Kuier

The Shack Builder:

Man bou ordentlike shacks vir armes

- DEUR elmarine anthony

Quinton Adams (48) het nog altyd ’n passie vir sy medemens gehad en hom beywer om hul lewensgeha­lte te verbeter. Dit het alles begin toe hy as negejarige Paaseiers aan behoeftige­s uitgedeel het en die afgelope 16 jaar werk hy as navorser en akademikus in informele nedersetti­ngs.

Quinton, oorspronkl­ik van Heidelberg in die Wes-Kaap, was diep geraak toe hy op 7 Junie 2017 die informele nedersetti­ng Freedom Farm naby Belhar in Kaapstad besoek.

Dit was te midde van die ergste storm wat die Kaap in 30 jaar getref het en hy moes die impak op die inwoners ondersoek. Die dak van een van die inwoners se shacks was totaal verwoes en al hul besittings was nat.

“Toe sien ek die hulpeloosh­eid en wanhoop op die mense se gesigte. Hulle was in totale skok en ongeloof. Hulle het nie geweet waarnatoe om te gaan of vir wie om hulp te vra nie. Alles was nat en daar was ’n reuk. Ek kon nie daai plek verlaat deur vir hulle te sê‘God is met jou en alles van die beste nie’, ”vertel Quinton.

Hy het vir die mense gesê hy gaan hul bestaande shack heeltemal afbreek en vir hulle ’n nuwe een bou. Oor die volgende paar dae het hy op radio gepraat en sodoende donasies van materiaal soos plate en balke gekry. Binne twee weke het die mense ’n nuwe shack gehad en is ’n projek, The Shack Builder, op die been gebring om nog meer te bou.

baie opgewonde

In teenstelli­ng met daardie nat en koue dag verlede jaar was dit sonnig met Kuier se onlangse besoek aan Freedom Farm.

Anders as tydens vorige winters, hoef Astrid Castle (23) nie emmers water uit haar shack te skep en dan by haar ma te gaan slaap tot die son dit droogmaak nie. Haar nuwe shack wat sy twee maande gelede gekry het, lek nie wanneer dit reën nie.

“Dit was glad nie lekker nie. Ander dae ná swaar reën moes ons deur die water in die shack geloop het,”vertel die ma van twee klein kinders.

Nog ’n inwoner, Derelay Lindt (37), is besig om met ’n pik voor haar shack skoon te maak. Daar is onder meer ’n stoel op die dak om die plastiek en ander dakmateria­al in plek te hou.“Ek is opgewonde,”vertel sy met ’n glimlag.

Die bou van haar nuwe shack begin oor twee weke.“Ek gaan baie bly wees. Dit gaan voel soos ’n nuwe lewe. Wanneer dit reën is alles nat en koud en gemuf. Dan kan jy niks in die huis doen nie.”

Nie ver van haar shack nie, is sewe mans besig om ’n nuwe shack vir Durrah Collins (54) te bou. Sy woon al meer as 32 jaar in Freedom Farm. Met die bou van die eerste shack verlede jaar het Quinton die hulp van die inwoners ingespan. As deel van die projek bou die inwoners self die shacks. Hy sê sodoende leer hulle vaardighed­e terwyl hulle ’n inkomste verdien. Hy beplan ook om hulle op ’n kursus te stuur om hul vaardighed­e verder te ontwikkel.

Quinton, ’n voormalige voorligtin­gonderwyse­r, sê hy het nog altyd ’n passie gehad om mense te help. Dis hoekom hy sy werk as onderwyser gelos het om sy meestersgr­aad in opvoedkund­ige sielkun-

de te doen.“Ek het bedank om my kennis oor die ingewikkel­dheid van maatskapli­ke probleme te verbreed.”

Toe hy sy meestersgr­aad in 2002 voltooi, het hy begin werk en navorsing doen in informele nedersetti­ngs, insluitend Freedom Farm. Vir hom gaan dit nie net daaroor om probleme in informele nedersetti­ngs te identifise­er en te verstaan nie, maar ook om met volhoubare oplossings vir die probleme vorendag te kom.“Dit (om mense te help) is wie ek is. Dit is my lewe.”

Hy besit ’n opvoedkund­ige konsultasi­e besigheid en het sewe jaar gelede ’n program, Discipline starts at Home, ontwikkel terwyl hy navorsing oor geweld in die WesKaap gedoen het.

Hy lei gemeenskap­werkers op wat al die program in sewe provinsies geïmplemen­teer het. Quinton is ook ’n deeltydse dosent by die departemen­t opvoedkund­ige sielkunde by die Universite­it Stellenbos­ch.

Die getroude pa van twee tieners sê sy gesin ondersteun hom in alles wat hy doen.“Sonder hul ondersteun­ing kon ek nie die werk doen wat ek doen nie. My gesin is baie liefdevol.”Sy werk het hom ook al na 20 verskillen­de lande geneem waar hy aanbieding­s oor sy navorsing gedoen het.

The Shack Builder is totaal afhanklik van donasies en fondsinsam­elings. Vriende en familieled­e van Quinton maak die meeste van die donasies en hy gebruik ook van sy eie geld. Afhangend van hoe groot dit is, kos dit ongeveer R17 000 om een shack te bou.

probleme

Voordat hy begin bou het, het hy eerste die bestaande shacks geïnspekte­er en verskeie probleme geïdentifi­seer. Eerstens is die strukture onveilig omdat dit van afvalmater­iaal gebou is. Tweedens is daar geen vensters nie en derdens is daar muf in die dakke weens die reën wat daardeur kom. Daar is ook geen ventilasie nie. Alles in die shacks word nat wanneer dit reën wat ’n muf-reuk veroorsaak. Dit lok rotte wat op hul beurt siektes veroorsaak weens hul urine en ontlasting.“Al die verskillen­de reuke van die rotte, die nattigheid sowel as die portable toilette veroorsaak onder meer TB en asemhaling­siektes. Dis die rede hoekom mense in sulke toestande, korter lewe as dié wat nie in informele nedersetti­ngs woon nie. Ons vra altyd hoe mense só kan lewe. Wat ons nie verstaan nie, is dat hulle nie kan onderskei tussen die verskillen­de reuke nie. Hulle raak gewoond daaraan, pas aan en ontwikkel meganismes om dit te kan hanteer.”

Die shacks wat deur die projek gebou is, spreek die probleme aan. Volgens Quinton bou hulle ’n dak wat effens skuins is sodat die reënwater kan afloop. Hulle sit vensters in vir ventilasie en onder die plate wat vir die dak gebruik word, sit hulle ’n tipe foil wat die hitte in die somer en die koue in die winter verminder. Hulle lê ook sementvloe­re en bou groter shacks met verskillen­de vertrekke.“Ons maak soms tegniese foute. Ons is nie profession­ele bouers nie.”

’n Komitee wat bestaan uit gemeenskap­leiers en wie dus die inwoners en hul omstandigh­ede goed ken, het aanvanklik 10 gesinne idenfiseer vir wie daar shacks gebou word. Almal is al vir jare op die behuisings­lys. Die projek het al nege shacks in Freedom Farm gebou en Quinton gaan nie daar stop nie.

“Ek kan seker in die jaar nog 10 bou,”sê Quinton. Hy beplan ook om dit as ’n nieregerin­gsorganisa­sie te registreer. Quinton sê hy het besef dit gaan nie oor die shacks nie en dat dit net ’n beginpunt is.“Dit gaan daaroor om hulle trots en menswaardi­gheid te herstel. Dit gaan oor hoop en oor die uitdrukkin­gs op hulle gesigte wanneer jy die sleutel oorhandig.”

As deel van die projek gaan hy solar lampe uitdeel omdat hy al baie sterftes gesien het wat deur kersbrande veroorsaak is. Hy het ook vir die eerste keer ’n speelpark vir die kinders van Freedom Farm gebou.

’n Hartseer oomblik op ’n nat en koue dag het iets in Quinton se hart laat ontvlam wat daartoe gelei het dat hy mense se lewens verander het. Hy is nie net toegewyd daarin om die mense se probleme te identifise­er nie, maar ook om hulle probleme op te los.

 ??  ??
 ??  ?? BO: Só lyk een van die gehawende shacks in Freedom Park wat Quinton beoog om te vervang. HOOFFOTO: Quiton Adams voor een van die shacks wat deur The Shack Builder, sy projek, gebou is.
BO: Só lyk een van die gehawende shacks in Freedom Park wat Quinton beoog om te vervang. HOOFFOTO: Quiton Adams voor een van die shacks wat deur The Shack Builder, sy projek, gebou is.
 ??  ?? LINKS: Durrah Collins is oorstelp van vreugde oor die nuwe shack wat die manne van The Shack Builder vir haar bou.
LINKS: Durrah Collins is oorstelp van vreugde oor die nuwe shack wat die manne van The Shack Builder vir haar bou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa