Dwelmhel: Tikmonster ve rwoes steeds families
Elke dag hoor ’n mens gruwelstories van hoe tikverslaafdes hul families deur ondenkbare pyn sit en keer op keer vergewe word. Hierdie ma’s is al rot en kaal besteel en aangerand deur hul eens lieflike kinders. Maar hoe ver kan ’ n ma se liefde regtig stre
Die storie van Ellen Pakkies wat haar tikverslaafde seun uit desperaatheid doodgemaak het, is een wat ons nooit sal vergeet nie. Maar dis nou al amper ’n dekade en later en steeds is daar soveel ander vroue wat daagliks dieselfde stryd stry teen die demone van tik wat dreig om hul gesinne en lewens uitmekaar te skeur.
Só is Mathilda Jantjes* (52) van Vredendal op die randjie van moed opgee. “Ek is raadop. My 30-jarige dogter is al vir tien jaar op tik, eintlik enige soort drugs,” vertel sy. Lientjie* het vier kinders wat Mathilda nou moet grootmaak. Sy was een keer by rehab, maar weier om weer te gaan. Haar twee oudste kinders is haar vervreemde man s’n. Sy weet nie wie is die ander twee se pa nie. Mathilda se grootste vrees is dat sy weer swanger gaan raak. Die maatskaplike werkers het al vier kinders in haar sorg geplaas, maar Lientjie het die Sassa-kaart en maak daarmee wat sy wil.
“Party dae voel ek of ek kan skree en weghardloop. Ek wil nie my dogter meer in die huis hê nie, want sy steel ons bankrot. Ek weet nie meer waar om my goed weg te steek nie. My man sê dis my skuld dat sy so steel, want ek lag te oopmond met haar,” sê Mathilda moedeloos. Lientjie is in matriek uit die skool. Sy was baie intelligent en kan goed kos maak. “Sy is eintlik ’ n wonderlike mens, maar sodra haar liggaam daai goed in het, begin sy lelik word en vloek op almal in die huis. Haar kinders ook.” Die gesin het reeds ’n interdik teen Lientjie en het haar male sonder tal al uitgesit, maar dan kry Mathilda haar weer jammer en laat haar terugkom. “Party dae haat ek haar dat ek haar kinders moet grootmaak en soveel woorde by my man en ander kinders kry. Die Here weet, my hart is yskoud teenoor haar,” erken sy. Mathilda het al opgegee dat dinge ooit sal verander.
KAN NIE UIT GREEP NIE
Dis amper of tik, soos die duiwel, jou vasgryp in sy kloue en maak nie saak hoe hard jy daarteen baklei nie, jy bly verstrengel in dié donker wêreld. Só vertel Catherine van Rooyen (63) en haar seun, Kenin (29) van Strandfontein buite Kaapstad. Kenin is nou al meer as 12 jaar ’n tikverslaafde. Catherine het hom aangeneem toe hy twee maande oud was. Hy het vier kinders van sy eie, van wie Catherine twee grootmaak.
Sy verwyt haarself soms vir sy dwelmmisbruik. In Kenin se grootwordjare het sy en haar man vreeslik baklei en sy dink dít het hom dalk negatief beïnvloed. “Daar is ’n bom tussen hulle twee wat verskriklik
seermaak en ek is in die middel,” verduidelik sy. Miskien as gevolg van haar innerlike worsteling beskerm sy hom altyd teen haar man en die buitewêreld. “Ek het selfs al ’ n paar houe weg soos wat ek die twee uitmekaar probeer hou. Ek wil by hom staan tot die dood toe soos ek die Here belowe het die dag toe ek hom gevat het,” prewel sy.
Catherine voel jammer vir haar kind wat sy lewe so weggooi en sy is bang vir die voorbeeld wat hy vir sy seuns stel. Die wroeging raak soms te veel want sy weet nie hoe om hom te help nie.
“Ek het met verkeerde vrinne deurmekaargeraak, maar ek sal nie vir hulle blameer nie. Ek het ’ n keuse gehad,” erken Kenin. Hy (toe 16) en ’n vriend was saam in die kerk se jeuggroep toe hulle begin eksperimenteer het, eers met sigarette en drank en toe met sterker goed.
“Dis nie ’n maklike paadjie nie. Ek haat dit. Ek haat tik en dit voel glad nie vir my lekker as ek dit doen nie. Ek weet dis ’n waste en ek weet nie hoekom doen ek dit nie, maar ek kan nie ophou nie,” verduidelik hy. Hy weet sy lewe is ’n gemors en hy besef hy maak sy ma oneindig seer, maar hy weet nie hoe om dit te verander nie. Kenin probeer nou al 12 jaar om sy eie besigheid op die been te bring, maar hy sukkel om gefokus te bly. “Ek is twaalf jaar agter met my lewe en ek weet nie of ek dit ooit weer sal kan inhaal nie. Ek het my hele toekoms verloor. Ek try maar nog elke dag, maar dis baie swaar.”
Catherine het nooit geweet Kenin gebruik tik nie, tot sy vriende haar eendag kom roep het om te sê hy gooi geel skuim op en hy erken het hy het getik. “Ek het amper inmekaargesak en my hart was baie seer,” vertel Catherine terwyl die trane oor haar wange rol. Oor die jare het Kenin al geld uit haar bankrekening gevat en talle selfone gesteel. Vir haar 60ste verjaardag het haar man vir haar ’n rekenaar met ’n printer gekoop en dit het vinnig voete gekry. Hulle betaal drie jaar later steeds daaraan af, maar die pyp is al lankal klaar gerook. Hoewel dit haar vreeslik seergemaak het en haar man elke keer ’n saak by die polisie wou maak, het sy hom omgepraat en die situasie met liefde probeer hanteer.
Die skade wat sy verslawing aan Catherine se hart doen, is egter veel erger as die derduisende rande se skade wat hy haar aan haar sak veroorsaak het. Vir dae lank sal sy soms in afsondering lê en bid en pleit om haar seun terug te kry van die duiwel af.
DAAR IS HOOP
Maar elke nou en dan is daar ’ n storie van hoop. Elouise Rossouw (55) van Mitchells Plain op die Kaapse Vlakte se seun Junné Pindele (31), was vir 14 jaar onder die mag van tik. Nadat sy hom uit die huis uitgegooi het omdat sy vir haar man en ander kinders se lewens gevrees het, het sy vir sewe jaar nie geweet of hy lewe of dood is nie.
Junné was altyd ’ n dinamiese, uitgesproke kind wat alles voluit gedoen het. Sy biologiese pa het nie ’ n groot rol in sy lewe gespeel ná hul egskeiding nie. Toe hy 14 was, het Elouise weer getrou en wat sy en haar man as tienerstreke afgemaak het, erken Junné nou, was al die tyd dwelms. Hy het eienaardige mood swings gehad en was soms baie aggressief. Op daardie stadium het Junné sy skool en WP in volley ball verteenwoordig. In graad 10 het hy 96% gekry vir wiskunde. Nadat sy een van sy volley ball afrigters vir die span tik begin gee het om hulle spel te verbeter, het Junné belangstelling in skool (en eintlik alles anders) begin verloor en sy punte het tot 30% gedaal.
Aanvanklik het hy dit net een keer per week gebruik, maar uiteindelik was dit soos kos vir hom – daar was amper nie genoeg tik in die wêreld om sy behoefte te bevredig nie. Vir hom
Dis nie ’n maklike paadjie nie. Ek haat dit. Ek haat tik en dit voel glad nie vir my lekker as ek dit doen nie. Ek weet dis ’n waste en ek weet nie hoekom doen ek dit nie, maar ek kan nie ophou nie. KENIN VAN ROOYEN
Van vorige bladsy
was dit asof f dit di die d leemte wat sy ouers se egskeiding in hom gelaat het, vir ’n rukkie gevul was wanneer hy onder die invloed was. Volgens Junné het die dwelm hom sommer gou manipulerend, buierig, skelm en aggressief gemaak. Sy hele lewe het begin draai om sy volgende fix. Nadat sy ma hom uitgeskop en hy nie meer by haar kon steel nie, het hy begin om by huise in te breek en winkels te beroof. Hy en sy vriende het begin om dwelms te verkoop en hy het selfs hul klante beroof.
Elouise het begin besef die gedragsveranderings kan aan dwelms toegeskryf word toe Junné oor naweke begin verdwyn het. “Ek het hom die wêreld vol gesoek en hom selfs by die polisie as vermis probeer aangee – naweek ná naweek. Dit was horrific,” spook sy met die vloed van herinneringe van ’n tyd wat sy liewers sou wou vergeet. Wanneer hy uiteindelik teruggekom het huis toe, was sy oë gewoonlik glaserig en hy het glad nie goed gelyk nie. “Ek en my man het mekaar gepaai en gesê hy het seker maar nie geslaap nie. Mens is maar in denial,” verduidelik sy.
Kort voor lank het goed uit hulle huis begin verdwyn. verdwyn Laptops, L t DVDspelers – enigiets van waarde het voete gekry. Duisende rande het net spoorloos verdwyn. Die situasie tuis het so onstuimig geword dat sy genoop was om vir Junné (toe 21) uit die huis weg te jaag. Vir sewe jaar was hulle huis was ’n oorlogsone en Elouise kon dit net nie meer vat nie. Hy was meer aggressief en was nie net ’n gevaar nie, maar ’n slegte voorbeeld vir sy twee jonger broers. Vir nog sewe jaar het sy konstant by God gepleit om haar seun in Sy hand te hou. Sy het nagte omgelê en in angs gewonder of hy nog lewe. Dit was vir haar en haar man ’n groot verleentheid, want hulle is in daardie tyd ingeseën as pastore by hul kerk, terwyl hy op hulle geskel en vloek het wanneer hulle mekaar op straat raakgeloop het. Hy het sy ma met ’n passie gehaat.
WEGSTEEK HELP NIE
In haar rol as pastoor is Elouise genooi om ’n vrouekonferensie toe te spreek. Sy was besig om die huis toe te sluit toe Junné homself in die huis inforseer deur die sekuriteitshek. “Ek het hom probeer uitstoot, maar met die krag van ’n beer het hy met my begin stoei. Hy het my geslaan en gebyt tussen my oë,” onthou sy. Toe die bloed begin spat het Junné weggehardloop. “Dít was amper die ergste vir my,” prewel sy. Maar sy het opgestaan, skoongemaak en konferensie toe gegaan asof niks gebeur het nie. Tydens haar toespraak het die gehoor “ál kleiner en kleiner geword. Ek kon nie verstaan wat aangaan nie, totdat ek besef het dis my oë wat toeswel soos hy my geslaan het.” In daardie oomblik het Elouise besef sy sal moet eerlik wees met haar gehoor en vir hulle vertel dat sy in ’ n geveg was met haar tik-verslaafde seun. Dat God haar op daardie dag gestuur het om aan ander vrouens in dieselfde posisie as sy, hoop te gee.
In die laaste jaar van sy verslawing, toe hy 28 jaar oud was, het Junné eendag vir Elouise gebel om te sê hy is in Pollsmoor en sy het hom gaan besoek. Junné vertel in die week van sy ma se besoek was hy veronderstel om getjap te word as lid van ’ n bende, maar het besef dit is nie die lewe wat hy wil hê nie. Drie maande later is hy vrygelaat en vrygespreek van al 23 sake (onder meer vir roof, kaping en poging
beproewing oorleef sodat hulle ander mense kan help om deur soortgelyke omstandighede te kom. Elouise is steeds ’n pastoor en haar passie is om vroue te bemoedig, terwyl Junné, wat ’ n skrootwerf bestuur, sy lewe daaraan wy om ander tikverslaafdes uit hul dwelmhel te red. “Dit kan met enigiemand gebeur. Ons is dan pastore! Maar vertrou op God en vra hom om jou hier deur te dra,” wil Elouise ander ouers in dieselfde posisie bemoedig.