Kuier

HALLO MY KUIER- MENSE,

-

Daar is regtig nie meer woorde vir die aanhoudend­e geweld teen vroue nie! Jonk en oud is ewe kwesbaar en jy kan nêrens meer veilig voel of mense vertrou nie. Ek dink ek praat vir ’n groot deel van ons lesers as ek sê dinge kan nie meer só aangaan nie.

Die kinderslag­offers is die ergste. Elke keer as ek hoor van nog ’n kinderlyki­e, kan ek nie help om te dink aan wat ons verloor het nie. Daai kind kon dalk ons nuwe president geword het of die geneesmidd­el vir vigs uitgevind het! Maar nou sal ons nooit weet nie, want haar lewensvlam is wreed geblus.

En as dit vir die meeste van ons van ’n afstand so erg is, wat nog te sê as jy dit eerstehand­s moet aanskou? Daarom het ons vir Maygene de Wee gevra hoe sy dit beleef, want dis letterlik haar werk om daaroor verslag te doen. Moenie Maygene se aangrypend­e storie op bladsy 14 misloop nie.

Dan op ’n meer positiewe noot, is dit altyd ’n voorreg en plesier om met die ikoon Denise Newman ’n onderhoud te voer en haar op ons voorblad te hê. Ek leer elke keer iets by haar en toe sy onlangs by ’n funksie gepraat het, het ek hierdie woorde van haar neergeskry­f:“Find your voice through the pain.”Dit het my opnuut inspireer om my stem te laat hoor oor die dinge wat saak maak, want te dikwels maak die pyn ons stemme stil.

Tot volgende keer,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa