Kuier

Wat die hart van vol is

Daar is baie dinge wat in jou pad staan om jou talente te gebruik en suksesvol te wees, maar die grootste een is soms jyself.

- deur terence messias

Die Bybel sê daar is aan elkeen van ons talente gegee. Party blink uit in sport, ander in toneelspel en party kan pragtig sing.

Die Bybel moedig ons aan om die meeste van ons talente te maak. Maar die ou duiwel is mos met niks tevrede wat God opbou nie. Nee, daarvoor is hy te veel van ’n pretbederw­er. Een van sy doeltreffe­ndste wapens wat hy gebruik om ons te laat stagneer, is om twyfel te saai. Dan vra jy jouself af of jy dit regtig kan doen en of jy dalk net ’n gek van jouself gaan maak.

En dis nie lank nie, dan kom trek vrees saam met twyfel in jou hart. En vrees ken nie van los nie. Dit kos stry en baklei met daai gevoel. Dit kos op jou knieë gaan en op jou knieë bly.

Maar wat doen ons baie keer? Ons gee die duiwel sy sin. Jy voel so onseker van jou talente dat jy dit nooit gebruik nie. Só gaan die jare verby en jy sit steeds by die wegspringp­lek. Iemand het eenmaal gesê dis beter om ’n ding bang-bang te doen as glad nie.

Die ander fout wat ons maak, is om ons eie talente gering te skat en ander se skynbaar meer glamorous talente te begeer. Die duiwel kan mos die gras aan die ander kant van die draad so aanloklik bemark. En hy sorg altyd dat sy storie agtermekaa­r is:“Wil jy onder ’n kar vol olie lê en sweet of soos Habana die wêreld vol speel en derduisend­e aanhangers het?”

Só probeer ons dinge aanpak wat nie vir ons uitgesit is nie, waarvoor God ons nie geseën en geroep het nie. Ons moet die talente, vaardighed­e en vermoëns wat in ons geplant is, raaksien, waardeer en begin gebruik. Die lewe hier op aarde is nie vir altyd nie en die tyd loop vinnig. Dít het ek hierdie jaar besef met my veertigste verjaardag.

Ek het al baie dinge probeer, maar ek weet nou my talent is nie rugby speel nie. Skilder is dit beslis ook nie, ’n noot kan ek met my beste probeersla­g nie hou nie en op ’n skaakbord slaan ek my naam met ’n plank. Maar gee vir my ’n potlood, uitveër en papier en los my in vrede. Ek het vroeg al geleer dat skryf my ding is. Ek het aanvanklik nie my eie skryfstyl gehad nie. Ek het geskryf soos ek gesien het ander doen.

Op ’n tyd het sekere skrywers se styl my begin irriteer.

Ek dink dit was omdat my eie styl begin vorm aanneem het. Maar toe my broer eendag Die Haasvanger van Dolf van Niekerk huis toe bring, was ek dadelik mal oor sy spaarsamig­e gebruik van byvoeglike naamwoorde en die inspan van korterige sinne. Ek het geweet dis waarvan ek hou. Dís hoe ek wil skryf.

’n Paar toneelstuk­ke, kortverhal­e en rubrieke van my het al die lig gesien. Party was suksesvol, ander het in die laai lê en stof vergader en ander is reguit dromme- tjie toe. Maar al die jare het iets geskort.

Die legkaart het nog nie werklik vorm aangeneem nie. Iets in my agterkop wou my nie met rus laat nie.

Nou, op veertig weet ek uiteindeli­k wat dit is. Ek skryf nie vreesloos nie. Ek geniet dit nie honderd persent nie. Ek het nog nie groot gegaan nie.

Ek dink dis tyd om regtig groot te gaan met my skryfwerk. Miskien ’n roman, miskien ’n dramagroep wat landwyd toer, miskien iets vir die radio, ek weet nog nie, maar die opwinding is besig om op te bou.

Ek wil almal aanmoedig om hul talente te gebruik, die twyfel en vrees in sy peetjie te stuur en wat ook al met alles binne hulle aan te pak. Of dit nou suksesvol is of nie, dit was dan ten minste ’n probeersla­g.

En dan is daar natuurlik die kwessie van vergoeding. As jy goed is in rugby, kan jy miskien profession­eel gaan speel. As jy goed sing, kan jy die volgende Whitney Houston word. Met jou sketse kan jy die wêreld betower. Met jou skryfwerk kan ’n filmmaker jou bel om ’n film van jou boek te maak. En as dit by vergoeding kom, moenie dat iemand jou vir niks vat nie. Jou talente kan vir jou kos op die tafel sit.

Ons moet wel onthou sukses kom nie alleenlik van talent nie. Dit verg ook harde werk, doelgerigt­heid, eerlikheid en ’n positiewe gesindheid. Plus natuurlik ’n lekker hardekwass­treep om die ou duiwel ’n uitklophou te gee!

Ekwilalmal­aanmoedigo­m hultalente­tegebruik,die twyfelenvr­eesinsypee­tjiete stuurenwat­ookalmetal­les binnehulle­aantepak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa