Kuier

Geloof teen die pyn: Jong vr ou staan sterk teen artritis

Op 18 is sy in onuithoudb­are pyn van artritis gedompel. Maar met die Here het sy weer moed gekry.

- DEUR TARREN-LEE HABELGAARN

Toe haar vriende op 18 besig was om hul toekoms te beplan, is haar lewe deur erge pyn wreed tot stilstand geruk toe sy met artritis gediagnose­er is. Die pyn was so ondraaglik dat Tarryn Tomlinson (nou 34) van Kaapstad in ’ n rolstoel beland het.

Sy beskryf die pyn op haar ergste dag as die skerp pyn wat jy ervaar wanneer ’ n baksteen op jou toon val. Maar dit was nie net in een deel van haar lyf nie. Dit was in elke deel van haar liggaam, van haar voete tot haar nek. Die pyn was nie net fisies verlammend nie, maar geestelik het dit ook vir haar gevoel asof haar lewe verby was.

Tarryn is ’ n paar keer dokter toe, maar hul toetse het geen uitslae of antwoord gelewer nie. Sy het begin moed opgee en kon nie verstaan hoekom haar jong liggaam besig was om in te gee nie. Sy kon ook nie verstaan hoekom niemand vir haar ’n antwoord gehad het nie. Toe raai iemand haar aan om ’ n artritis-spesialis te gaan sien.

Aanvanklik het sy nie gedink daar is ’n manier dat dit op haar ouderdom artritis kan wees nie, maar sy was desperaat vir hulp en antwoorde.

“Jy dink artritis is iets wat net ou mense raak en nie ’n toestand is wat jy as 18-jarige sal ontwikkel nie. Op daardie ouderdom begin jou lewe eers en is jy nog baie aktief, gesond en besig,” sê sy.

LEWE STAAN STIL

Tarren het haarself begin afsonder, want sy wou nie hê mense moes haar bejammer nie. Sy wou ook nie sien hoe haar vriende met hul lewe aanbeweeg, universite­it toe gaan, trou of kinders kry, terwyl haar lewe gevoel het asof dit

stilstaan nie.

Die rumatoïede artritis-spesialis het toetste gedoen en bevestig dat sy wel erge artritis het en dat daar geen genesing is nie. Tarryn sê dit was ’ n groot skok vir haar en haar familie. Vir ’n oomblik het alles rondom haar net stil geword en moes sy sin maak van wat besig is om te gebeur.

Sy moes vrede maak met die feit dat haar pyn erger gaan word en dat daar niks gaan wees wat sy daaraan kan doen nie. Haar liggaam was stadig besig om in te gee en sy moes dit aanvaar en besluit hoe sy vorentoe gaan beweeg.

“Die dokters wou pille voorskryf wat vir chemo-pasiënte gebruik word en pille wat so gevaarlik is dat jy jou hande moet was nadat jy daaraan gevat het. Ek het net gedink as dit buite so gevaarlik is, wat gaan dit nie nog binne aan my liggaam doen nie. Ek het ook verstaan dat dokters niks aan my toestand kon doen nie en dat ek medikasie vir die res van my lewe moes gebruik. Vir daardie rede, wou ek nie so vroeg op honderde pille wees wat my liggaam meer skade aan doen nie.”

Sy het besluit om deur die pyn te werk en uit te hou. Maar vir dit moet jy geestelik sterk wees en toe begin sy met meditasie en visualiser­ing om haar geestelik sterk te maak vir die pyn.

Binne ’ n jaar het die artritis regoor haar liggaam versprei en was sy heeltemal van n rolstoel afhanklik. Sy kon vir kort afstande met krukke stap, maar selfs dit was baie seer omdat sy nie net pyn in haar voete en bene gehad het nie, maar ook in haar hande en skouers. Krukke het net nie vir haar gewerk nie en kort na haar 19de verjaardag het sy die besluit geneem om voltyds haar rolstoel te gebruik. Van daardie dag af het sy oor die afgelope dekade nog nie weer gestap nie en is sy gemaklik in haar rolstoel.

Dit was nie ’ n maklike besluit nie en hoewel dit dalk vir mense mag lyk asof sy opgegee het, het dit eintlik baie moed geveg om daardie besluit te neem. Want geestelik was dit die beste besluit vir haar omdat die pyn so ondraagbaa­r was en sy nie vir die res van haar lewe in die bed wou bly nie.

Tarryn sê met elke liggaamsde­el wat aangetas is, wou sy by die Here weet hoekom dit juis met haar gebeur het en hoekom Hy dit aan haar doen. Voordat sy met artritis gediagnose­er is, was sy reeds baie geestelik en dis hoekom sy nie kon verstaan hoekom God dit met haar sou laat gebeur het nie. Sy het geglo aan ’n groter mag, maar het dit ter selfde tyd moeilik gevind om gelowig te bly.

Met elke skerp pyn het haar geloof gewankel en moes sy regtig moeite doen om die Bybel te lees en krag in die Here se woord te kry – nie net om haar fisies en geestelik op te bou nie, maar ook om haar verhouding met God sterk te hou. Sy het geglo as haar geloof sterk bly, sal sy vryheid van haar pyn ervaar.

VERWYTE

Volgens Tarren is dit maklik om die Here te blameer en antwoorde te soek wanneer jy deur moeilike tye gaan. Maar sy glo al is dit makliker gesê as gedaan, is dit ook gedurende daardie tye wanneer dit voel asof die Here jou verlaat het, dat jy juis in hom en Sy krag moet glo.

“Hy stuur mense en dinge oor jou pad wat jou troos en weer in Hom laat glo. Wanneer jy pyn ervaar op die mate wat ek dit ervaar het, word jou geloof regtig getoets. Maar die besluit is jou om teen Hom te draai of om meer in Hom te glo. My geloof het vir my gesê ek moet meer lees en meer bid,” sê sy.

“Hoe meer pyn ek gevoel het, hoe meer het ek gebid. Ek het met my familie gebid, met my vriende gebid en op my eie gebid. Ek het met my ma gehuil en dan het ek weer voor die Here stil geword en my Bybel gelees. Die woorde wat ek gelees het was elke keer in daardie oomblik van toepassing of ek nou moed, troos of inspirasie nodig gehad het.”

Tarryn sê ná ’ n tydjie het die krag wat sy in gebed en geloof gekry het, haar gehelp om van die negatiewe gevoelens en gedagtes ontslae te raak. Bietjie vir bietjie het die hartseer in haar hart in vrugde en aanvaring begin verander. Sy sê mens besef nie hoe emosies ’ n fisiese uitwerking op jou liggaam het nie. Wanneer jy stres ervaar voel jy dit in jou liggaam en dit is dieselfde met pyn en negatiewe gevoelens. Toe sy vrede maak en aanvaar dat die Here ’ n groter plan vir haar lewe het, het sy ligter begin voel. Dit het nie net vir haar geestelik ligter laat voel nie, maar ook fisies het sy al hoe minder die pyn ervaar en het dit draaglik geword.

Al het sy baie donker dae ervaar, is dit net gebed wat haar deurgedra het. Sy het aan die woorde van Jeremiah 29:11 vasgeklou: “Ek weet die planne wat ek vir jou lewe het. Planne om vir jou vreugde te gee en ’ n toekoms.”

Ja, haar lewe sou nie wees wat sy gedink het dit sou wees nie, maar die dag toe sy besluit sy gaan nie meer wegkruip nie en haar lewe voluit gaan leef, het dinge vir haar begin verander.

ukse hotels en help sy hulle om seker te maak dat hulle verblyf goed genoeg is vir mense in rolstoele om maklik daar rond te beweeg en te bly.

Hy stuur mense en dinge oor jou pad wat jou troos en weer in Hom laat glo. Wanneer jy pyn ervaar het, word jou geloof regtig getoets. NAAM VAN

 ??  ?? Tarryn Tomlinson het baie pyn van artritis, maar laat nie toe dat dit haar onderkry nie.
Tarryn Tomlinson het baie pyn van artritis, maar laat nie toe dat dit haar onderkry nie.
 ??  ??
 ??  ?? Tarryn Tomlinson leef positief nadat artitis haar lewe verander het. Haar geloof is nou soveel sterker.
Tarryn Tomlinson leef positief nadat artitis haar lewe verander het. Haar geloof is nou soveel sterker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa