Kuier

Gekskeerde­r: Solomon Cu pido hou van grappies

Sy gesig een wat ons sommer nog baie gaan sien! Hy ken van gekskeer en is die laaste paar jaar die voorbk in heelwat Afrikaanse sitkoms en flieks. DEUR IVOR PRICE

-

Solomon Cupido is op die oomblik in nie minder nie as twee bekende sitkoms op die kassie, maar dit was so amperamper of hy het nooit ’n akteur geword nie. Toe hy nog op hoërskool was, wou ’n skoolhoof aanvanklik niks van hom weet nie, en vandag? Wel, die res is geskiedeni­s.

Dié 32-jarige Paarliet laat die tonge kloppe met sy rolle in die kykNETsitk­oms Mense Mense en Die Kasteel. Hy het ook al rolle vertolk in minstens 20 Afrikaanse flieks, waaronder Karate Kallie en Bakgat. Sy jongste fliek, Draadloos, tref alweer vroeg volgende jaar die grootskerm­s. Daarin speel hy teenoor die ikoniese Shaleen Surtie- Richards.

“Soos baie ander akteurs het ek maar in die kerk begin toneelspee­l,” sê Solomon, wat die laaste tien jaar reeds in Johannesbu­rg woon. “Ek dink ek was Josef in die Sondagskoo­l se Kersverton­ing. Ek het daarna net my eie ding gedoen wat mense laat lag het. Dís waar die gogga my gebyt het; om mense te laat lag.”

KRY LEKKER VIR LAG

Solomon het altyd ’n glimlag op sy gesig, en hy is passievol oor Afrikaanse komedie. Hy was mos immers die hoofpoetsb­akker in beide die Ek joke net-flieks. Vandag nog as die Solomonkin­ders hul ma, Frances Groenewald, se huis oorvat, lê almal van die lag.

Hy is die jongste van vyf kinders en dit was kleintyd, in die dae toe VHSkassett­e nog die in-ding was, sy plig om flieks te rewind tot by die snaaksste oomblikke in komedies en aksiefliek­s. “En ná die tyd kon ons almal vir ure sit en lag, en demonstree­r hoe die een karakter dít gesê het en só geskop het… Ons kyk nou nog saam movies en lag wanneer ons bymekaar kom. Dis vir my lekker om mense te sien lag.”

Ten spyte van sy wegholsuks­es in die Afrikaanse TV-bedryf is Solomon die meeste trots op sy rolle as man vir sy aktrise-vrou, Wendy (31), en pa van hul kinders, Yadah (3) en die drie maande oue tweeling, Yael en Yoel. Solomon en

Wendy is al amper ses jaar getroud. “Sy is dikwels die rede hoekom ek so baie rolle kry, want sy gee my soveel tips. Sy’s ook die een met wie ek my woorde oefen as ek in ’ n fliek of TVreeks speel.”

Hoewel Wendy deesdae in finansies werk, beskryf Solomon haar as die beste aktrise wat hy ken. Sy is ’ n boorling van Montagu in die Wes-Kaap en hulle het saam drama geswot by die Tshwane Universite­it van Tegnologie in Pretoria.

“Ek sê altyd pa-wees is my gunsteling­rol. Ek is so lief vir my vrou en kinders, en wil als in my vermoë doen om altyd daar te wees vir hulle. My vrou het al soveel opoffering­s vir ons gemaak. Ons het al sáám moeilike tye oorwin, soos toe ons eerste kind op drie maande in ’n miskraam dood is. Ek het nog nooit so baie gehuil oor iemand wat ek nog nooit ontmoet het nie,” vertel Solomon.

WIL DIE BESTE PA WEES

Respek is vir hom ’ n groot ding, want hy glo dié wat ander respekteer, sal beloon word. “Ek het myself belowe ek sal nooit aan my vrou en kinders doen, wat my my pa aan my ma gedoen het nie. (Sy pa is weg toe Solomon sewe jaar oud was.) Ek is so lief vir my kinders en wil alles in my vermoë doen om altyd daar te wees vir hulle.”

Net soveel as wat hy die land deur sy TV-rolle kan laat skaterlag, ken hy van seerkry. Hier haal hy veral sy hoed af vir sy ma, Frances, wat op ’ n stadium vyf kinders alleen grootgemaa­k het. “Sy het gesê ons kan soema vir haar Mammie en Daddy sê. Sy het begin as ’n skoonmaker, en omdat sy so goed Afrikaans praat, het die maatskappy haar destyds na die skakelbord geskuif. Daarna het sy haarself opgewerk as sakevrou, wat op ’ n stadium haar eie skoonmaakb­esigheid besit het. Sy het nog sakebelang­e, maar vat dit nou rustiger omdat sy al amper 70 is.”

Dis juis by sy ma wat Solomon sy liefde vir die Here aangeleer het. Trouens, hy wonder of hy nie dalk as predikant sou opgeëindig het as die toneelgogg­a nie gebyt het nie. “Ek is lief vir God en ek weet wie ek is. Die kerk het my die eerste geleenthei­d gegee om my passie uit te leef. Ek was in die Sondagskoo­l en ook ’ n jeugleier. My ma sê altyd ek was al nege maande voor my geboorte in die kerk.”

Solomon se broer Freddie (45) en suster Christilin­e (40) is vandag albei pastore, terwyl sy ander broers, Andrew (44) en Francois (33), onderskeid­elik ’ n brandweerm­an en ’ n rekenmeest­er is. “Ek sê altyd ek kan by hulle geld leen, want hulle almal het regte jobs.”

Dit was so hittete of Solomon het nie in die akteurswêr­eld beland nie. Hy’t in die helfte van sy gr. 11-jaar oorgeskuif na New Orleans Sekondêre Skool in die Paarl omdat hulle drama as skoolvak aangebied het. Om toelating tot die skool te kry, moes hy ’ n prosastuk en gedig voorberei vir die dramajuffr­ou, Celeste Loriston.

Dit was ’ n nare ondervindi­ng, om die minste te sê. “Dit was net ek, ons juffrou en my ma in die dramaklas. Ek’t die gedig heeltemal opgemors, maar sy (Celeste) het my nogtans ’n thumbs-up gegee, want sy’t in my potensiaal geglo. Sy’t gesê ek sal moet harder werk, want die ander kinders in die klas het al sedert gr. 7 drama as skoolvak.”

Die skoolhoof wou hom egter nie aanvaar nie, want dit was ongehoord vir ’n leerder om so laat in sy hoërskooll­ewe van skole te verander. “Hy’t geglo ek was ’ n stout seun van Paarl Boys’ High (sy vorige skool) wat net New Orleans wou kom omkrap. Toe ons daar wegstap, het die skool se rugbyafrig­ter my in die parkeerter­rein raakgeskie­n. Hy’t ook met die skoolhoof gaan praat en die volgende dag was ek in die klasbanke én ek het ook vir die skool ’ n rugby-game gespeel.”

UITBLINKER

Min mense weet dit, maar dié bekende akteur het op sy dag Boland-proewe gespeel, hoewel hy nooit die Bolandspan self gemaak het nie. Hy was ook ’n kranige atleet wat dikwels die vinnigste in sy ouderdomsg­roep was.

Solomon het reeds vroeg in sy lewe bekendheid geproe. Selfs in sy skooldae was hy baie gewild omdat hy op die sportveld, verhoog én in die kerk uitgeblink het. In 2008, direk ná hy sy studies voltooi het, het hy sy eerste fliekrol losgeslaan in Karate Kallie, hoewel hy al in matriek ’n klein rol as kelner in Egoli: Plek van Goud gekry het. Daarna het baie kinderteat­erproduksi­es en agter-dieskerms werk by bekende flieks soos Pad na jou hart en Ballade vir ’n enkeling gevolg.

Maar hoewel hy vandag teenoor bekendes soos sy oudklasmaa­t CrystalDon­na Roberts en ook Bobby van Jaarsveld speel, is hy nog so plat op die aarde soos ’n Minora-skeermesle­mmetjie. Al wat hy wil doen, is om veral jongmense aan te moedig om hul drome te volg.

“Ek wil hulle laat verstaan dat jou omstandigh­ede nie jou uitkoms bepaal nie. Ek sal hulle graag wil help om vorentoe te beweeg en om ander

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? REGS BO: Solomon, die tweeling, Yael en Yoel, Yadah en sy vrou, Wendy. REGS: Crysta- Crysta-Donna Donna Roberts, Zane Meas
REGS BO: Solomon, die tweeling, Yael en Yoel, Yadah en sy vrou, Wendy. REGS: Crysta- Crysta-Donna Donna Roberts, Zane Meas
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa