Kuier

My lewe: SA meisie glo as sl aaf in Pakistan aangehou

Haar verliefdhe­id het gou in vrees verander toe haar kêrel en sy familie haar in Pakistan aangehou het. DEUR MARYKE LOW

-

Vyf maande van hel in ‘ n wildvreemd­e land het nie ’ n 19jarige meisie onder gekry nie.

Geloof en die hoop dat sy weer haar gesin sal sien is al gedagte waaraan sy vasgeklou het terwyl sy vasgekeer was in Mandi Bahauddin, Pakistan.

Shinaaz Jacobs sit gemaklik op ‘ n bank in haar ouerhuis in Gerald Smith in Uitenhage terwyl sy vertel hoe sy verneder en mishandel is deur haar eks en sy gesin. Sy is teen haar sin daar gehou en wou ten alle koste huis toe kom.

Alles het begin toe Jacobs die Khanbroers ontmoet het. In 2016 het Shinaaz en Awais Khan (24) met mekaar bevriend geword. Sy het hom ontmoet deur Whatsapp. Khan besit ‘ n selfoonwin­kel in Uitenhage. Ná tien maande het dinge het tot ‘ n einde gekom tussen Awais en Shinaaz in Desember 2016.

Shinaaz het intussen by Awais se selfoonwin­kel begin werk en sy broer, Warqas Khan (23), het van Pakistan af Uitenhage toe gekom. Warqas het ook daar gewerk. Na Shinaaz en Awais uit mekaar was, het sy besef sy het gevoelens vir Warqas en die twee het in Januarie 2017 ’ n paartjie geword.

“Ek was so verlief,” onthou Shinaaz met ‘n hartseer glimlag. Binne die eerste paar maande van hul verhouding het die Khan-broers egter ‘ n oproep van hul gesin in Pakistan gekry. Die broers se ma, Shakileela Khan, was siek en een van hulle moes dringend soontoe reis. Warqas het gegaan.

Shinaaz en Warqas het gereeld gepraat oor wie vir wie gaan kuier. Sy het maande lank beplan. Die Khangesin het meer as R20 000 gestuur aan Shinaaz vir ‘ n vliegtuigk­aartjie en die uitreik van ‘ n visum. Sy het ook ’ n gedeelte van haar salaris eenkant gesit en geld geleen by vriende.

James Hill (42), Shinaaz se pa, en Desireé Hill (39), haar ma, het onraad vermoed toe Shinaaz se jonger broer, Kaylup Hill (7), hulle gesê het dat sy ‘ n swart sakkie vol R100-note het. Shinaaz het kort voor die tyd haar ouers in hul sitkamer gesê sy gaan vir Warqas kuier in Pakistan. Sy sou net daar kuier tot haar visum verval het.

“My ouers het gesê ek is mal,” sê Shinaaz. Sy het nogtans deurgedruk en die dag van haar vlug, 9 Januarie 2018, haar ander broer, Bradley Jacobs (21), oorreed om haar na die Port Elizabethl­ughawe toe te neem. Dit was haar eerste keer oorsee

VER IN DIE VREEMDE

en weg van die huis af.

Mandi Bahauddin is volgens Shinaaz ‘n armoedige gebied in Pakistan waar sommige inwoners in tente en enkelkamer huise slaap. “Die strate was baie nou en karre moes vir mekaar wag om te ry,” onthou Shinaaz. Sy het nie veel van die gebied gesien nie, want sy was meeste van die tyd by die huis. Hulle het soms gaan roomys eet.

Die Khan-huis was nie te groot nie. Shakileela en Ghaffar Khan, Warqas se ouers, en hul twee dogters, Anam (28) en Kainat (20), bly saam. Shinaaz is met haar aankoms by die huis verwelkom met ‘ n spesiale ete. “Warqas se ma het trane in haar oë gehad en my ‘n drukkie gegee.”

Aanvanklik was dit vir Shinaaz moeilik om Oerdoe, een van die gesproke tale in Pakistan, te verstaan. Later het sy basiese sinne verstaan en

begin praat. Sy het egter ook vloekwoord­e leer ken. Op die derde dag daar is sy toegesnou met woorde soos “bitch”, “slut” en “whore”. Sy is ook ‘ n “dog’s child” genoem. Fisiese mishandeli­ng deur die ouer suster en haar ma het binne die eerste paar maande tot die einde plaasgevin­d. Warqas het haar ook soms sy hand teen haar gelig. Sy het haarself gereeld aan die slaap gehuil of wanneer sy alleen is.

Shinaaz se tipiese dag in die Khanhuis begin drie-uur die oggend. “Ek moes vroeg opstaan en die suster en ma se bene masseer.” Shinaaz moes ook die huis skoonmaak. Die vroue het in een vertrek geslaap, terwyl die mans hul eie kamers gehad het. Sy was net alleen wanneer sy in die badkamer was. Hulle het die kommunikas­ie tussen haar en haar ouers probeer verbreek en het al haar selfoon afgevat. Shinaaz moes selfs ‘ n video in hul teenwoordi­gheid opneem waarin sy haar ouers vertel dat sy gelukkig daar is.

Sy moes haar pyn verwerk en het haarself met ‘ n lem gesny op haar arm. Na ‘ n erge geveg in die huis het Warqas vir Shinaaz dae lank geïgnoreer. “Ek het gesê vir elke dag wat hy my avoid, gaan ek drie snye maak. Ek het op geëindig met 35 snye,” vertel Shinaaz.

“Die ergste was toe ek probeer wegloop het. Ek het een oggend vroeg ontsnap. Ek het nie die area geken nie en het in sirkels geloop. Hulle het my opgespoor en huis toe gevat,” dink Shinaaz terug.

Anam en Shakileela het later ‘ n baksteen by Shinaaz se gesig gehou en haar forseer om kaal uit te trek. Hulle moes haar panties met ‘ n skêr afsny. Hulle het haar toe vasgebind en kaalfoto’s van haar geneem en gedreig om dit op Facebook te post as sy weer so iets aanvang. “Ek het gewens ek’s eerder in die regte hel – enigiets behalwe dié hel.” Hulle het haar toe begin skop en slaan en later aan ‘ n bed vasgebind en verder verniel en verneder, vertel sy. Wat Shinaaz die meeste pla is dat Warqas heeltyd in die kamer langsaan gesit het.

Shinaaz het verskeie kere haar eie lewe in gevaar gestel. “Ek het petrol gedrink. Ek het baie naar gevoel en my tong was opgeswel en my keel het gebrand. Ek het ook een keer myself probeer wurg met ‘ n serp. Ek het dit so styf getrek dat ek uitgepass het in die badkamer.” Shinaaz het eenkeer spelde gedrink, maar wonderbaar­lik het sy dit ook oorleef.

Intussen het James en Desireé na die departemen­t van binnelands­e sake toe gegaan om uit te vind hoe Shinaaz goedkeurin­g gekry het. Beampes het glo gesê dit is nie op hul rekords nie. Shinaaz het aanvanklik ’ n return-kaartjie gehad, maar sy het dit gekanselle­er. Daarna het die bekommerde ouers die polisie benader, wat hulpvaardi­g was maar geen sake kon oopmaak nie. Daar was toe nog geen bewyse dat sy teen haar sin in Pakistan gehou word nie. Hulle het heeltyd baklei en mekaar verwyt oor sy weg is. Desireé het gewoonlik foto’s van Shinaaz op die bed uitgestal en gehuil, vertel hulle. James het selfs geld bymekaar gemaak vir ‘n vliegtuigk­aartjie Pakistan toe om sy dogter te gaan haal.

Shinaaz het intussen aan haar eie plan gewerk om by die huis te kom. Sy het die Khan-gesin oorreed om haar lughawe toe te vat sodat sy met haar ouers kan gaan “baklei”. By die lughawe het sy met behulp van ‘ n barmhartig­e immigrasie­beampte alles in orde gekry om te vertrek. Sy het die gekanselle­erde vliegtuigk­aartjie se geld gebruik vir die terugvlug, en haar ouers moes die uitstaande kansellasi­efooie betaal.

Sy het selfs geslaap op ‘ n bank in die lughawe terwyl sy gewag het vir haar vlug. Haar visum het verval tydens haar besoek en sy was “onwettig” in die land, maar danksy die immigrasie­beampte het sy sonder ’n visum vroeg in Junie 2018 op die vliegtuig huis toe geklim.

Shinaaz sê sy beplan nie om gou weer oorsee te gaan nie. “Ek het geleer dat jy altyd geloof moet hê, al dink jy soms die Here bestaan nie. Wanneer jou ouers met jou praat, moet jy altyd luister.”

Warqas en Anam het intussen dreigende boodskappe aan Shinaaz gestuur op Whatsapp, maar sy het hulle gesê om haar uit te los. Sy het hulle almal op Whatsapp ge-block.

Daar is tot dusver geen formele klagte gelê by die Suid-Afrikaanse Polisiedie­ns teen die Khan-gesin nie. Daar is wel sprake dat Interpol by ‘ n ondersoek betrek kan word.

 ??  ?? HOOFFOTO: Shnaaz in Pakistan in ’n moskee.
HOOFFOTO: Shnaaz in Pakistan in ’n moskee.
 ??  ??
 ??  ?? Shinaaz en Warqas in Pakistan.ONDER: Shinaaz kan weer glimlag.
Shinaaz en Warqas in Pakistan.ONDER: Shinaaz kan weer glimlag.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa