Kuier

Wynmaker: Kapenaar woeker in Nederburg se wingerde

Haar familie is haar lewe lank betrokke by die wynmaakpro­ses - vanuit die wingerde tot by proe. Nou maak sy dit!

- DEUR TARREN-LEE HABELGAARN

Van wynplase kan jy haar familie niks vertel nie, want al het hulle nooit self een besit nie, het Jamie Fredericks (25) se familie jare lank op verskillen­de wynplase in die Paarl-omgewing gewerk. Sommige het in die wingerde gewerk, terwyl ander met die wynproe gehelp het. Tog het sy nooit gedink dat sy eendag nie net op ’n plaas sou werk, maar ook die wyn sou maak nie!

Sy is onlangs by die spogplaas Nederburg in die Paarl as assistentw­itwynmaker aangestel. Jamie sê sy glo witwyn het haar gekies omdat die proses daarvan beter by haar persoonlik­heid pas. Jy moet vinnig onder druk kan werk en ook ’ n bietjie van ’ n perfeksion­is wees.

“Dit is nie so maklik soos wat mense dink nie. Rooiwyn moet langer oud word, terwyl witwyn ses tot nege maande en soms minder tyd het in die vate voordat dit moet uitkom. Jy moet ook jou werk ken, want as jy die wyn opmors, kos dit die plaas geld en die winkels sal dan sonder hul wyn wees vir kliente.”

Sy raak opgewonde terwyl sy vertel van haar eerste oes om wyn te maak, want vir haar sal dit altyd spesiaal bly.

“Ek was by die hele proses betrokke van die wingerde plant tot die pluk en uiteindeli­k die wynmaakpro­ses. Ek het onder die toesig van wynmakers Kristin Basson en Pieter Badenhorst gewerk. Hul passie en dryfkrag het my laat besef hoe belangrik die rol van ’ n wynmaker is. Al die harde werk, tyd en moeite wat daarmee gaan, maak dat jy die eindproduk soveel meer geniet. Dit kan maande of jare vat voordat die wyn gereed is vir mense om te geniet en jy moet deur daardie hele proses toegewyd bly.”

Vir haar familie is dit natuurlik baie spesiaal om deesdae hul eie wynmaker hê. “My familie was almal opgewonde en dit is hul ondersteun­ing wat my dra en alles moontlik maak. Ek wil net vir my ma trots maak en haar wys dat al haar opoffering­s die moeite werd was. Sy is my held en ek is so dankbaar vir alles wat sy vir my doen. Baie van my familieled­e werk ook steeds op wynplase en dis ook lekker om te sien hoe trots hulle op my is,” sê sy.

Jamie wil ook ’n verskil in haar gemeenskap maak. “Dit is nie net ’n groot ding vir my en my familie nie, maar ek wil ook aan ander kinders van die Kaapse Vlakte bewys dat hulle enigiets kan doen.”

GROOTWORDJ­ARE

Jamie vertel waar sy in Retreat in die suidelike voorstede van Kaapstad grootgewor­d het, word kinders van ’n jong ouderdom aan wyn blootgeste­l. Sommige kinders word aan wyn blootgeste­l deur ’n vriend of familielid wat alkohol misbruik, terwyl ander kinders soos sy meer gelukkige herinnerin­g het. Sy onthou dat haar familie op spesiale geleenthed­e soos Kersfees vonkelwyn op die tafel gehad het, maar ook dat hulle elke nou en dan daarvan gehou het om ’ n glas wyn te geniet.

Jamie het eintlik haar sosiale waardering en liefde vir wyn ontwikkel wanneer sy in die Boland gaan kuier het. Aangesien haar familie op wynplase gewerk het, het hulle gereeld wyn

gekry. Sy was dus gewoond daaraan om familieled­e met ’ n glasie te sien wanneer hulle saam gekuier het.

Sy sê ook dis glad nie algemeen vir kinders van die Kaap-omgewing om ’ n loopbaan in landbou te oorweeg nie. Trouens, sy het self eers op universite­it agtergekom daar is baie verskillen­de beroepopsi­es in die landbou.

Sy woon ook deesdae by haar antie in die Paarl om nader aan die werk en die wingerde te wees. Volgens Jamie het sy altyd ’n passie vir wetenskap gehad, maar sy was nie seker hoe om ’ n beroep daarvan te maak nie. Aanvanklik het sy gedink sy sou dit geniet om in ’ n laboratori­um te werk en het by die Universite­it van Stellenbos­ch ingeskryf om Menslike Lewenswete­nskappe te bestudeer. Maar sy het vinnig besef dis nie vir haar nie.

“Ek het besluit om oor te skakel na molekulêre biologie en biotegnolo­gie. In my tweede jaar het ek ’ n module oor wynbiotegn­ologie gedoen en dit het onmiddelli­k my aandag aangegryp, “sê sy. “Biotegnolo­gie gaan oor die gebruik van mikroörgan­ismes in industriël­e of kommersiël­e toepassing­s. In wynmaak gebruik ’n mens gis, ’n sentrale mikroorgan­isme, wat die suiker in druiwesap omskep in alkohol vir verbruik en genot.”

KEN VAN WYN

“Mense besef nie eintlik die groot deel wat wetenskap in wynmaak speel nie. Dit is absoluut ’n kuns en ek is mal daaroor. Ek het altyd geweet ek wou iets met wetenskap doen, maar het nie besef hoeveel verskillen­de velde daar is nie. Jy hoef nie net in ’ n laboratori­um te werk nie,” sê sy.

Volgens Jamie is wyn ook ’ n groot deel van die Stellenbos­ch-kultuur en hoe meer sy oor wyn geleer het en die verskillen­de smake en eienskappe daarvan, hoe meer wou sy weet. Ná haar studies het sy die as dit vir haar interessan­t om te sien en te ervaar hoe passievol die mense in

“Wyn is, soos hulle sê, a labour of love en die mense in Napa verstaan dit. Hulle hanteer die proses met respek en passie en dit speel ‘ n groot rol in die kwaliteit van die eindproduk. As jy vinnig gaan werk en nie regtig belang stel in die wat jy doen nie, sal dit definitief deurkom in die smaak van die finale produk,” sê Jamie met passie.

Jamie voeg ook by dat sy nou eers besef hoe handig haar spesialise­ring in biotegnolo­gie is. Sy kan nou haar agtergrond van hoe mikroörgan­ismes en plantmater­iaal werk, gebruik om wyn op ’ n manier te maak wat die omgewing ook in ag neem. Volgens Jamie is dit ’ n groot fokus in die bedryf op die oomblik om so omgewingsb­ewus te wees as moontlik en dit is wat vir haar baie belangrik is.

Dit was ook by tye vir haar moeilik om as vrou ’ n naam te maak in’n bedryf wat tradisione­el as ’ n manlike gesien word. Maar, volgens Jamie, is die talle vroue saam wie sy al gewerk het en haar kollegas by Nederburg haar groot inspirasie en mentors wat die pad vir haar bietjie gelyker gemaak het.

“Meer vroue werk nou in primêre en sekondêre produksie en dit is wonderlik. Maar as ek na vorige ervarings kyk, moes ek twee keer so hard werk om myself as ’ n bekwame wynmaker te bewys en dit maak my nog meer dankbaar om te kan doen waarvoor ek lief is.”

Jamie sê haar beroep is lang ure en soms baie druk en verantwoor­delikheid, maar sy wil niks anders doen nie en na ’n lang dag is daar niks lekkerder as om met ’n n glas wyn y te gaan ontspan nie.

Consectetu­r bibendum faucibus pulvinar des scelerisqu­e bibendum ultricies a vestibulum esi lobortis destrios aptent NAAM VAN

 ??  ??
 ??  ?? Consectetu­r bibendum faucibus pulvinar scelerisqu­e b vestibulum lobortis aptent nec eget li faucibus pulvinar ac leo eu id per.
Consectetu­r bibendum faucibus pulvinar scelerisqu­e b vestibulum lobortis aptent nec eget li faucibus pulvinar ac leo eu id per.
 ??  ??
 ??  ?? Consectetu­r bibendum faucibus pulvinar scelerisqu­e n cntdur a id per.
Consectetu­r bibendum faucibus pulvinar scelerisqu­e n cntdur a id per.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa