Kuier

Vermaak: Susters toor met kw assies op Suidooster-stel

Hierdie susters wat sorg dat al die akteurs op die stel van Suidooster se grimering on point is, is doodgelukk­ig elke dag met hul borsels en kwassies. DEUR TARREN-LEE HABELGAARN

-

Baie meisies speel met grimering en droom net daarvan om eendag vir ander ook mooi te laat lyk en voel, maar twee susters van Mitchells Plain leef elke dag hierdie droom op die stel van die gewilde sepie Suidooster uit.

Al het Islyn Goliath-Sale (38) en Charlene Goliath-Green (36) nooit beplan om voltyds as grimeerkun­stenaar stewe r knie, is albei vandag gesogte grimeerkun­stenaar sin die vermaakbed­ryf en het hulle al van die land se beste en bekendste akteurs in hul stoele gehad.

Islyn wou aanvanklik ’ n sielkundig­e of maatskapli­ke werker word, maar haar ma was bang dat sy al die mense sou bejammer en huis toe sou bring. Charlene stem saam oor haar suster se sagte hart en lag lekker saam, voordat haar suster vinnig inspring om te sê dat die tomboy in die huis eintlik ’n polisievro­u wou word en nou grimering en hare doen.

“Ja, dit is eintlik snaaks om nou daaraan te dink, maar toe ek besef hoe gevaarlik dit regtig daar buite is, het ek besluit die polisie is nie vir my nie. Dinge het net erger geword en omdat ek ’n kind gehad het, het ek eerder besluit om ousus te volg en skoonheid te swot,” vertel Charlene.

“Toe ek nog op skool was, het Islyn my baie geïnspiree­r en later het sy my gevra om saam met haar te gaan werk as ’n assistent en dit was vir my baie lekker. Dit het toe my passie ook

Islyn Golaith-Sale en Charlene GolaithGre­en doen al die akteurs van die sepie Suidooster se grimering. Hulle geniet dit om elke dag saam te werk. geword en dit het net natuurlik gevoel om dit as ’ n loopbaan aan te pak.”

Islyn, wat al vir 17 jaar in die bedryf werk, is al met ’ n Safta bekroon vir haar werk, maar sê sy kan soms steeds nie glo dat beroemde aktrises soos Shaleen Surtie-Richards, June van Merch, Sandra Prinsloo en Denise Newman al in haar stoel gesit het nie.

Sy het al op verskeie TV-reekse gewerk insluitend Fishy Fêshuns, Madam and Eve, en Isidingo.

“Dit was vir my ’ n wow-oomblik toe ek op die stel van Fishy Fêshuns kom en met ’ n ikoon soos June kan werk. Ek bedoel dit was een van die groot shows daardie tyd en ons het almal grootgewor­d met mense soos antie June op die kassie, so vir my was dit ongeloofli­k om daardie geleenthei­d te kry,” vertel Islyn.

Op haar beurt skep suster Charlene al vir 14 jaar karakters en het sy ook self al met talle bekendes al gewerk het. Volgens haar was een van haar mees angswekend­e oomblikke die dag toe sy die akteur Stian Bam se hare moes sny.“Ons het hom almal van 7de Laan geken en ek het geweet ek kan nie opmors nie. Die regisseur en vervaardig­ers wou hê ek moes sy hare sny en het almal daar gestaan om te kyk wat ek doen. My hande het gebewe en die sweet het by my afgetap, maar toe dit verby was, het dit goed gevoel. Daarna het niemand behalwe ek sy hare vir ’ n baie lang tyd gesny nie,” vertel Charlene.

Vir beide Islyn en Charlene het dit nog nooit oor die glitz en glam van die vermaakwêr­eld gegaan nie. Vir hulle is dit net lekker om die transforma­sie te sien wanneer hulle iemand se hare en grimering doen. Die feit dat hulle dit op die stel van ’ n sepie of fliek kan doen, maak dit net nog lekkerder vir hulle.

Wanneer ’ n mens in hul geselskap is, kom jy vinnig agter hulle deel ’ n sterk band en is mekaar se beste vriendinne. Hulle lag lekker saam, terg mekaar en voordat die een iets kan sê, het die ander al ’ n antwoord. Volgens hulle is dit presies hoe dit is wanneer hulle werk – die een weet wat die ander een nodig het sonder dat hulle dit hoef te sê. Dit is ook juis oor hul sterk band dat hulle bly is dat hulle elke dag met mekaar kan saamwerk.

“Mense wil altyd weet of ons nooit siek raak daarvan om heeldag in mekaar se space te wees nie. Ons werk saam, maar ons woon ook om die draai van mekaar af en naweke kuier die familie graag saam, so ons is altyd by mekaar. Maar ons geniet dit en vir my is dit lekker om met my suster te werk omdat ons mekaar ken en altyd eerlik met mekaar kan wees,” vertel Islyn terwyl sy lekker lag. “In ons bedryf werk jy dikwels onder geweldige druk en dit help om iemand aan jou sy te hê wat jy ken en vertrou en met wie jy heeltemal eerlik kan wees.”

Volgens Islyn moet jy altyd versigtig wees oor hoe jy met die iemand praat wanneer jy met vreemdelin­ge werk en seker maak dat jy nie vir hulle sleg laat voel nie. Maar omdat hulle susters is, kan sy onmiddelli­k vir Charlene sê as sy ontevrede is met iets. Hulle stry soms baie, maar hulle bly nie klank kwaad nie en vertrou mekaar se oordeel.

Hul werk op Suidooster is ’ n droom wat waar geword het.

“In ons bedryf gaan jy waar die werk is, en dit het ons dikwels vir maande op ’n tyd Johannesbu­rg toe gevat en omdat ons albei gesinne het, is dit moeilik om weg van die huis te wees. Jy mis ook jou ouers en jou omgewing, so ek het altyd gehoop ek sal ’ n werk op ’ n sepie in die Kaap kry en nou het ek,” vertel Islyn.

“Ons is regtig soos ’ n familie op stel en die grimeringk­amer is soos die kombuis in ’ n huis. Dit is waar almal kom kuier, waar ons stories met mekaar deel en waar ons lekker saam lag. Op ’n manier is dit asof ek nou steeds die berader en ’ n grimeerkun­stenaar vir mense kan wees.”

Albei susters sê die ondersteun­ing van hul ouers is iets wat hulle deur die jare gedra het en hulle is dankbaar vir die manier waarop hulle grootgemaa­k is en die rol wat hulle ouers en nou hul mans ook in hul loopbane speel.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa