Jou kind: Plek in skole ’n la ndwye probleem
Ouers sukkel om vir hul kinders plek in skole te kry vir volgende jaar en is modeloos oor aansoeke wat afgekeur word. Hier is raad van die onderwysdepartement. DEUR MARTELI BREWIS
In die goeie ou dae kon ouers nog tot aan die begin van die skooljaar wag om hul kinders by skole in te skryf, maar dis lankal nie meer die geval nie.
Deesdae moet ouers al van die begin van die vorige jaar skarrel as hulle hoop om plek vir hul toekomstige graad eentjies en graad agts in skole te kry. Vanjaar was dit weer die geval, maar vir baie was dit tevergeefs. Nou sit baie ouers met hul hande in die hare, want die tyd is besig om uit te loop en hulle is desperaat om hul kinders voor die nuwe jaar in ’ n skool te kry.
Skole moes ouers op die laaste op 22 Junie hierdie jaar laat weet of hul aansoeke suksesvol was. Nou begin ouers paniekerig raak as hul kinders nog nie plek het in ’n skool vir 2019 nie. Hoewel ons Grondwet sê almal móét toegang tot opvoeding te kry, voel baie ouers die huidige stelsel laat hul kinders in die steek.
STELSEL FAAL LEERDERS
Vir Ronelle Nieuwoudt (47) van Portlands in Kaapstad is dit ’ n wesenlike probleem en bekommernis. “Wat gaan van ons graad 8-leerders word wat nie ’n hoërskool het vir volgende jaar nie? Ek moes voor einde Maart vanjaar by drie skole aansoek doen en al drie het my ‘met spyt’ meegedeel dat my my
kind nie aan hul kriteria voldoen nie,” sê sy moedeloos. Die departement van onderwys se raad was om terug te gaan na die skole en “mooi te vra”. Haar seun is tans op een skool se waglys, maar sy het geen waarborg dat daar teen volgende jaar ’ n plek vir hom gaan wees nie. Ronelle se seun het toe uiteindelik plek gekry in ’ n skool ver van hul huis af, wat beteken hy sal vroeg moet opstaan en eers weer saans laat by die huis kom. “En dít terwyl daar drie skole binne loopafstand is,” voeg sy by. Ronelle voel dit is onaanvaarbaar dat skole veg om die hoogste matriekslaagsyfer, terwyl die kinders wat eintlik regtig akademiese hulp nodig het, vergete agterbly. “Die stelsel fail my seun en hoeveel ander kinders,” sê sy.
OUERS IS WOEDEND
Akeefah Mobarra (27) het verlede jaar van Hermanus af na Grassy Park op die Kaapse Vlakte verhuis en sy sukkel steeds om vir haar dogter plek in ’ n laerskool én haar jongste suster vir wie sy ’ n voog is, plek te kry vir graad 11 volgende jaar. Haar dogter moes reeds vanjaar na graad een gaan, maar het noodgedwonge in graad R gebly omdat sy nie plek kon kry nie. “Eers het ek gesukkel om iemand se aandag te kry in ontvangs. Ek het verduidelik ons is nuut in die area en onmiddellik het hulle vir my gesê my registrasie is ongeldig, want ek is laat. Dít terwyl ander ouers se kinders daardie selfde dag aanvaar is,” vertel sy woedend.
Nadat sy die personeel daaroor gekonfronteer het, het hulle gesê daar is net plek in die Afrikaanse klas. “My dogter is al die hele jaar by die huis en ek hoop om haar in ’ n skool te kry vir volgende jaar. Ek het weer probeer registreer, maar sonder sukses. En ek bereid om vooruit te betaal!” Al het Akeefah betyds aansoek gedoen, is sy steeds nie seker van haar dogter en suster se skoolloopbaan nie.
Vir Deon February, ’ n hoërskoolonderwyser op die Kaapse Vlakte en voetskool-aktivis in gemeenskapswerk, is dit ’ n onderwerp na aan sy hart al is sy eie kinders lankal reeds klaar met skool. Tog meen hy daar is geen poging van óf die provinsiale óf nasionale regerings om almal te voorsien van ’ n opvoeding nie. “Ons breë gemeenskap is een van ‘ dogeats-dog’. Geen staatskool mag punte of akademiese prestasie gebruik as verskoning om ’ n kind se reg tot skoling te weier nie. Ouers moet daarop aandring om redes te kry van skole en departemente oor hoekom hul kinders nie aanvaar word nie,” sê hy passievol.
Bronagh Hammond van die Wes-Kaapse onderwysdeparte ment (WKOD) verduidelik daar is nie “voer-areas” (as jy in ’ n sekere area bly, moet jy na ’ n sekere skool gaan) vir staatskole soos wat baie mense glo nie. Verder word die toelatingsbeleid van alle staatskole bepaal deur die bestuursliggaam van die skool en nie die departement nie. Dit beteken hoewel die departement nie voer-areas het nie, dit nie ’n skool se bestuursliggaam daarvan weerhou om voer-areas in te stel nie.
“Die onderwysdepartement het ’ n verantwoordelikheid om alle leerders in die provinsie wat van skoolgaande ouderdom is, in ’ n skool te plaas,” sê sy verder, maar voeg by dit is egter nie altyd moontlik om alle leerders in die skool van hul keuse te plaas nie. Skooltoelatingsvereistes- en beleide word deur die bestuursliggaam bepaal en dit beïnvloed die hoeveelheid aansoeke wat aanvaar word, asook die keuringsproses. Indien hierdie prosesse in lyn is met die Suid-Afrikaanse skolewet en die Grondwet, sal die onderwysdepartement nie inmeng nie.
Bronagh verduidelik dat die realiteit ongelukkig is dat party skole meer gewild is as ander. Hierdie skole ontvang honderde aansoeke – baie meer as wat hulle kan akkommodeer en daarom sal daar altyd teleurgestelde ouers wees. Die onderwysdepartement sal altyd help met ’ n leerder se plasing, maar kan nie plek in ’ n spesifieke skool waarborg nie. ’n Ander probleem wat veral die WKOD in die gesig staar, is die hoeveelheid gesinne van ander provinsies wat elke jaar Wes-Kaap toe verhuis, sê Bronagh. Aan die begin van 2018 het ’n addisionele 25 000 leerders plek in skole gesoek en teen April was daar nog 3 000. Net hierdie jaar moes WKOD “raap en skraap” vir nog R350 miljoen vir nuwe leerlinge en dit sluit infrastruktuur uit. Dit is waarom die onderwysdepartement mense aanraai om in Januarie al aansoek te doen vir die volgende jaar – sodat daar genoeg tyd is vir die verloop van die proses en om probleme uit te stryk. Daar is egter, volgens Bronwyn, steeds ouers wat steeds nie hul kinders vir 2019 geregistreer het nie en nou rondskarrel. (Dít ten spyte van pleidooie en ’n bewusmakingsveldtog in areas waar laat inskrywings algemeen is.) Ouers word ook aangemoedig om.