Kuier

Vas: Verloor só gewig

Dis glad nie ’n nuwe ding om te vas nie en al hoe meer mense begin dit vir gewigsverl­ies en gesondheid­sredes doen. ’n Kenner gee raad oor hoe jy dit kan doen en watter slaggate om te vermy. DEUR MARTELI BREWIS

-

Dit sit nie in enigeen se broek om te vas nie. Net die idee dat jy vir lank nie ’n nat of droog oor jou lippe moet sit nie, kan jou sommer in ’ n koue, honger sweet laat uitslaan.

Maar om te vas (fasting) is nie ’ n nuwe ding nie – menige Moslems en Christene vas gereeld na aanleiding van hul geloofsoor­tuigings. Deesdae maak sommige mense dit egter ook deel van hul leefstyl en hulle beoefen dit vir gesondheid­sredes en om gewig te verloor.

In ’n kultuur waar dit aanvaarbaa­r is om drie groot maaltye per dag te eet en tussenin te peusel, klink dit dalk ’ n bietjie ekstreem om gereeld maaltye te mis. Maar oor die laaste paar jaar het onderbroke vas nie net al hoe meer gewild begin word nie, maar word selfs deur navorsing ondersteun.

Annchen Weidemann, ’ n spesialisd­ieetkundig­e van die Weskus, vertel dis uiters gewild om oorsee vir leefstylre­des te vas, maar dit het nog nie regtig in Suid-Afrika posgevat nie. Annchen is ’ n groot voorstande­r en het selfs ’ n boek, Periodic Fasting, neergepen daaroor.

“Om te vas is nie om van die honger dood te gaan nie, dis bloot ’ n tydperk van ’ n vasgesteld­e hoeveelhei­d ure waartydens ’ n mens niks van voedingswa­arde behalwe water inneem nie – selfs nie eens pepermentj­ies, vrugtesap of ’ n handjie vol neute nie. Hoegenaamd niks behalwe water nie.”

Vas is nie 24 uur se hongersnoo­d nie. As jy ’ n bietjie meer ervare is, kan jy dit vir so lank doen, maar jy begin gewoonlik by ’n periode van 16 tot 20 uur. Die vas-tydperk is gewoonlik genoeg om ’ n verhoogde insulienvl­ak te laat normalisee­r. Wanneer die tydperk verby is, word die vas gebreek deur die volgende maaltyd – gewoonlik ontbyt.

Die goeie nuus, volgens Annchen, is dat vas bykans net voordele inhou. Deur te vas, verander die liggaam se metabolism­e sodanig dat oortollige weefsel en gifstowwe gemobilise­er en uitgeskei word. Ervare “vassers” doen een keer per jaar of selfs meer gereeld, sewe tot 21 dae se vas agtermekaa­r – natuurlik onder mediese toesig.

Die grootste voordele is gewigsverl­ies en dat toestande soos hipertensi­e (hoë bloed), asma, hartvatsie­ktes, velkwale en selfs diabetes só omgekeer kan word, verduideli­k Annchen. Deur ’n paar keer per week vir 16 tot 24 uur te vas en sodoende ’n “vastende leefstyl” te volg, het baie voordele. Die verouderin­gsproses word vertraag en siektes van die ouderdom kom selde voor. “Met die hoë drop out rate’ van mense op gewone diëte, vaar vas baie beter. Mense hou baie beter daarby en verloor ook beter gewig as op dié diëte.” Daar heers selfs opgewonden­heid in die psigiatrie­se wêreld oor die onderbroke vas vir sekere toestande soos bipolêre depressie en epilepsie (onder mediese toesig), omdat vas jou brein-funksie stimuleer.

Maar Annchen sou enigiemand wat dit ernstig oorweeg, aanraai om dit eers met jou huisdokter te bespreek en ’n dieetkundi­ge met uitgebreid­e kennis van vas te besoek vir ’n stap-vir-stap verduideli­king van hoe om dit te doen. Nadele sluit in aanvanklik­e honger (maar dit gaan weg soos die vastydperk

aangaan en jy dit meer gereeld doen). Afhangend van jou “vorige” leefstyl, kan jy aanvanklik ’ n dowwe kopseer ervaar maar dit sal mettertyd verdwyn. Onthou om deurentyd baie water te drink om dehidrasie te voorkom.

HOE DOEN JY DIT?

Die maklikste manier om te begin vas, is om twee agtereenvo­lgende aandetes uit te skakel, verduideli­k Annchen. Die tydsverloo­p van ná middagete tot die volgende oggend ontbyt, moet dan ten minste 16 uur lank wees, en hoe langer hoe beter, selfs tot 20 uur. ’n Mens kan dit ook “omdop” en van ná ’ n vroeë aandete tot die volgende dag middagete niks eet nie. Dit is dan ’n ontbyt-vas of die 16/8 vas.

“Moenie bang wees om ontbyt oor te slaan nie – dit is nié die belangriks­te maaltyd van die dag nie!” vertel Annchen. Daar is ook ander maniere wat jy dit kan aanpak, soos om elke ander dag te vas, of selfs een keer per maand ’ n drie-dag vas in te werk. Die een-maaltyd-per-dag tendens is ook besig om pos te vat en mense vind dit baie doenbaar. “Uit eie ervaring weet ek net dat vir gewigsverl­ies, die aandetevas baie beter werk,” meen sy.

Iemand wat die vas-leefstyl ontdek het, is Anna-Maria Fourie (63) van Vredenburg. Sy vas nou al net meer as ’n jaar en kan nie uitgepraat raak oor hoe dit haar lewe verander het nie. “Ek was nog nooit baie suksesvol met enige dieet nie. Inteendeel! Dit was gewoonlik ’n enorme mislukking,” lag sy uitbundig. Maar vandat sy begin vas het, het sy reeds 25 kg verloor en dit het amper nog nooit vir haar gevoel of sy haarself ontneem van die lewe se lekkertes nie.

Anna-Maria het begin deur eers net op te hou om tussen maaltye te peusel en net drie etes per dag te eet. Dít was amper vir haar die moeilikste van die hele proses. Daarna het sy begin om stysel saans uit te sny, wat ook ’ n moeilike kopskuif was om te maak, omdat ons gewoond is aan “rys, vleis en aartappels”.

“Dis maar net ’ n ingesteldh­eid wat jy moet kweek – jy sny nie stysel uit nie, jy eet dit net eerder deur die dag en nie saans nie,” verduideli­k sy. Die laaste stap was eintlik die maklikste – om twee opeenvolge­nde dae per week vir 16 ure aaneen te vas. ’ n Mens kan dit enige tyd van die dag doen, maar vir Anna-Maria begin dit gewoonlik na aandete. Dit beteken sy slaap deur meeste van haar vastyd. As sy byvoorbeel­d 19:00 begin, hou dit aan tot 11:00 die volgende oggend.

Gedurende jou vasdae, is dit raadsaam om kleiner, gesonder porsies te eet, om die meeste van die vas te maak. Drink ook baie water. Vandat sy begin vas het, voel Anna-Maria meer energiek as ooit en sy sê op vasdae voel sy helderder en varser as gewoonlik. Verder het jy ook geen duur produkte of moeilike resepte nodig nie en hoef nooit kalorieë te tel nie. “Jy maak net jou mondjie toe en hou opeet,” vertel sy met ’ n glimlag.

Hoewel onderbroke vas baie doeltreffe­nd is vir langtermyn­gewigsverl­ies en die behoud daarvan, moet jy steeds in gedagte hou dat selfs vas nie ’n daaglikse inname van junk food kan teenwerk nie. Wanneer jy eet, móét dit gesond wees.

Dr. Arien van der Merwe, ’n mediese dokter en skrywer van onder meer Hanteer Diabetes en Verwante Kwale wat spesialise­er in natuurlike medisyne, streshante­ring en ontspannin­gstegnieke, verduideli­k onderbroke vas gee die spysverter­ingsstelse­l kans om te rus en herstel. Dit gee die pankreas, wat insulien en glukagon maak en uitskei, blaaskansi­e, en belangriks­te, dit help bloedsuike­r en energiebal­ans herstel. “Bloedsuike­r of -glukose is ons basiese bron van energie of brandstof vir elke sel en orgaan se normale funksioner­ing. Dikwels is mense met bloedgluko­se wat hoog normaal of hoog is, se bloedsuike­r juis te hoog in die oggend en deur onderbroke vas, kan die liggaam juis die oortollige suiker vir brandstof opgebruik, en selfs dan in vetverbran­ding ingaan. Daarom is dit ook ’ n uitstekend­e manier om gewig, en veral vetgewig, te verloor, veral as gewig ’ n plato bereik het,” verduideli­k sy.

“Maar die grootste foute wat mense maak, is om te lank sonder kos.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa