Kuier

Sanger maak oop: Salome pr aat oor stryd teen dwelms

Sonder dat enigeen geweet het, het sy haarself ál dieper in ’n dwelmhel gerook en gesnuif. En dis iets wat sy nie wil hê moet met enigiemand anders gebeur nie.

- DEUR TARREN-LEE HABELGAARN

Elke keer as haar ma gekla het oor dwelmversl­aafdes wat weer iets by hul huis gesteel of moeilikhei­d in die woonbuurt veroorsaak het, het die sanger Salome Damons-Johansen (39) skaam geword en in die stilte gewonder hoe haar ma sou voel as sy geweet het haar eie kind is ook aan tik verslaaf.

Salome, oorspronkl­ik van Mitchells Plain op die Kaapse Vlakte, is grootgemaa­k in ’n huis met goeie waardes, het ’n suksesvoll­e loopbaan met vriende en familie wat haar ondersteun, maar selfs dít was nie genoeg om haar uit dwelms se kloue te red nie.

Sy het ook nie as jong mens weens groepsdruk en verkeerde invloede met dwelms begin eksperimen­teer en verslaaf geraak nie, vertel Salome. Haar val het eers as ’n volwassene gekom. Dis juis daarom dat sy volle verantwoor­delikheid vat en niemand anders die skuld vir haar dwelmsvers­lawing gee nie. Sy erken ook reguit dat sy baie vinnig verslaaf geraak het. “Omdat ek dikwels by clubs en ander kuierplekk­e opgetree het, is ek baie aan dwelms en drank blootgeste­l. Dit is deel van daardie omgewing, maar vir ’n lang tyd het ek nie in daardie goed belang gestel nie,” vertel sy.

FLOUS HAARSELF

Volgens haar was daar nie ’ n eintlik ’n rede wat haar laat besluit het om dwelms te begin gebruik nie. Sy was 27 en dit was een aand in ’ n klub en sy het nie gedink iets vreesliks kan met haar gebeur nie. Sy het beslis ook nie gedink sy kan verslaaf raak nie.

“Toe begin ek sosiaal met dagga en ecstacy eksperimen­teer en voor ek my oë uitvee, het dit kokaïen geword. Ek het myself wysgemaak ek kon my gebruik aan die begin beheer en het nie gedink ek sou verslaaf word nie.”

Volgens haar was dit ’ n ander saak toe sy met tik begin. Salome sê sy kan nie baie onthou van die eerste keer toe sy tik gebruik het nie, net dat sy vir twee dae aaneen wakker was.

Sy kon dit nie glo nie en het gedink dis fantasties dat sy so lank kon opbly, want dit het beteken sy kon meer optredes doen. In daardie stadium was dit vir haar ’ n groot bonus om meer optredes te kon doen, want sy wou baie graag ’ n sukses van haar sololoopba­an maak en hoe langer sy kon wakker bly, hoe meer werk het dit beteken.

“Ek het gedink as ek langer wakker kon bly, kon ek meer optredes inpas en na meer plekke toe reis. Maar ek het vir myself gelieg, want die dwelms het nie my loopbaan gehelp nie. Dit het my beïnvloed tot op die punt waar ek nie altyd regtig present was nie en in plaas daarvan om vir die lekkerte op te tree, het ek gesing om my dwelmgewoo­nte te ondersteun,” erken sy.

“Ek was nie altyd heeltemal bewus van my gehoor nie en het dikwels nie geweet of ek regtig met my gehoor connect nie.”

Dwelms het Salome nie net op ’n geestelike manier beïnvloed nie, maar ook fisiese letsels gelaat. Baie van haar tande het afgebreek en sy sukkel nou nog om dit reg te kry. Sy het baie vlekke op haar vel, wat sy met grimering wegsteek en daar is ook brandmerke van tiklollies wat op haar geval het.

Die grootste uitwerking wat die dwelms egter op haar gehad het, was die blywende geheueverl­ies. Daar is steeds baie dinge wat Salome nie kan onthou nie en dit is ’ n direkte uitwerking van die dwelm op haar brein.

Salome sê sy was vir vyf jaar aan dwelms verslaaf en dit was nie maklik om op te hou nie. Sy was skaam om vir haar ouers te sê of vir mense te vertel dat sy ’ n probleem gehad het. Die mense naaste aan haar het nie geweet nie, maar haar suste het onraad

Dit het my beïnvloed tot op die punt waar ek nie altyd regtig present was nie en in plaas daarvan om vir die lekkerte op te tree, het ek gesing om my dwelmgewoo­nte te onderhou. SALOME DAMONS-JOHANSEN

vermoed toe sy eendag tiklollies in haar kamer gekry het.

“Ons het daardie aand Special Assignment gekyk en ek onthou die hele program was oor tik. My suster het vir my ’n boodskap gestuur om te sê die goed wat ons op TV gesien het, was dieselfe goed wat sy in mykamer gesien het en dit is hoe sy uitgevind het.”

DI MOEILIK

Volgens haar het sy op Vrouedag presies agt jaar gelede drie optredes gehad en teen die laaste een kon sy dit nie meer uitstaan om ’ n valse beeld vir mense voor te hou nie. “Hoe kon ek op die verhoog staan en vir mense sê hulle moet sterk wees en dinge in hul lewe face as ek dit nie self doen nie?”

Daardie selfde aand het sy finaal besluit om dwelms te los en haar lewe te verander. Sedertdien is Salome skoon en maak sy dit haar missie om skoolkinde­rs oor die gevare van dwelms in te lig.

En as jy vandag na die sanger, deesdae van Parow, met haar lewenslust­ige persoonlik­heid, foutlose grimering en goed versorgdee naels kyk, is dit moeilik om te glo sy het eens op ’ n tyd daagliks dagga, kokaïen,

Dis nie ’ n maklike storie om te vertel nie, maar Salome is nie skaam om dit te deel nie, want sy wil keer dat ander dieselfde bitter pad loop. En vandag kan sy met trots sê sy het dit tot aan die anderkant gemaak, al was dit nie maklik nie en al het dit nie oornag gebeur nie. Sy sê dit het ’ n tydjie gevat vir haar om te aanvaar dat dit deel van haar storie is en dat sy nie skaam daaroor hoef te voel nie, want volgens haar kies dwelms nie slegs arm of ryk mense nie.

“Dit maak nie saak waar jy vandaan kom nie, watter werk jy doen of met watter waardes jy grootgewor­d het nie, enigiemand kan verslaaf raak. Dit is iets wat jy nie altyd voor kan help nie en wanneer jy eers daarin is, is dit baie moeilik om daaruit te kom,” sê sy.

 ??  ?? Salome tydens ’n optrede in 2017.
Salome tydens ’n optrede in 2017.
 ?? HOOFFOTO: Salome Damons-Johansen was vir jare aan dwelms verslaaf sonderdat iemand geweet het. ??
HOOFFOTO: Salome Damons-Johansen was vir jare aan dwelms verslaaf sonderdat iemand geweet het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa