Wie praat nou, Bridgette of Denise?”

die ‘regte’ denise

Maar vir hierdie onderhoud is dit beslis die regte Denise wat ons vrae beantwoord: Wat sou jy gedoen het as jy nie ’n aktrise was nie? Ons het almal daardie een ding wat ons moet doen in die lewe en as ons dit vind, begin die lewe sin maak. Ek was baie geseënd om myne te ontdek en te beoefen. Dis vir my die mees fantasties­e ding om werk toe te gaan. Dis steeds my talent en my passie en verskaf my eindelose vreugde. Daar is niks anders wat ek eerder sou wou doen nie. Ek was vroeg in my lewe ’n maatskap- like werker, maar het gou besef dit is nie vir my nie. Jy is veronderst­el om emosioneel onbetrokke te bly en dis iets wat ek nie kon regkry nie. Ek het elke keer gehuil as ek ’n hartseer storie gehoor het.

Daar was eendag ’n vrou wie se tweede man haar drie dogters gemolestee­r het. Sy kon hom egter nie los nie, want sy het nêrens heen gehad om te gaan nie. Toe ek haar nie kon oortuig nie, het dit my hart gebreek. Ek dink as ek nie ’n aktrise kon word nie, sou ek ’n onderwyser gewees het. Ek is mal daaroor om my vaardighed­e vir ander te leer! Wat is die vreemdste ding wat ’n fan al ooit gedoen het? Dit het al ’n paar keer gebeur dat ek in ’n restaurant is en iemand my luidkeels roep om na hulle toe te kom. Nee. As jy met my wil gesels, kan jy die moeite doen om na mý toe te kom. Dis nie omdat ek dink ek is sturvy nie. ’n Ander ding is wanneer mense, sonder enige waarskuwin­g vooraf, my persoonlik­e spasie binnedring. Ek sal byvoorbeel­d in die winkel wees en dan sal iemand my ewe skielik bespring en ’n drukkie gee. Eerstens skrik jy wanneer iemand jou onverwags vasgryp. Ek is lief vir my fans, spandeer graag tyd met hulle en waardeer hul ondersteun­ing. Maar mense moet verstaan dat ons ook slegte dae het, soms haastig is en ander kere net tyd saam met ons families wil

deurbring. Van vorige Asseblief bladsy respekteer dit. met Ek mense, neem maar graag hou foto’s dit saam by een tyd ook en verstaan nodig. ek het my eie Hoe stem jy en Bridgette (van Suidooster) ooreen? Jy bring baie van jouself wanneer jy ’n karakter vertolk. Ons verskil baie, maar ons is albei mal oor ’n glas rooiwyn en ek sal dit baie geniet om soos sy inkopies te doen! Bridgette het vurig lief, soos ek. Maar ek is nie so onseker, needy en neuroties soos sy nie en ek is beslis ’n beter ma! Watter tipe mense maak jou woedend en met watter Suidooster- karakter sou jy beslis gereeld kopgestamp het in die “regte lewe”? Oneerlike mense, mense wat ander seermaak, mense wat nie ander respekteer nie of wat needy is. Hulle krap my om. So ek sou beslis vir Bridgette vermy het as ek haar ooit in die“regte lewe”moes ontmoet. Ek is lief vir haar, ek oordeel haar nie, maar ek sal nooit met haar kan vriende wees nie! Hoe bly jy kalm as jy kwaad is?

Volgens my kinders en my skoonma “flits”my oë, dán weet jy! Ek haal diep asem. My man, Clive, het my geleer jy kan nie jou woorde terugvat nie, so dink voor jy praat. Haal diep asem en wanneer jy kalm is en jy wil dit steeds sê, dan kan jy. Hoekom werk jou huwelik? Ons ken mekaar al 46 jaar (van 1972 af) en Clive komplement­eer my totaal en al.

Ons was vir amper agt jaar vriende voordat ons begin uitgaan het. In die Maart van 1980 het ons besluit om te kyk of daar ’n romantiese spark tussen ons was. Teen Desember daardie jaar was ons getroud! Hy is nie bang om die sensitiewe, New Age man te wees nie. Hý is die een wat ingespring en die potte aan die kook gehou het, kinders versorg en hare gevleg en doeke omgeruil het terwyl ek my loopbaan uitgekerf het.

Van die begin af was dit duidelik dat ons mal is oor mekaar en dat daar nooit iets sal wees wat ons nie sou kon uitsorteer nie. Ons gee mekaar die ruimte om onsself te wees. Ek moes leer wat reg is vir my, is nie noodwendig reg vir iemand anders nie en kompromie is nie ’n vloekwoord nie! Gee vir iemand die ruimte om hulself te wees. Stem saam om nie saam te stem nie en beweeg aan. Kan jy die eerste keer onthou toe hy jou gesoen het? Ons het die fliek Helter Skelter gaan kyk oor Charles Manson. Ná die tyd was ek heeltemal uitgefreak dat iemand so evil kon wees. Clive het my vertroos en my daardie aand die eerste keer gesoen. Ses dinge wat elke vrou moet doen: • Wees betyds, anders mors jy net tyd. • Doen die moeite. • Hê ’n goeie, positiewe houding. • Leef met passie. As jy hou van teken of brei, doen dit. As jy hou van stap, doen dit. Moenie net probeer survive nie. ’n Lewe sonder vreugde of passie is nie die moeite werd nie. • Wees voorbereid. • Doen ekstra. Wat is jou irriterend­ste eienskap? My sterkste en swakste eienskap, is eerlikheid. Ek sê eerder niks as wat ek ’n leuen vertel. Tog is ek versigtig – ek probeer om nooit negatief te wees of iemand af te breek nie, maar probeer eerder positiewe, opbouende woorde gebruik. Wat maak jou 60’s sexy en tot watter belangrike insigte het jy oor die jare gekom? Ek dink dis om jonk van gees te wees. Die vermaaklik­heidsbedry­f forseer jou ook om na jouself te kyk – jou voorkoms is deel van jou produk. In jou twintigs en vroeë dertigs probeer jy ander mense tevrede stel. Op 35 het ek besef ek hoef nie meer

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa