Kuier

Inspirasie:

Dowe paartjie durf die lewe saam aan

-

Wendy Dirks (32) en haar man, Kurt (33), het baie in gemeen. Dié paartjie van Bellville is albei doof gebore, maar het nooit toegelaat dat dit in hul pad staan nie. Hulle het altyd uitgestyg en beoog nou om ander te inspireer as finaliste van Mevrou en Meneer Dowe Suid-Afrika.

Volgens Wendy skree baie mense wanneer sy hulle vertel sy is doof. Dis egter nie nodig nie, sê Wendy. Sy vra net dat hulle altyd in haar gesig kyk wanneer hulle praat. Hoewel sy kogleêre inplanting­s in albei ore het, is haar gehoor glad nie 100% nie en maak sy baie staat daarop om mense se lippe te lees wanneer hulle praat. ’n Mens sal nie sommer haar inplanting­s agterkom nie, omdat haar hare grootliks oor haar inplanting­s hang. Kurt se gehoor is beter as Wendy s’n, maar is steeds nie so goed soos jou of myne met sy gehoorappa­rate nie.

“Daar is verskillen­de vlakke van doofheid,”verduideli­k Kurt. Dit kan moeilik wees vir gehoorgest­remdes om aan te pas en veral om te leer praat. Van hulle praat glad nie en maak net van gebaretaal gebruik, sê Kurt.

Wendy en Kurt se ouers wou egter hê hulle moes leer praat. As die enigste dowe in haar gesin, was Wendy se ma, Theresa Hendricks, aan die begin nie seker hoe sy haar gaan grootmaak nie. Terwyl haar ma as ’n verpleegst­er in ’n hospitaal gewerk het, het sy ook deeltyds onderwys studeer.

Vandag is sy al 25 jaar ’n gebaretaal­onderwyser by Wittebome skool vir dowes in Wynberg, Kaapstad.

“Sy het my egter na ’n skool gestuur waar gebaretaal nie gebruik word nie. Sy was bang dat ek nie sou praat nie en wou nie hê ek moes gebaretaal leer nie,”vertel Wendy. Sy is doof gebore omdat haar ma breinvlies­ontsteking opgedoen het terwyl sy swanger was met haar. As jy vir Wendy sê jy sukkel om soms uit te maak wat sy sê, neem sy glad nie aanstoot nie.“Jy moenie bang wees om my te vra om iets te herhaal nie. Daar is baie dowes wat nie heeltemal duidelik praat nie.”

ma leer hom praat

Kurt se ma, Violet Dirks, se gehoor het geleidelik verswak terwyl sy in haar middeltwin­tigs was. Hy is heeltemal doof gebore, maar kon van die begin af gehoorappa­rate dra.

Die rede vir hul doofheid is geneties, maar die presiese oorsaak is nie vasgestel nie, vertel Kurt.

Sy ma was ook vasbeslote dat hy moet praat en hy het regdeur skool spraak- en gehoortera­pie gekry. Sy ma, wat ’n kogleêre inplanting gekry het nadat sy Wendy ontmoet het, het hom ook leer praat.

Hy het vir ’n jaar ’n hoofstroom­skool in Athlone waar hy grootgewor­d het, bygewoon, maar sy ma het hom uitgehaal.“Sy was bang vir my part. Wat as ek grootword en ek cope nie? Dit het haar beter laat voel om my in ’n skool vir dowes te sit.”Beide Wendy en Kurt het egter goed aangepas.

Volgens Wendy sou die lewe meer uitdagend gewees het indien hulle geleidelik doof geword het.“Ons is doof gebore. Ons lewe ’n normale lewe. Wanneer ek inkopies doen en ek hoor nie wat iemand sê nie, vra ek hulle om te herhaal,”sê sy. Kurt sê al wat hulle vra, is ’n bietjie geduld.

“’n Dowe is soms nie eens bewus dat iemand met hulle praat nie. Wanneer ons nie op mense reageer nie, kan dit lyk asof ons hulle ignoreer.‘O, het jy met my gepraat? Wat het jy gesê?’Dit is belangrik om altyd die persoon se aandag te kry. Ons moet altyd vir mense kyk wanneer hulle praat.”

Wendy en Kurt moet ook altyd vir mekaar kyk wanneer hulle praat en dit laat jou wonder of dit die rede is hoekom hulle oënskynlik dolverlief is. Wendy sê egter hulle is nes enige ander paartjie. Die twee het mekaar in 1999 by Dominican Grimley skool vir dowes in Houtbaai ontmoet, in 2006 begin uitgaan en in 2014 getrou.

Hulle sê hulle gaan waarskynli­k met ’n gesin in die toekoms begin en het alreeds navraag hieroor gedoen.

“Daar is byvoorbeel­d ’n moontlikhe­id dat ons kinders nie gehoorgest­remd gaan wees nie, maar húl kinders kan dalk wees. Dit het iets met die gene te doen.”Die twee is egter nie hieroor bekommerd nie, omdat hul eie ouers hulle so goed grootgemaa­k het.

Wil ander inspireer

Hulle het besluit om vanjaar vir Mevrou en Meneer Dowe Suid-Afrika in te skryf om ander te inspireer. Albei het die finale ronde bereik wat in Oktober plaasvind. As deel van die kompetisie, samel hulle geld vir liefdadigh­eid in.

“Nie baie mense ken of verstaan ’n dowe nie. ’n Dowe het soms ook nie baie vertroue in hulself nie. Wanneer hulle miskien vreemdelin­ge ontmoet, is hulle teruggetro­kke en soms nie eens in staat om net ‘hallo’te sê of te vra dat die persoon stadiger praat nie.”Daarom, sê Kurt, om deel te neem aan die kompetisie gaan nie net om“te model en goed te lyk nie”. Hy sê dit gaan daaroor om ’n ambassadeu­r te wees vir iemand wat dalk nie genoeg moed het nie.“Net omdat jy doof is, beteken nie jy kan nie ’n normale lewe lei nie. Ja, jy het ’n gestremdhe­id, maar dit beteken nie jy kan nie voluit lewe nie. Almal het struikelbl­okke, ons moet deurdruk. Ek kan nie van mense verwag om te probeer as ek self nie probeer nie.”

Dis presies wat beide Wendy en Kurt gedoen het. Kurt doen kliëntedie­ns by ’n groot bank en is verlede jaar aangewys as die topprestee­rder van dié bank in die Wes-Kaap.“Harde werk is altyd die moeite werd.”Hy sê van sy kliënte is selfs geskok wanneer hulle hoor hy dra gehoorappa­rate. Baie van hulle dink dis bluetooth.

“Hulle is verbaas omdat hulle gewoond is dat dowe mense gebaretaal gebruik.” Hy sê die sleutel is letterlik om te luister na die kliënte.“Om te luister is ’n belangrike vaardighei­d wetend dat jy reeds ’n gehoorgest­remdheid het.”

Wendy doen fotografie op ’n vryskutbas­is en het kwalifikas­ies in fotografie en radiografi­e. Sy sê die kompetisie gaan ’n goeie geleenthei­d wees vir haar om ander te wys dat sy enigiets kan doen en om ander te help. Sy besef sy was gelukkig om haar mediese fonds in 2002 te oortuig om vir haar eerste kogleêre inplanting te betaal. Die kostes per inplanting beloop omstreeks R200 000 en omtrent R40 000 vir ’n gehoorappa­raat. Die koste eindig egter nie hier nie. Sy moet elke drie dae haar batterye vervang en sê dis ’n probleem wat baie dowes ervaar. Daarom gaan die meerderhei­d van die geld wat hulle as deel van die kompetisie insamel vir dowe skole en liefdadigh­eidsorgani­sasies.

As jy Wendy en Kurt vir die eerste keer ontmoet, sou jy nie sê hulle is gehoorgest­remd nie. Dis omdat hulle nog nooit toegelaat het dat hul gestremdhe­id hulle terughou nie en wil nou ander dowes wys dat hulle ten spyte hiervan ’n normale lewe kan lei.

 ??  ?? HOOFFOTO:, Wendy en Kurt Dirks is albei doof gebore en al vier jaar getroud.
HOOFFOTO:, Wendy en Kurt Dirks is albei doof gebore en al vier jaar getroud.
 ??  ?? LINKS ONDER: Kurt en Wendy neem aan Meneer en Mevrou Dowe SA deel. MIDDEL: Hulle moet altyd vir mekaar kyk wanneer hulle praat. REGS: Kurt wys Wendy se kogleêre inplanting.
LINKS ONDER: Kurt en Wendy neem aan Meneer en Mevrou Dowe SA deel. MIDDEL: Hulle moet altyd vir mekaar kyk wanneer hulle praat. REGS: Kurt wys Wendy se kogleêre inplanting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa