Kuier

Jou kind en Skool:

Hoe kry jy die rys op jou bord?

-

Baie mense maak staat op rys as hul stapelvoed­sel. Maar dit gaan baie prosesse deur – van voor dit geplant word tot wanneer jy eet. Leer meer oor rys se lang pad tot op jou bord. Deur Shirmoney Rhode

Rys een van die belangriks­te kommersiël­e voedselgew­asse wat daagliks meer as die helfte van ons planeet se mense voed. Dit is veelsydig en allerhande disse word daarvan gemaak van ontbytgraa­n, ’n lekker hoop rys by ’n bredie tot ’n heerlike poeding vir nagereg.

Daar is meer as 10 000 grasspesie­s en rys is ’n lid van hierdie baie groot familie. Grasgewass­e kom wêreldwyd voor in ’n verskeiden­heid habitatte. Hulle is dominante spesies in ekosisteme waar hulle voorkom, want hulle is veral ’n belangrike bron van voedsel vir plantetend­e diere (herbivore).

Baie grassoorte is ook primêre landbougew­asse vir mense. Behalwe vir rys sluit ander kosse uit die grasfamili­e mielies, koring, sorghum, gort, hawermout en suikerriet in.

Leer meer oor die produksie van rys, waar dit groei, die voedingswa­arde, ander gebruike van rys en interessan­te feite omtrent hierdie stapelvoed­sel.

1 PLANTTYD

Ryssade kan geplant word en tot oestyd groei of dit kan geplant word en later in ’n waterbed oorgeplant word. Die grond moet gelyk wees en die sade dieselfde diepte geplant word. Dit is om te keer dat water gemors word en sodat dit minder moeite is om die gewasse te versorg. Rysvelde benodig verskrikli­k baie water om suksesvoll­e oeste te lewer.

4 VERWERKING

Die rys word heeltemal drooggemaa­k sodat dit lank kan hou. By die verwerking­saanleg word die rys skoongemaa­k totdat dit eetbaar is. Dié produk is bruin rys. Om wit rys te maak, word bruin rys gemaal om die buitenste semellae te verwyder. Die maalproses verwyder ook van die vitamiene en minerale. Verdere verwerking word dikwels gedoen om voedingsto­wwe weer by te voeg.

2 GROEITYD

Rys groei omtrent 3 – 6 maande (afhangende van omgewingst­oestande) tot volwasse plante. Uitspruits­els (are) begin hang en die stingel word geel. Die water word uit die veld gedreineer. Soos die velde droog word, word die korrels ryp en oestyd begin.

3 OESTYD

Tydens oestyd word die volwasse rysgewasse in die veld versamel. Dit kan met eenvoudige handgereed­skap of maaimasjie­ne gedoen word. Handgereed­skap werk veral goed wanneer die gewasse omval. Oesaktiwit­eite sluit in sny, stapeling en korrels uit die are slaan (dors).

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa