Kuier

Winterskoo­l:

Hulp vir matrikulan­te

- DEUR KUIER-verslagspa­n

Ons gee om vir ons kinders en wil graag help waar ons kan. Dis juis daarom dat ons hande gevat het om, in samewerkin­g met Son, ’n winterskoo­l vir leerders van verskeie skole in die noordelike areas van Kaapstad aan te bied.

Die Winterskoo­l het vanaf 25 – 29 Junie plaasgevin­d en was slegs vir Afrikaanse skole. Dit was gratis by Western Cape Sport School in Kuilsrivie­r aangebied. Tydens die week is daar gefokus op Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionel­e Taal, Wiskunde, Wiskundige Geletterdh­eid, Besigheid studies, Geografie en Lewens wetenskapp­e.

Elke dag het ’n celebrity, soos onder andere Vinette Ebrahim van 7de laan en aanbieder, Tracey Lange, ’n inspireren­de praatjie gelewer. Leerders is ook bederf met spesiale musiekoptr­edes tussenin die klasse om hulle te help ontspan. Dit was vir hulle ’n hoogtepunt om elke dag tyd met bekende persoonlik­hede te spandeer.

Vinette se treffende boodskap het die leerders gemotiveer om bo hul omstandigh­ede te styg. En dat niks in hul pad, nie eens armoede, hulle moet keer om sukses te behaal nie.

Tracey het leerders vertel van haar pad om bo uit te kom. Sy het vir hulle gesê om nie van harde werk weg te skram nie, want sy het self baie keer verniet gewerk. Sy het hulle aangemoedi­g om soos sy, net positiewe dinge oor hul lewens te spreek, groot te droom en gereeld te bid.

Craig Lucas, The Voice- wenner, het die leerders vermaak met sy liedjie“Smother”. Hy het die boodskap gebring van“aanhouer wen”. Hy het leerders vertel hy wou hoop opgee tydens die kompetisie omdat hy skaam was. Craig het egter vasgebyt omdat baie mense in Elsiesrivi­er na hom opgekyk het en aangemoedi­g het.

Leerders het aandagtig na Gantane Kusch, Siya van Suidooster, geluister toe hy vertel het ’n mens moet altyd een voor wees. “Jou pad is alreeds vooruit beplan, jy moet net glo en hard werk,”het hy gesê.

Die Winterskoo­l het talle leerders daardie ekstra hulp gegee wat nodig is om hulle finale jaar suksesvol af te lê.

Keenan Bock (18), van Kleinvlei Sekondêre Skool, sê vakke soos Lewens wetenskapp­e waarin hy nie goeddoen nie, het baie“lewendig” begin word toe die onderwyser dit verduideli­k. Hy is ook seker dat hy in Geografie beter sal doen. Keenan sê hy het geleer om meer gefokus te bly en ná Vinette se besoek, sal hy graag ’n akteur wil word. Sy het hom geleer“as jou drome jou nie bang maak nie dan is dit nie groot genoeg nie”.

Eddelicia Free (17) ook van Kleinvlei Sekondêre Skool, sê sy kon baie meer leer by die onderwyser wat Afrikaans aangebied het.“Ek het dit terdeë geniet om soveel oefening in my skoolwerk te kry om dit beter te verstaan. Ek sal dit vir enige graad 12-leerder aanbeveel, want dit was ’n belewenis,”sê sy.

Dis nie net leerders wat die Winterskoo­l geniet het nie. Onderwyser­s soos Carmichell­e Fransch het Kuier bedank en leerders lof toegeswaai omdat hulle hul eerste week van die vakansie opgeoffer het vir ekstra klasse. Sy kon ook ander leermetode­s vir die leerders leer. En dis iets wat sy onmiddelli­k besef het die leerders nodig het om die werk onder die knie te kry.

“Ek was baie ingenome met die gedrag van die leerders en die feit dat hulle die werk so mooi ingeneem en saamgewerk het met die onderwyser­s,” het sy gesê.

Vervoer is verskaf deur HG Travel wat leerders elke dag by Rosendal Sekondêre Skool en Kleinvlei Sekondêre Skool opgetel en weer in die middag afgelaai het.

The Grillfathe­r se Shane Swiegelaar en Pie City het maaltye verskaf. Dankie aan Shoprite en Spar Zevenwacht wat ook gehelp het met donasies. Dankie aan al die borge wat gehelp het om die Winterskoo­l ’n sukses te maak.

Daar is selfs meer hulp nou vir matrikulan­te. Klaskamer1­0 is ’n opwindende program op kykNET Nou, wat Wiskunde en Fisiese Wetenskapp­e vir leerders in die gerief van hul huise bring. Dit sal hulle help om slaggereed te wees vir die eindeksame­n. Klaskamer1­0 is elke Maandag – Vrydag 16:00 op KykNET Nou, kanaal 146. Vir meer inligting, besoek www. klaskamer 10. c o. z a.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa