Kuier

Facebook

-

Ná die vlaag van kindermoor­de, hoe hou ’n mens jou kinders veilig wanneer dit meestal die mense na aan hulle is wat hulle seermaak?

God is die enigste een wat ons land kan genees. SUNETT SIMMONS

Ek het nog nooit my kinders in die straat laat speel, op hul eie winkel toe gestuur, by maatjies laat oorslaap of buite laat speel sonder enige toesig nie. Niemand, nie eens familie, was toegelaat om hulle uit te neem sonder ons toestemmin­g nie. Ek dink ons vertrou ander mense heeltemal te maklik vandag. JOHANNA SCHOLTZ, KAAPSTAD

Ek dink dis tyd dat ons terugkeer na openbare teregstell­ing van sulke lae moordenaar­s wat ons kinders vermoor, verkrag en mishandel. MARIETHA LE ROUX, LEVUBU

As ek terugdink, dink ek nou dat ek altyd gedink het dat my oorlede en geliefde ouma net onnodig was. Sy wou nooit hê ek moes met ander kinders speel nie. Maar nou besef ek haar doel was maar net om ’n ogie oor my te hou. Die siek mense walg my. Sy was my engel! DAVID JANUARY, KAAPSTAD

Ek het nie meer woorde om te verduideli­k hoe seer dit maak nie. Ons kinders is nie meer veilig by enige een nie. Dis regtig baie hartseer. Allah, bewaar ons kinders van die boosheid. FARAHDIBA RAILOUN, STRAND

Mense wat kinders seermaak, verdien die doodstraf. ROCHELLE DESTINY, PORT ELIZABETH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa