Kuier

Nuwe speurhoof:

Sy verlede help hom om werk te doen

-

Die nuwe Wes-Kaapse speurhoof, generaal-majoor Jeremy Vearey (55), is ’n maklike geselser. Hy praat baie met sy hande, kyk ’n mens in die oë terwyl hy praat en tuur in die verte as hy diep dink.

Jeremy vertel hy is twee maande gelede in sy nuwe pos aangestel ná ’n lang arbeidsgev­eg.“Dit was maar politiek. Ek is ’n opgeleide speurder veral in die georganise­erde misdaad en bendes, dis nou my kos. Ek is ook ’n moordspesi­alis. Behalwe daai is ek opgelei as intelligen­sie-operateur, so ek kan mense oplei in koverte insypeling. Ek bestuur mense, dis my dag tot dag werk, klomp dockets en dan gee ek rigting.”

Met soveel ervaring agter sy naam, klink hy na net die man om die onlangse kindermoor­de op die Kaapse Vlakte te help ondersoek.

Wat hom opval, sê Jeremy, is die ouderdom van die verdagtes.“Dis mense in hul twintigs. Dis nie daai reeksmoord­enaar- prentjie wat jy in die movies kry waar die moordenaar­s baie ouer is nie,”

Volgens Jeremy moet dit in konteks gesien word, veral as jy in ag neem dat gesinsgewe­ld die grootste bron van geweld op die Kaapse Vlakte is.

“As ons op ’n Vrydagaand in ’n van uitgaan, gaan ons na meer klagtes van gesinsgewe­ld as bendegewel­d uit.”

Volgens hom is een van die gevolge van die erge gesinsgewe­ld dat kinders sien hoe grootmense konflik hanteer – met geweld. Hulle word dus deur hul rolmodelle, hul ouers, gesosialis­eer om konflik op ’n gewelddadi­ge manier te hanteer.

kindermoor­de

“Voor ons kom by ’n 17-jarige kind wat ’n kindermoor­d pleeg, moet ons kyk na die sosialiser­ing. Waarvandaa­n kom daai?”Hy meen dit hang saam met dit wat ’n jong kind as normaal beskou.

Dit moet nog ontleed word, maar hy meen armoede is ’n groot faktor.“Hier- die tipe ergere kindermoor­de gebeur in ’n sekere tipe gebied waar daar ergere armoede is, waar 20 gesinslede in een huis woon. Geen normale kind is veilig in sulke omstandigh­ede nie, jy weet, waar kinders op die straat loop speel nie. Die risiko’s vir kinders is veel groter.”

Dis juis daarom dat Jeremy dink die gemeenskap moet betrokke raak en meer doen om hul kinders te beveilig.

“Daar was ’n ons-kind-julle-kind-benadering toe ek grootgewor­d het, al was daar bendes. Jy was ’n gemeenskap­skind. Dis nie meer daar nie. Mense wil agterna gaan march en ’n campaign begin.”Dan meen hy daar moet na die materiële omstandigh­ede gekyk word.“Beknopte behuising is nie ’n gesonde omgewing nie. Beter behuising is nodig. Dis waarin belê moet word.

“Die oplossing lê daar. Dit lê nie vir my by die polisie nie. As jou kind deur ons hande kom, dan het julle almal gefaal. Jy, die skool, die kerk, die gemeenskap, julle’t almal gefaal en dis hoe die kind by my

uitgekom het op 20- of 24-jarige ouderdom.”

SY BOEK

Sy outobiogra­fie, Jeremy vannie Elsies, het onlangs verskyn. Volgens hom het hy omtrent drie jaar aan die boek geskryf, hoewel dit nie ’n beplande proses was nie.

Jeremy sê sy ma, Annette Vearey, het hom geïnspiree­r om te skryf.“My ma het vir my geleer arm mense is die sout van die aarde. As sy verbyloop en sy hoor ons praat van ’n film wat ons in die Panorama bioscope gesien het, dan sê sy:‘Julle’t ook lewens wat baie meer ryk is.’’’

Sy het ’n trots by hom ontwikkel om stories te vertel.“As ons praat, as ons bymekaar sit in die jaart, dan praat ons oor wat in die Elsiesrivi­er, in Tiervlei gebeur het. Ek het maar altyd ’n behoefte gesien, ons moet trots wees op ons eie stories.”

Sy besluit om die boek in Afrikaans te skryf, was vanselfspr­ekend, sê Jeremy.

“In die aktivisper­iode van die 80’s, as ons vergaderin­gs toe gaan, moes ons letterlik goed vertaal. Die keuse om dit in Afrikaans te skryf, kom van daai agtergrond en ook nou, veral met die hele taaldebat, is daar amper ’n tipe van denial dat Afrikaans ooit ’n stryds- en aktivistaa­l in die sewentiger­en tagtigerja­re was.

“Net om die storie daar straight te maak, kom ek beskryf vir jou ’n wêreld waar Afrikaans ’n strydtaal was en dit normaal was vir ons. Dat dit nie net ’n UWK-taal was nie, ’n akademiese Stellenbos­ch-tipe van taal was nie, maar ons het slagspreuk­e geskree in hierdie taal, ons het geteoretis­eer in hierdie taal, ons het dialekties geredeneer, baie filosofies.”

Lees Jeremy ook misdaadver­hale? Nee, sê hy.“Ek hou nie van speurverha­le nie, behalwe Deon Meyer.”

Hy vertel dis ook danksy sy ma se invloed dat hy nie self in ’n bende beland het nie.

“My newe het ja, baie van hulle. Kyk ek het in ’n toksiese situasie grootgewor­d: my oupas, my ooms het gevoel jy moet jou man staan. My ma het ’n heel ander manier gehad. Praat oor ’n ding. Praat is die oplossing vir konflk. Hoewel sy baie militant was in haar werk as shop steward. Terwyl my oupa-hulle se manier was, slaat tot die bloed loop en dan, oukei, dan skud ons hand.”

Jeremy sê hy het ’n alternatie­we manier geleer om die soort situasies te hanteer. In die 80’s was veral kerkorgani­sasies ’n vangmat. Vir hom was die Morawiese kerkjeugve­rgaderings ’n redding.

BENDE-kundige

Maar hy ken die wêreld van bendes en hoe dit gemeenskap­pe raak.

Hy vertel hoe hy deur die hof geakkredit­eer is as ’n bende-kundige.“Dis ’n kombinasie van ’n tipe kennis wat uit Elsiesrivi­er kom waar ek grootgewor­d het en my aanhouding in die laat 80’s ingevolge artikel 29 vir terrorisme. Voor ek gevonnis is, was ek en ’n ander MK-lid die enigstes wat ooit ons artikel 29 binne-in ’n krimineel gevonniste deel van ’n gevangenis deurgebrin­g het. Met ander woorde daai drie tot ses maande het ons onder nommer-ouens deurgebrin­g.

“In dié tyd, toe Madiba vir ’n tyd by Pollsmoor was, was ons ook daar. Die bendes het toe ’n heel ander siening van ons ontwikkel en ons as soldate begin sien. Die nommers het hulself beskou as ’n weerstands­beweging en hulself dus half in dieselfde lig as ons gesien.”

Só kon hy nader aan die 26-, 27-, 28-bendes begin beweeg en kennis oor hulle opdoen.

“Dis hoe ek hul drie dialekte geleer het. Ek kon dit praat. Dit het my goed te staan gekom in my intelligen­sietyd, want ek kon verstaan presies wat hulle sê in later jare. Dis hoe ek later vir Rashied Staggie gevonnis gekry het in die 90’s.”

Hy is later gekies om as lyfwag vir Nelson Mandela opgelei te word.

“Ons was die eerste linie voor hy met die res van die wêreld verkeer het.”

Jeremy sê hy het veral verdraagsa­amheid by Madiba geleer.

Jeremy sê by die huis is hy nie die generaal-majoor nie; sy vrou, Bernice Roeland, is. Dit is iets wat sy ma en ouma hom geleer het.

“Hulle is prominent, nie ’n oupa of ’n pa nie. Ek het van kleins af geleer jy aanvaar die gesag van ’n sterk vrou se stem.”

Hy sê sy seuns is twee kante van hom en sy vrou.“Hulle het hul ma en my verdraagsa­amheid op ’n sekere manier. Die jongste klong, hy is 16, is baie sportief. Hy gaan nou Rusland toe. In spoedklim is hy een van die beste in sy groep. My oudste seun is 20 en by UCT.”

Hy en sy vrou, ’n oud-onderwyser, is ywerige lesers en het hul kinders ook só grootgemaa­k.

* Jeremy vannie Elsies deur Jeremy Vearey, uitgegee deur Tafelberg, is nou te koop teen R270.

Indiétyd,toeMadibav­ir’ntydbyPoll­smoor was,wasonsookd­aar.Diebendesh­ettoe ’nheelander­sieningvan­onsontwikk­elen onsassolda­tebeginsie­n. JEREMY VEAREY

 ??  ?? HOOFFOTO: Jeremy Vearey is die Wes-Kaap se nuwe speurhoof.
HOOFFOTO: Jeremy Vearey is die Wes-Kaap se nuwe speurhoof.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? REGS: Jeremy se outobiogra­fie, Jeremy vannie Elsies. ONDER: Hy het ook as lyfwag vir Madiba gewerk.
REGS: Jeremy se outobiogra­fie, Jeremy vannie Elsies. ONDER: Hy het ook as lyfwag vir Madiba gewerk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa